Wys tans plasings met die etiket God sorg. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket God sorg. Wys alle plasings

Dinsdag, Februarie 11, 2025

God Sal Julle Ondersteun

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
-----------Oooo----God het gesê:
-----------(----)---"Ek sal julle ondersteun
------------)--/-----Ek sal jou nie los nie.
---oooO-(_/---Ek sal jou nie in die steek laat nie.
---(---)-------Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg.
----\--(------Ek sal julle God wees deur julle hele lewe."
-----\_)------♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Hebreërs 13:5 NLV
5 Hou julle lewe vry van die honger na geld. Laat wat julle het, vir julle genoeg wees.
Onthou dat God die versekering gegee het:

“Ek sal jou nie los nie.
    Ek sal jou nie in die steek laat nie.”

Deuteronomium 31:6
"Wees sterk en hou moed! Moenie vir hulle bang wees nie! Die Here julle God sal met julle wees. Hy sal julle nie in die steek laat nie en julle nie verlaat nie.”

Deuteronomium 31:8
Moenie bang of mismoedig wees nie, want die Here is die Een wat voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie en jou nie verlaat nie.”

Jesaja 46:3-4
3 “Luister na My, nageslag van Jakob,
oorblyfsel uit die nageslag van Israel.
Ek het voor geboorte vir julle gesorg
en julle kleintyd vasgehou.
4 Ek sal julle God wees deur julle hele lewe.
Tot julle stokoud is, sal Ek julle dra.
Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg.
Ek sal julle ondersteun en julle red.

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
Ellie Holcomb • I Will Carry You
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Saterdag, April 29, 2017

Ramshoring

Foto:  https://www.123rf.com
Na gebed vandag lei my God my na Psalm 81 en 'n paar versies spreek tot my hart. My Here weet hoe ek in my hart wonder oor al die Christene wat so ramshorings blaas. Ek het niks teen ramshorings nie, ek hou van die klank van die ramshoring, maar dit is vir my asof so baie Christene die Israeliete se manier van doen aanneem. Elk geval, kyk wat openbaar my God vir my in Sy woord aangaande daardie ramshoring!

Blaas die ramshoring op nuwemaan, met volmaan, op ons feesdag,
want dit is 'n instelling vir Israel, 'n verordening van die God van Jakob.
Hy het dit vir die nageslag van Josef as 'n dure plig opgelê toe hulle uit Egipte weggetrek het. Wat hulle toe nog nie geweet het nie, het hulle gehoor:
“Ek het die swaar drag van julle skouers afgehaal, julle kon die mandjies neersit.
Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte laat wegtrek het.
Wat julle nodig het, sal Ek in oorvloed gee.’
🔴PSALMS 81:4‭-‬7‭, ‬11 AFR83

Nou kyk net daar! My Here weet wat ek bepeins in my hart omtrent die ramshorings.
Dit was 'n INSTELLING vir ISRAEL, 'n VERORDENING, 'n DURE PLIG VIR DIE NAGESLAG VAN JOSEF.

Dit was nie vir die kerk bedoel nie. Daar is seker niks fout daarmee om dit te gebruik nie, maar hoekom teruggaan na hoe die Israeliete dinge gedoen het wat vir hulle voorgeskryf is en nie vir ons nie? :/ Net soos met die feeste wat vir die Israeliete gegee is en dui op Here Jesus en Hy het die feeste vervul. Ons hoef nie meer die feeste te vier wat vir Israel bedoel was nie.

Dit gaan vir God oor ons harte, het ons ons harte (nie ons klere nie) voor Hom geskeur? Gee ons om vir mekaar as broeders en susters in Christus? Dra ons mekaar se laste? Gee ons om vir die armes? Is ons hand oop vir hulle?

Wanneer ons dit doen, dan doen ons dit vir ons Here Jesus ons Koning. So sê Hy self.
En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’
🔴Matteus 25:40
 
Wat die Here ook tot my hart gespreek het was vers 11. "Wat julle nodig het, sal Ek in oorvloed gee." En Hy is getrou aan Sy woord! :) Dankie my God, my vertroue is in U alleen.  

Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” 
🔴Matteus 10:29-31