Sondag, April 05, 2026

Jesus die Messias

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Verkondig die Goeie Nuus
Aan Al die Nasies
Jesus die Messias
Gely, Gesterf & 
Opgestaan Uit die Dood 
Op die Derde Dag
Verkondig Bekering tot 
Vergifnis van Sondes 

LUKAS 24:46-48 NLV
⁴⁶Daarop het Hy gesê: “Só staan dit opgeteken: ‘Die Messias moet ly en op die derde dag opstaan uit die dood.’ 
⁴⁷-⁴⁸ En op grond van sy Naam moet bekering tot vergifnis van sondes aan al die nasies verkondig word. Julle moet by Jerusalem begin en van hierdie dinge getuig.

Profesie oor Jesus die Messias
Deur Koning Dawid

PSALMS 22:2-32 NLV
² My God, my God! Waarom het U my verlaat? Waarom bly U so ver wanneer ek roep om hulp, so ver wanneer ek tot U sug? 
³ Elke dag roep ek na U, my God, maar U antwoord nie; ook elke nag roep ek, maar daar is geen rus vir my nie. 
⁴ Tog is U die Heilige wat woon waar Israel U prys. 
⁵ Ons voorouers het op U vertrou, hulle het U vertrou, en U het hulle gered. 
⁶ Tot U het hulle geroep, en hulle is verlos. Hulle het op U vertrou, en was nooit verleë nie. 
⁷ Maar ek is net ’n wurm, en nie ’n man nie; ek word bespot deur die mensdom, verag deur almal om my. 
⁸ Elkeen wat my sien, spot met my. Hulle trek vir my gesigte, skud die kop en sê: 
⁹ “Vertrou op die Here; laat Hý hom dan red! Laat die Here hom verlos as Hy hom dan so liefhet!” 
¹⁰ Maar U het my die lewenslig laat sien, my as suigeling op U laat vertrou. 
¹¹ Vanaf geboorte is ek van U afhanklik. Vanaf die begin van my lewe was U my God. 
¹² Moenie ver van my af bly nie, want ellende kom en daar is geen helper nie. 
¹³ Soos ’n trop bulle omsingel my vyande my; wilde beeste van Basan het my omring! 
¹⁴ Soos brullende leeus wat uitmekaar wil skeur, met oopgesperde bekke storm hulle op my af. 
¹⁵ My lewe is uitgestort soos water, al my bene val uitmekaar. My hart is soos was wat in my wegsmelt. 
¹⁶ My krag het opgedroog soos ’n potskerf. My tong kleef aan my verhemelte. U laat my vir dood in die stof lê. 
¹⁷ Soos ’n trop honde sirkel hulle om my; ’n kwaadwillige bende sak op my toe. My hande en voete is vasgemaak. 
¹⁸ Ek kan al my bene in my tel. Met leedvermaak gluur my vyande my aan. 
¹⁹ Hulle verdeel my klere onder mekaar en deur die lot te werp deel hulle my kledingstukke. 
²⁰  Here, bly nie ver van my af nie! U is my sterkte; help my tog gou! 
²¹ Red my van die swaard, red my kosbare lewe uit die mag van hierdie honde. 
²² Red my uit die bek van die leeu, van die horings van wilde beeste. U het my gebed verhoor! 
²³ Aan my broers maak ek u Naam bekend. In die vergadering verkondig ek u lof. 
²⁴ Prys die Here, julle almal wat Hom dien! Verheerlik Hom, nakomelinge van Jakob! Betoon eerbied aan Hom, nageslag van Israel! 
²⁵ Want die leed van hulle in nood ignoreer Hy nie; vir hulle maak Hy nie sy oë toe nie. Hy luister na hulle geroep om hulp. 
²⁶ Van U af kom my lofsang in die groot vergadering; voor hulle wat U dien, sal ek my geloftes nakom. 
²⁷ Dié in nood sal eet en versadig word. Almal wat die Here dien, sal Hom loof. Mag hulle harte bly wees vir altyd. 
²⁸ Die hele aarde sal die Here erken en na Hom toe terugkeer. Mense uit elke nasie sal Hom weer dien. 
²⁹ Want die koningskap behoort aan die Here! Hy heers oor al die nasies. 
³⁰ Laat die rykes van die wêreld feesvier en Hom aanbid. Laat al wat sterfling is, voor Hom buig; hulle wat sterflik is en bestem is vir die graf. 
³¹ Die nageslag sal Hom dien. Die komende geslagte sal van die Here hoor. 
³² Sy regverdige dade sal aan hulle vertel word. Dié wat nou nog ongebore is, sal van sy dade hoor.

HOSEA 6:2 NLV
Hy sal ons na twee dae laat aansterk en op die derde dag weer laat opstaan sodat ons in sy teenwoordigheid kan lewe. 

LUKAS 11:29-30 NLV
²⁹ Terwyl die skare om Jesus saamdrom, het Hy gesê: “Dit is bose tye hierdie, en hierdie bose geslag hou aan om van My ’n wonderteken te vra. Maar die enigste teken wat Ek hulle sal gee, is die teken van die profeet Jona. 
³⁰ Wat met hom gebeur het, was ’n teken vir die mense van Nineve dat God hom gestuur het. Wat met My gebeur, sal ’n teken wees dat God My, die Seun van die Mens, na hierdie mense gestuur het.

HANDELINGE 17:3 NLV
Hy het die Skrif verklaar en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dood opstaan. “Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig,” het hy gesê, “Hý is die Messias.” 

JOHANNES 20:9 NLV
Hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Jesus uit die dood moet opstaan nie. 

♡🩷♡

DANIËL 9:24 NLV
“Tye van 70 eenhede van sewes is vasgestel vir jou volk en vir jou heilige stad om die onregverdige dade tot ’n einde te bring, die oortredings te beëindig, die sonde te versoen, geregtigheid sonder einde te bring, die visioen en die woorde van die profeet te vervul, en die Allerheiligste plek in te wy. 

HANDELINGE 5:31-32 NLV
³¹ God het Hom verhoog tot Leier en Verlosser in die regeerposisie reg langs Hom. Hy het dit gedoen om Israel tot inkeer te bring sodat hulle vergifnis van sonde kan ontvang. 
³² Óns is getuies hiervan, ons en die Heilige Gees wat God gegee het aan dié wat aan Hom gehoorsaam is.”

HANDELINGE 10:43 NLV
“Van Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergewing van sondes deur sy Naam ontvang.”

HANDELINGE 13:38-39 NLV
³⁸ “Daarom, geagte volksgenote, moet julle goed weet wat nou aan julle verkondig word: vergewing van sondes deur Jesus! Julle kon nie deur die wet van Moses God se vryspraak verkry nie, 
³⁹ maar deur Jesus word elkeen wat glo, deur God vrygespreek.

HANDELINGE 26:17-18 NLV
¹⁷ Ek sal jou teen jou volk beskerm en teen die nie-Joodse nasies na wie toe Ek jou met volle mandaat stuur. 
¹⁸ Jou bediening moet hulle oë oopmaak sodat hulle ’n lewensomkeer kan maak, weg van die duisternis na die lig, en weg van die mag van Satan na God. Deur in My te glo, ontvang hulle vergifnis van hulle sondes en word hulle deur die geloof deel van mý mense.’

♡🩷♡

PSALMS 22:28 NLV
Die hele aarde sal die Here erken en na Hom toe terugkeer. Mense uit elke nasie sal Hom weer dien.

JEREMIA 31:34 NLV
Dit sal nie vir hulle nodig wees om vir hulle bure of familie te sê: ‘Ken die Here, leef soos die Here van julle verwag,’ nie. Almal, van die geringste tot die belangrikste, sal My reeds ken,” sê die Here. “Ek sal al hulle oortredings en hulle sondes vergewe. Ek sal nooit eers weer daaraan dink nie.”

MIGA 4:2 NLV
Baie nasies sal kom en sê: “Kom laat ons opgaan na die berg van die Here, na die tempel van die God van Israel. Hy sal ons leer hoe om te lewe sodat ons aan Hom gehoorsaam kan wees.” Dan sal die gebooie uitgaan vanuit die tempel en die woord van die Here uit Jerusalem.

https://bible.com/
📖 Bybel

🎵  Lied  🎵 
King of Kings
Terrian and Eli Soares • 2026
https://music.youtube.com/watch?v=d3-MchYYKzU
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Maandag, Maart 23, 2026

Juwele van Waarheid

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Bestudeer die Woord van Waarheid 
Vind Skatte 
Juwele van Waarheid 
In Ou en Nuwe Testament 
Nuwe Genietinge Sowel as Oud
Dra die Beste Vrugte

2 TIMOTEUS 2:15 NLV
Werk hard sodat God jou kan goedkeur. Wees ’n goeie werker, een wat nie nodig het om hom te skaam nie; iemand wat die woord van die waarheid reg verduidelik. 

MATTEUS 13:52 AFR20
En Hy het vir hulle gesê: “Daarom is elke skrifkenner wat 'n leerling in die •koninkryk van die hemele geword het, soos 'n huiseienaar wat nuwe en ou dinge uit sy skatkamer haal.”

ROMEINE 12:1-2 NLV
¹ Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. 
² Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.

♡🩷♡

FILIPPENSE 1:20 NLV
Dit is my strewe en hoop dat ek nooit iets sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil eerder, soos nog altyd, ook nou in my hele bestaan – of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik. 

1 TIMOTEUS 4:13 NLV
Totdat ek daar opdaag, konsentreer daarop om die Skrif aan die gemeente voor te lees, die gelowiges te bemoedig en om hulle te onderrig.

2 PETRUS 1:10 NLV
Daarom, broers en susters, werk nog harder daaraan om met julle leefstyl te bewys dat God julle regtig geroep en gekies het. As julle dit doen, sal julle nooit struikel nie. 

♡🩷♡

HOOGLIED 7:13 AFR53
Die liefdesappels gee geur, en by ons deure is allerhande kostelike vrugte, vars en oud; o my beminde, dit het ek vir u weggebêre.

GALASIËRS 5:22-23 NLV
²² Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, ²³ sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie.

♡🩷♡

1 KORINTIËRS 1:10 NLV
En nou, broers en susters, pleit ek by julle in die Naam van ons Here Jesus Christus om eendragtig saam te staan – één in julle oortuigings. Daar mag nie groepvorming onder julle wees nie. Julle moet van harte saamstem in julle denke en in julle visie. 

2 KORINTIËRS 10:1-4 NLV
¹Ek, Paulus, vra julle baie ernstig op grond van die nederigheid en toegeeflikheid van Christus – ek, wat mos, soos gesê word, “gedwee” is teenoor julle as ek bý julle is, maar “manhaftig” wanneer ek van julle af weg is. 
² Ek vra julle mooi, moenie my verplig om, wanneer ek kom, my voorneme uit te voer om dié wat ons daarvan beskuldig dat ons volgens menslike oorwegings optree, met mening aan te vat nie. 
³ Ons leef wel in ’n menslike liggaam, maar ons voer die stryd nie met menslike middele nie. 
⁴ Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, 

FILIPPENSE 4:18 NLV
Op hierdie stadium het ek alles ontvang – en meer as genoeg! Met dit wat julle saam met Epafroditus gestuur het, het ek alles wat ek nodig het. Wat julle gestuur het, is ’n lieflike reukoffer waarvan God hou. 

MATTEUS 13:22 NLV
Daardie mense by wie tussen die dorings gesaai is, is hulle wat die boodskap hoor, maar die bekommernis van hierdie lewe en die verleidelikheid van die rykdom verstik die boodskap en dit bly sonder vrug. 

GALASIËRS 1:4 NLV
Jesus Christus het volgens God ons Vader se wil vir ons sondes gesterf om ons te bevry van die bose tyd waarin ons nou lewe. 

1 JOHANNES 2:15 NLV
Hou op om die wêreld en die dinge van die wêreld lief te hê. As iemand die wêreld liefhet, is hy beslis nie ook lief vir die Vader nie.

1 PETRUS 1:14 NLV
Wees gehoorsaam aan God, want julle is sy kinders. Moenie weer soos vroeër julle natuurlike neigings die oorhand laat kry nie. Julle het destyds nie van beter geweet nie. 

♡🩷♡
Mag die Here ons begrip en ons vertroue in Hom verdiep terwyl ons Sy woord deur Sy Gees bestudeer.

📖 Bible 

🎵  Song  🎵 
YOURS
Sondae & SIV • BOY • 2025
https://music.youtube.com/watch?v=huMZvrTf89c
 
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Sondag, Maart 22, 2026

Kom Uit!

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Kom Uit!
4 Dae Laat
Maar Steeds Betyds
Opstanding van Lasarus
Uit die Dood

JOHANNES 11:39-44 NLV
³⁹ Jesus sê toe: “Rol die klip weg.” Maar Marta, Lasarus se suster, sê vir Jesus: “Meneer, hy ruik seker reeds, want dit is die vierde dag.” 
⁴⁰ Jesus sê toe vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê dat as jy glo, jy die heerlikheid van God sal sien nie?” 
⁴¹ Daarop het hulle die klip weggerol. Jesus het sy oë hemelwaarts gerig en gesê: “Vader, Ek is dankbaar teenoor U dat U na My geluister het. 
⁴² Ek weet dat U altyd na My luister; tog het Ek dit gesê ter wille van die skare wat hier rondom ons staan, dat hulle kan glo dat U My gestuur het.” 

⁴³ Nadat Hy dit gesê het, het Hy met ’n kragtige stem uitgeroep: 
“Lasarus, kom uit!”
 

⁴⁴ Die dooie het uitgekom, sy voete en hande nog toegedraai in doeke en sy gesig nog verbind met ’n kopdoek. Jesus sê vir hulle: “Maak die doeke los en laat hom gaan.”

♡🩷♡
In Johannes 11:43 roep Jesus vir Lasarus wat vier dae lank dood was, uit die graf uit nadat hy tot God gebid het.
Lasarus het uit die graf te voorskyn gekom, steeds in grafdoeke toegedraai.
'n Demonstrasie van Jesus se gesag oor die dood aan diegene wat die wonderwerk aanskou, sodat hulle moet glo dat die Vader Hom gestuur het.

Hierdie wonderwerk het baie mense in Jesus laat glo.

📖 Bybel 

🎵  Lied  🎵 
Four Days Late
Juanita du Plessis
https://music.youtube.com/watch?v=tBwhmqRVG48 

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Vrydag, Maart 20, 2026

Vrygemaak van Vrees

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Vrygemaak van Vrees

JOHANNES 20:17 NLV
"Jesus sê toe vir haar: “Moenie aan My raak nie, want Ek het nog nie na die Vader opgevaar nie. Gaan na my broers en vertel vir hulle: Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God toe, wat ook julle God is.’” 

"Maria Magdalena se ergste vrese is met die dood van Jesus verwesenlik. Dit is geen wonder dat sy aan Hom vasgeklou het die oomblik toe sy besef het dat die "tuinier" werklik haar Verlosser was nie. Die vrees om Jesus weer te verloor, het Maria blykbaar gemotiveer om Jesus vas te gryp en nie los te laat nie.

Oorweeg Jesaja 41:10: “Moenie bang wees nie, want Ek is by jou . . .”

Die verheerlikte Jesus word deur die Gees geken. Jesus het opgestaan ​​om ons van die mag van vrees te bevry! Ons hoef nie te vrees wanneer ons die Heilige Gees van God het nie." *

Jesus het opgestaan ​​om ons te bevry van die mag van vrees!


Skrifgedeeltes vir Vryheid van Vrees

God se Teenwoordigheid is Met Ons
JESAJA 41:10 NLV
Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek laat jou oorwin met my regterhand wat mense red.

DEUTERONOMIUM 31:6 NLV
Wees sterk en hou moed! Moenie vir hulle bang wees nie! Die Here julle God sal met julle wees. Hy sal julle nie in die steek laat nie en julle nie verlaat nie.”

♡🩷♡

God is ons Beskermer
PSALMS 46:2 NLV
God is ons toevlug en ons krag; in nood is Hy gereed om te help.

PSALMS 118:6 NLV
Die Here is by my, ek sal nie bang wees nie. Wat kan ’n mens aan my doen?

♡🩷♡

Soek Hom en Word van Alle Vrese Verlos
PSALMS 34:5 NLV
Ek het tot die Here gebid en Hy het my geantwoord, Hy het my bevry van alles waarvoor ek bang is.

2 TIMOTEUS 1:7 NLV
Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. 

♡🩷♡

Geen Vrees In Liefde 
1 JOHANNES 4:18 NLV
Volmaakte liefde het nie plek vir vrees nie; volmaakte liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is, en wie aanhou vrees, het nog nie dié volmaakte liefde bemeester nie.

Bid vir Vrede
FILIPPENSE 4:6-7 NLV
⁶ Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. 
⁷En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is.

Vervang Vrees met Geloof
PSALMS 56:4 NLV
Die dag wanneer ek bang word, sal ek net op U vertrou.

Werk Vrees Teë
JOSUA 1:9 NLV
My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is saam met jou oral waar jy gaan.”

"Om te laat los waarmee ons vertroud geraak het en oor te gaan na wat God vir ons in 'n nuwe seisoen het, kan skrikwekkend wees. Laat ons onthou dat "vrees nie" en "wees nie bevrees nie" sowat 365 keer in die Skrif verskyn. Dink aan Jesaja 41:10: "Moenie bang wees nie, want Ek is by jou..." Jesus het opgestaan ​​om ons te bevry van die mag van vrees!"
Bid:
Here Jesus, ek gee vandag my vrese aan U oor en vra U om my te vul met U vrede, en om my deur U Gees te lei tot groter vertroue en hoop. Amen." *
  **Youversion Reading Plan:
  Transformed By The Messiah
  Day 3: Saying Farewell to Fear
  ©HarperCollins Christian Publishing  (Zondervan & Thomas Nelson       (Vertaal/Translated)

📖 Bybel 

🎵  Lied  🎵 
Perfectly
Micah Tyler
https://music.youtube.com/watch?v=E9sKENqGOwo
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Donderdag, Maart 19, 2026

Die Derde Dag

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Jesus Christus
Opgestaan
Op die Derde Dag

MATTEUS 12:40 NLV
“Net soos Jona vir drie dae en nagte in die maag van ’n groot vis was, so sal Ek, die Seun van die Mens, vir drie dae en nagte in die binneste van die aarde wees."

HOSEA 6:1-2 NLV
¹“Kom, laat ons teruggaan na die Here toe! Hy het ons verskeur; Hy sal ons weer genees. Hy het ons geslaan; Hy sal ons wonde weer verbind. 
² Hy sal ons na twee dae laat aansterk en op die derde dag weer laat opstaan sodat ons in sy teenwoordigheid kan lewe. 

Die Drie Dae Verduidelik: 
Youversion Leesplan: 
'Transformed by the Messiah' 
Day 2: Risen on the Third Day
"Hoe was die Messias drie dae en drie nagte in die graf as Hy op 'n Vrydagmiddag begrawe is en op 'n Sondagoggend opgestaan ​​het?"
"Dis 'n goeie vraag wat beantwoord word deur 'n paar tegniese aspekte van die Joodse wet te verstaan.
Die sewe dae lange shiva-rouperiode begin op die middag van die eerste dag waarop die oorledene begrawe word. Dus, selfs al word hulle net voor sonsondergang begrawe, tel dit as dag een (al is dit nie 'n volle vier-en-twintig uur periode nie).
Volgens Joodse wet kan 'n mens ophou rou en sekere aspekte van die "normale lewe" hervat na oggendgebede op die derde dag van shiva (weer eens, nie 'n volle vier-en-twintig uur nie).
Jesus se begrafnis op Vrydag was dag een. En ons weet Hy was Saterdag die hele dag (dag twee) in die graf. Op die derde dag, na oggendgebede, sou die dissipels terugkeer na 'n meer gereelde lewe, aangesien shiva die rouperiode op die derde dag beëindig. Jesus het daardie oggend opgestaan.
So volgens die Joodse begrip van "sittende shiva" en die ander avelut (wette) van rou, het tegnies drie dae verloop, en Jesus het die profesie vervul om "drie dae en drie nagte in die hart van die aarde" te wees" (Matt. 12:40).
Die getal drie het geweldige betekenis in die Bybel en in die lewe van Jesus.  Dit word geassosieer met verlossing, wat terugdateer so vroeg as die uittog.  Daar is drie besprinkelings van die bloed van die Pasga-lam aan die bokant en die twee kante van die deurposte van die Israeliete se huise gesprinkel.  Ook staan ​​die derde van die vier bekers in 'n Pasga Seder bekend as die Beker van Verlossing. Dit is geen toeval dat Hy hierdie derde beker opgelig het om die Nagmaal in te huldig nie.  Hy het drie keer gebid toe Hy gearresteer is. Hy is op die derde uur aan die kruis vasgespyker. Hy het op die negende uur gesterf, wat drie-uur die middag is. En natuurlik is die Here op die derde dag opgewek.  
Jesus is op die derde dag opgewek om hierdie belofte te vervul en genesing en herstel te bring, sodat ons vir ewig in God se teenwoordigheid in die Messiaanse koninkryk kan lewe."
Gebed: 
"Dankie, Here Jesus, Yeshua, dat U die profesie vervul het en op die derde dag opgestaan ​​het om my te red van die mag van sonde en dood en my in U familie oor te dra! Amen."
©HarperCollins Christian Publishing (Zondervan & Thomas Nelson)
(Vertaal/Translated)
Amen.🙌🥰

📖 Bybel 

🎵  Lied  🎵 
King Of Kings
Eli Soares & Terrian
https://music.youtube.com/watch?v=bT7XI12py0A 
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Dinsdag, Maart 17, 2026

Die Tuingraf

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Die Tuingraf
Sonde het Begin in die Tuin
Lewe het Begin in 'n Graf in 'n Tuin


Adam & Eva het Gesondig
in die Tuin van Eden

GENESIS 3:8-13 21-23 NLV
⁸ Teen die aand hoor hulle hoe die Here God in die tuin loop. Hulle kruip toe weg tussen die bome. 
⁹ Die Here God het toe na die mens geroep: “Waar is jy?” 
¹⁰ Hy antwoord: “Ek het U hoor aankom in die tuin en gaan wegkruip. Ek was bang omdat ek sonder klere is.” 
¹¹ “Wie het vir jou gesê dat jy sonder klere is?” vra die Here God. “Het jy dan van die boom geëet wat Ek jou beveel het om nie te eet nie?” 
¹² “Ja,” erken die mens, “dit was die vrou wat U aan my gegee het wat die vrugte vir my aangebied het, en toe het ek daarvan geëet.” 
¹³ Daarop vra die Here God vir die vrou: “Hoe kon jy so ’n ding doen?” “Die slang het my bedrieg,” antwoord sy. “Dis hoekom ek geëet het.”

GENESIS 3:21-23 NLV
²¹ Toe het die Here God vir die mens en sy vrou klere van vel gemaak en hulle dit laat aantrek. 
²² Daarna sê die Here God: “Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hulle ook weet van goed en kwaad. Wat sal gebeur as hulle van die vrugte van die boom van die lewe vat en eet? Hulle sal dan vir altyd lewe!” 
²³ Die Here God het daarom die mens uit die Tuin van Eden weggestuur...


Jesus die Lydende Dienskneg

JESAJA 53:4-9 NLV
⁴ Tog was dit ons swakhede wat hy gedra het. Hy het ons pyn verduur. Ons het aan hom gedink as dat God hom slaan, kasty en teister. 
⁵ Hy is geslaan en gepynig ter wille van ons sondes. Hy is gestraf sodat ons in vrede kan leef. Hy is geslaan sodat ons gesond kan word. 
⁶ Almal van ons het weggedwaal soos ’n klomp skape. Ons het ons eie pad gevolg. En toe het die Here ons almal se skuld en sondes op hom laat neerkom. 
⁷ Hy is geslaan en mishandel, maar hy het sy mond nie oopgemaak nie. Hy is soos ’n lam wat ter slagting gelei word. Soos ’n skaap stil is voor sy skeerders, so het ook hý sy mond nie oopgemaak nie. 
⁸ Hy is verdruk, skuldig bevind, en weggelei na sy dood. Wie van sy mense het besef dat hy vir hulle sondes doodgemaak word? Dat hy eintlik in húlle plek gestraf word? 
⁹ Hy het niks verkeerds gedoen nie, en het nooit enigiemand bedrieg nie. Tog is hy soos ’n misdadiger begrawe, in ’n ryke se graf neergelê.


'n Graf in 'n Tuin

JOHANNES 19:38-42 NLV
³⁸ Hierna het Josef wat van Arimatea afkomstig was – omdat hy vir die Joodse leiers bang was, was hy ’n geheime dissipel van Jesus – Pilatus gaan vra of hy die liggaam van Jesus kon kry. Pilatus het dit toegestaan. Josef het toe die liggaam gaan haal. 
³⁹ Nikodemus, wat Jesus die eerste keer gedurende die nag besoek het, het ook gekom en ’n mengsel van ongeveer 50 liter mirre en aalwyn gebring. 
⁴⁰ Hulle het toe Jesus se liggaam geneem en dit in linnedoeke saam met die speserye toegevou soos dit die gebruik van die Jode was om iemand vir ’n begrafnis voor te berei. 
⁴¹ Op die plek waar Jesus gekruisig is, was ’n tuin en in die tuin ’n nuwe graf waarin nog niemand begrawe was nie. 
⁴² Met die oog op die Joodse dag van voorbereiding, en omdat die graf naby was, het hulle Jesus daar neergelê.


Lewe het Begin in 'n Graf in 'n Tuin

HOSEA 6:2 NLV
Hy sal ons na twee dae laat aansterk en op die derde dag weer laat opstaan sodat ons in sy teenwoordigheid kan lewe.🕊

PSALMS 16:10 NLV
Want aan die doderyk sal U my nie prysgee, of toelaat dat u getroues in die graf ontbind nie.

MATTEUS 12:40 NLV
“Net soos Jona vir drie dae en nagte in die maag van ’n groot vis was, so sal Ek, die Seun van die Mens, vir drie dae en nagte in die binneste van die aarde wees. 

JOHANNES 2:22 NLV
Toe Hy eers uit die dood opgewek is, het sy dissipels onthou dat Hy dit gesê het en hulle het die Skrif en die woorde geglo wat Jesus gesê het.

JESAJA 53:10 NLV
Maar dit was die Here se wil om hom te vermorsel en te laat ly. Al het die Here sy lewe ’n skuldoffer gemaak, sal hy ’n groot nageslag kry en nog lank lewe. Die Here se plan sal as gevolg van Hom ontvou.

HANDELINGE 2:25-32 NLV
²⁵ “Koning Dawid het die volgende van Hom gesê: ‘Ek het die Here altyd by my gesien. Niks en niemand sal my laat wankel nie, want Hy is hier reg by my. 
²⁶ Dis hoekom my hart bly is, en my tong jubel! Ja, nog meer: omdat ek hoop het, leef ek rustig. 
²⁷ Ek weet U sal my gees nie in Hades agterlaat nie of toelaat dat u Heilige in die graf vergaan nie. 
²⁸ U het my die paaie geleer wat na die lewe lei, U sal my bly maak met u teenwoordigheid.’ 
²⁹ “Geagte volksgenote, verstaan goed! Dawid het in dié woorde wat ek aangehaal het, nie van homself gepraat nie. Ons weet mos: hy hét gesterf en is begrawe, en sy graf is tot vandag toe nog hier by ons. 
³⁰ “Hy het dus as profeet opgetree, en hy het geweet dat God met ’n eed aan hom belowe het dat een van sy nakomelinge as Messias op sy troon sou sit. 
³¹ Dawid het in die toekoms gesien en oor die opstanding van die Messias gepraat: Hy sal nie in Hades agtergelaat word nie, sy liggaam sal nie in die graf vergaan nie. 
³² “Hierdie woorde van Dawid handel oor Jesus: God het Hom opgewek. 
Ons is almal getuies hiervan. 

HANDELINGE 13:33-35 NLV
³³ Hy het dit vir ons, hulle nageslag, vervul deur Jesus te laat opstaan. So staan dit dan ook in die tweede psalm oor Jesus geskryf: ‘Jy is my Seun; Ék het jou vandag verwek.’ 
³⁴ “God het Hom uit die dood laat opstaan, en daarom sal Hy nooit tot niet gaan nie. Dit het God met die volgende woorde gesê: ‘Ek sal vir julle die beloftes vervul wat Ek betroubaar aan Dawid toegesê het.’ 
³⁵ “Daarom sê God ook elders: ‘U sal nie toelaat dat die Een wat aan U toegewy is tot niet gaan nie.’ 

HANDELINGE 26:22-23 NLV
²² Tot vandag toe het God my beskerm, en daarom staan ek hier en getuig voor klein en groot. Ek verkondig niks anders as wat die profete en Moses gesê het gaan gebeur nie: 
²³ Die Messias moes ly en die eerste wees van die dooies wat opstaan. So sou Hy aan ons volk en aan die nie-Joodse nasies die lig verkondig.”

1 KORINTIËRS 15:3-7 NLV
³ Die kern van die boodskap wat ek destyds aan julle deurgegee het, en wat ek weer van hulle voor my ontvang het, was dat Christus, soos in die Skrif staan, vir ons sondes gesterf het. 
⁴ Ook dat Hy begrawe is en God Hom op die derde dag opgewek het, soos in die Skrif staan. 
⁵ Verder dat Hy aan Petrus verskyn het en daarna ook aan die twaalf apostels. 
⁶ Daarna het Hy aan meer as 500 van sy volgelinge tegelyk verskyn. Van hulle leef die meeste nou nog, maar party is reeds dood. 
⁷ Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en later aan al die apostels. 


♡🩷♡

"Jesus het gekom om die sonde van Adam en Eva wat in die tuin van Eden begin het toe hulle God se bevel verbreek en van die boom geneem het, om te keer. Jesus het “teruggekeer” na 'n tuin om die vloek om te keer, die seën te herstel en lewe uit die dood te bring. In daardie tuingraf het die storie het tot 'n volle sirkel gekom."
Uittreksel uit Youversion Leesplan: 
'Transformed by the Messiah' 
Day 1: A Grave in a Garden
©HarperCollins Christian Publishing (Zondervan & Thomas Nelson)
(Vertaal/Translated)
📖 Bybel 

🎵  Lied  🎵 
Miraculous Salvation
Tenniele Neda

https://music.youtube.com/watch?v=jWJipnIH_mE 

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Maandag, Februarie 23, 2026

Wat As?

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Wat As Die Lewe 
Oor Meer As Net 
My Geluk Gaan?


My Doel Strek Verder As My Geluk 
Wat Waarlik My Vreugde Is 


HANDELINGE 20:24 NLV
Al is my lewe kosbaar, ag ek dit van geen waarde as ek nie my lewenstaak en my bediening wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaarmaak nie: Om die Goeie Nuus te verkondig dat God mense liefhet sonder dat hulle iets hoef te doen om dit te verdien.

PREDIKER 3:12 NLV
Ek het besef daar is vir mense niks beter nie as om vrolik te wees en tydens hul lewe die goeie te geniet.

FILIPPENSE 2:2 NLV
Maak my dan nou heeltemal bly deur eensgesind te wees – één in liefde, één in hart en één in doel.

Ware Vreugde
GALASIËRS 5:22-23 NLV
²²Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, 
²³ sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie.

'n Innerlike vreugde, nie net 'n uiterlike vreugde nie.

MATTEUS 22:39 NLV
Die tweede, ewe belangrike opdrag is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ 

NEHEMIA 8:10 NLV
"...die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees!”

Innerlike Vreugde Bo Geluk
Geluk in die oomblik is vlietend, maar daar is 'n vreugde van die Here wat vir ewig bly en selfs tydens beproewinge duur.  
Dien ander bo my persoonlike gemak.

PSALMS 16:11 NLV
U wys vir my die lewenspad; in u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.

SPREUKE 15:13 NLV
Blydskap laat ’n mens se gesig straal. Hartseer maak ’n mens terneergedruk.


📖 Bybel 

🎵  Lied  🎵 🔁🥰Luister!🩷 
What If
Jonathan Ogden
https://music.youtube.com/watch?v=2d9r7fnDkwc 
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡