Titus 2
gesonde leer en ‘n leefstyl
wat daarby pas
Ons moet
die soort leefstyl bevorder wat die gesonde leer weerspieël.
Ons moet
selfbeheersing uitoefen, ons moet respek verdien en verstandig lewe. Ons moet ‘n gesonde geloof hê en
vervul wees met liefde en geduld.
Leef
soos dit iemand betaam wat aan die Here toegewy is.
Moenie rondloop en skinder nie en ook
nie aan wyn verslaaf wees nie.
Leer
goeie dinge vir ander.
Bejaarde vroue moet jong vroue leer om
hulle mans en kinders lief te hê en om met selfbeheersing en rein te leef, om
goeie tuisteskeppers te wees wat onderdanig is aan hulle eie mans. Dan sal die boodskap van God nie belaster
word nie.
Die jonger mans moet aangemoedig word
om met selfbeheersing te lewe in alles.
Stel ‘n goeie voorbeeld, handhaaf suiwerheid in die leer, met gesonde en
onaanvegbare prediking. Dan sal die
teenstander beskaamd staan omdat hulle dan niks slegs teen ons te sê het nie.
Die liefdevolle goedheid van God wat
verlossing bring het inderdaad vir almal sigbaar geword. Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en
die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en
toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef.
Ondertussen sien ons daarna uit dat die
wonderlike hoop wat ons koester, ‘n werklikheid sal word en dat die heerlikheid
van ons groot God en Verlosser, Jesus Christus, sigbaar sal word. Hy het sy lewe vir ons gegee om ons los te
koop van alles wat voor God verkeerd is, en om ons te reinig van alle sonde
sodat ons Sy volk kan wees wat net aan Hom behoort, entoesiasties om die goeie
te doen.
Ooor
hierdie dinge moet jy praat. Met gesag
moet jy ook bemoedig en teregwys.
Moenie
toelaat dat iemand jou geringskat nie.