Maandag, Maart 23, 2026

Juwele van Waarheid

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Bestudeer die Woord van Waarheid 
Vind Skatte 
Juwele van Waarheid 
In Ou en Nuwe Testament 
Nuwe Genietinge Sowel as Oud
Dra die Beste Vrugte

2 TIMOTEUS 2:15 NLV
Werk hard sodat God jou kan goedkeur. Wees ’n goeie werker, een wat nie nodig het om hom te skaam nie; iemand wat die woord van die waarheid reg verduidelik. 

MATTEUS 13:52 AFR20
En Hy het vir hulle gesê: “Daarom is elke skrifkenner wat 'n leerling in die •koninkryk van die hemele geword het, soos 'n huiseienaar wat nuwe en ou dinge uit sy skatkamer haal.”

ROMEINE 12:1-2 NLV
¹ Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. 
² Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.

♡🩷♡

FILIPPENSE 1:20 NLV
Dit is my strewe en hoop dat ek nooit iets sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil eerder, soos nog altyd, ook nou in my hele bestaan – of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik. 

1 TIMOTEUS 4:13 NLV
Totdat ek daar opdaag, konsentreer daarop om die Skrif aan die gemeente voor te lees, die gelowiges te bemoedig en om hulle te onderrig.

2 PETRUS 1:10 NLV
Daarom, broers en susters, werk nog harder daaraan om met julle leefstyl te bewys dat God julle regtig geroep en gekies het. As julle dit doen, sal julle nooit struikel nie. 

♡🩷♡

HOOGLIED 7:13 AFR53
Die liefdesappels gee geur, en by ons deure is allerhande kostelike vrugte, vars en oud; o my beminde, dit het ek vir u weggebêre.

GALASIËRS 5:22-23 NLV
²² Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, ²³ sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie.

♡🩷♡

1 KORINTIËRS 1:10 NLV
En nou, broers en susters, pleit ek by julle in die Naam van ons Here Jesus Christus om eendragtig saam te staan – één in julle oortuigings. Daar mag nie groepvorming onder julle wees nie. Julle moet van harte saamstem in julle denke en in julle visie. 

2 KORINTIËRS 10:1-4 NLV
¹Ek, Paulus, vra julle baie ernstig op grond van die nederigheid en toegeeflikheid van Christus – ek, wat mos, soos gesê word, “gedwee” is teenoor julle as ek bý julle is, maar “manhaftig” wanneer ek van julle af weg is. 
² Ek vra julle mooi, moenie my verplig om, wanneer ek kom, my voorneme uit te voer om dié wat ons daarvan beskuldig dat ons volgens menslike oorwegings optree, met mening aan te vat nie. 
³ Ons leef wel in ’n menslike liggaam, maar ons voer die stryd nie met menslike middele nie. 
⁴ Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, 

FILIPPENSE 4:18 NLV
Op hierdie stadium het ek alles ontvang – en meer as genoeg! Met dit wat julle saam met Epafroditus gestuur het, het ek alles wat ek nodig het. Wat julle gestuur het, is ’n lieflike reukoffer waarvan God hou. 

MATTEUS 13:22 NLV
Daardie mense by wie tussen die dorings gesaai is, is hulle wat die boodskap hoor, maar die bekommernis van hierdie lewe en die verleidelikheid van die rykdom verstik die boodskap en dit bly sonder vrug. 

GALASIËRS 1:4 NLV
Jesus Christus het volgens God ons Vader se wil vir ons sondes gesterf om ons te bevry van die bose tyd waarin ons nou lewe. 

1 JOHANNES 2:15 NLV
Hou op om die wêreld en die dinge van die wêreld lief te hê. As iemand die wêreld liefhet, is hy beslis nie ook lief vir die Vader nie.

1 PETRUS 1:14 NLV
Wees gehoorsaam aan God, want julle is sy kinders. Moenie weer soos vroeër julle natuurlike neigings die oorhand laat kry nie. Julle het destyds nie van beter geweet nie. 

♡🩷♡
Mag die Here ons begrip en ons vertroue in Hom verdiep terwyl ons Sy woord deur Sy Gees bestudeer.

📖 Bible 

🎵  Song  🎵 
YOURS
Sondae & SIV • BOY • 2025
https://music.youtube.com/watch?v=huMZvrTf89c
 
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Wees asseblief respekvol in jou kommentaar. Haatlike, rassistiese, diskriminerende, antisemitiese of neerhalende kommentaar sal nie goedgekeur word nie. Jou respekvolle kommentaar (al stem jy nie saam nie) is welkom en word waardeer.