06 Mei 2017

Vertrou nie op mense nie


9 Waarom skreeu jy so hard?
Het jy nie 'n koning nie?
Het jou raadgewer omgekom
dat kraampyne jou oorval het?
10 Krul van die pyn, Sion, kry geboortepyne
soos 'n vrou in kraam!
Jy moet nou die stad verlaat,
jy moet in die oop veld gaan woon
en na Babel toe gaan.
Daar sal jy gered word,
daar sal die Here jou verlos uit die mag van jou vyande.
11 Nou moet baie nasies nog eers teen jou saamstaan,
hulle sê:
“Ons sal toekyk hoe Sion verontreinig word.”
12 Maar hulle ken nie die plan van die Here nie;
hulle verstaan nie wat Hy besluit het nie:
Hy het hulle soos gerwe op 'n dorsvloer bymekaargebring.
13 Maak klaar en dors die gerwe, Sion!
Ek maak jou sterk:
Ek gee vir jou bronskloue
sodat jy baie nasies kan vermorsel.
Jy sal aan die Here wy wat hulle buitgemaak het,
al hulle besittings aan die Koning van die hele wêreld.
~Miga 4:9-13 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992.
Ek sien hoe maak ons land se mense staat op hulle leiers en raadgewers in plaas van op die Here.  Dan moet ons die gevolge dra.  Soms sit die Here ons deur 'n smeltkroes.  Hy dwing ons op ons knieë, om uit te roep na Hom, want wanneer geen mens kan help nie en jy het alle hoop verloor, dan is God jou laaste uitweg, veral as jy Hom nie ken nie.
Wanneer ons van alles gestroop word waarop ons hoop gebou is, die aardse dinge wat vir ons net valse sekerheid gee, dan maak God 'n nuwe begin met ons.  
Eers deur die smeltkroes, maar dan verlos die Here ons weer.  Eers dan besef ons, ons afhanklikheid van Hom. 
Vir ons wat Sy kinders is, is daar altyd hoop, maak nie saak hoe donker omstandighede lyk nie.  Ons weet waar ons hulp vandaan kom en ons hardloop eerste na ons Hemelse Vader in gebed.  Sit jou vertroue in die Here alleen, want jou hulp kom van Hom wat hemel en aarde geskape het.  Sy Naam is Jesus.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking