♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
Geen Eenheid Tussen Gelowiges en die Wêreld Nie
Daar kan nooit eenheid tussen Christene en die wêreld wees nie, want ons is nie van hierdie wêreld nie, net soos ons Here Jesus Christus nie van hierdie wêreld is nie. Tog sien ek dat Christene saamstem met die wêreld wat nie in Jesus Christus as hulle Here en Verlosser glo nie, dat "ons almal broers en susters is, ongeag die godsdiens".
As die liggaam van Christus is ons een, net soos die Vader in Jesus Sy eniggebore Seun is en Jesus in Hom en hulle een is, is ons ook een soos die Vader en die Seun een is: sodat die wêreld kan glo dat die Vader het vir Jesus gestuur. Die Vader het ons lief soos Hy Jesus ons Here en Verlosser liefhet.
Jesus het van bo gekom en is bo alles. Die Vader het die Seun lief en het alles in Sy hande geplaas. Wie in die Seun glo, het die ewige lewe, maar wie die Seun verwerp, sal die lewe nie sien nie, want God se toorn bly op hulle.
'n Mens se vyande sal sy eie huismense wees as gevolg van Jesus.
Ons is in hierdie wêreld, maar nie daarvan nie.
♡🩷♡
Filippense 3:18 AFR20
want baie, van wie ek dit dikwels vir julle gesê het, en nou weer in trane sê, leef as vyande van die kruis van Christus.
Juda 1:4-7 AFR20
4 Want sekere mense oor wie die oordeel reeds lank tevore opgeteken is, het julle geledere binnegesypel, goddeloses, mense wat God se genade in losbandigheid laat ontaard, en ons enigste Vors en Here, Jesus Christus, ontken.
5 Ek wil julle daaraan herinner – al weet julle dit alles – dat die Here, nadat Hy een keer die volk uit Egipteland gered het, die tweede keer diegene wat nie geglo het nie, omgebring het,
6 en dat Hy die engele wat hulle nie aan hulle magsgebied gehou het nie, maar hulle woonplek verlaat het, met ewige boeie in die duisternis in bewaring hou, vir die oordeel van die groot dag.
7 So ook dien Sodom en Gomorra, en die omliggende stede, wat op 'n soortgelyke manier as daardie engele ontug gepleeg en agter vreemde liggame aangeloop het, as waarskuwende voorbeeld, omdat hulle die straf van ewige vuur ondergaan.
2 Korinthiërs 6:14-15 AFR20
14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter vennootskap kan daar wees tussen reg en onreg? Of watter verbondenheid kan daar wees tussen lig en duisternis?
15 En watter ooreenstemming is daar tussen Christus en Belial, of wat het 'n gelowige gemeen
met 'n ongelowige?
Spreuke 29:27
'n Oneerlike mens is afstootlik vir regverdiges;
maar wie opreg is in sy optrede,
is afstootlik vir 'n goddelose.
Johannnes 17:21-23
21 dat hulle almal een kan wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, en dat hulle ook in Ons kan wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
22 En Ek het die heerlikheid wat U aan My gegee het, aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is:
23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volledig een kan wees en die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefgehad het, net soos U My liefgehad het.
Johannnes 3:31
31 “Die Een wat van bo af kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.
Johannes 17:11, 14–15
11 Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is nog in die wêreld, en Ek kom na U. Heilige Vader, bewaar hulle wat U aan My gegee het in u Naam, sodat hulle, net soos Ons, een kan wees.
14 Ek het aan hulle u woorde gegee; maar die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.
15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.
Matteus 10:34-36
Christus Bring Verdeeldheid
34 “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
35 Want Ek het gekom om 'n wig in te dryf,
“ ‘tussen 'n man en sy vader
en tussen 'n dogter en haar moeder,
en tussen 'n skoondogter en haar skoonmoeder;
36 en 'n mens se vyande
sal sy eie huismense wees.’
Romeine 12:9-21
Tree Op Soos 'n Christen
9 Julle liefde moet ongeveins wees. Verafsku die kwaad; hou vas aan die goeie.
10 Julle moet mekaar liefhê met innige broederliefde. Gaan mekaar voor in eerbetoning.
11 Moenie traag wees in julle toewyding nie; bly geesdriftig; hou vol om die Here te dien.
12 Verbly julle in die hoop; wees standvastig wanneer julle swaarkry; volhard in die gebed. 13 Betoon meelewing met die behoeftes van die •heiliges; lê julle toe op gasvryheid.
14 Seën julle vervolgers; ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.
15 Wees bly saam met diegene wat bly is; treur saam met diegene wat treur.
16 Wees eensgesind onder mekaar; moenie hoogmoedig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie wys wees in julle eie oë nie.
17 Moet niemand kwaad met kwaad vergeld nie, maar rig julle gedagtes op dit wat vir alle mense goed is.
18 As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
19 Geliefdes, moet julle nie wreek nie, maar laat ruimte vir die oordeel. Daar staan immers geskryf:
“Aan My kom die wraak toe; Ek sal vergeld,” sê die Here.
20 Maar:
“As jou vyand honger is,
gee hom iets om te eet;
as hy dors is,
gee hom iets om te drink.
Deur dit te doen,
stapel jy vurige kole op sy hoof.”
21 Moenie dat die kwaad
jou oorwin nie,
maar oorwin die kwaad
met die goeie.
Openbaring 2:14, 16-17
Die Kompromitterende Kerk
14 Maar Ek hou 'n paar dinge teen jou: Jy het mense in jou midde wat die leer van Bileam aanhang. Hy het Balak geleer om 'n strik vir die kinders van Israel te stel, naamlik om van die afgodsoffers te eet, en hulle onsedelik te gedra.
16 Kom dan tot bekering, anders sal Ek baie gou na jou toe kom, en met die swaard van my mond teen hulle oorlog maak.
17 “‘Laat dié wat ore het, luister na wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan wie oorwin, sal Ek van die verborge manna gee, en Ek sal vir hom 'n wit klippie gee, ja, 'n klippie waarop 'n nuwe naam gegraveer is, en wat niemand anders ken nie, behalwe die een wat dit ontvang.’”
📖 Bybel
🎵 Lied 🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡