♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
Seuns van Sterflinge
PSALMS 90:3, 5-6, 9-10, 12, 14 AFR83
³ U laat die mens sterwe: U sê net: “Word weer stof!”
⁵ U maak 'n einde aan 'n mens, hy gaan die doodslaap in. Hy is soos gras wat in die môre afgesny word: ⁶ in die môre is dit nog groen, maar dit word afgesny en teen die aand is dit verlep en dit verdroog.
⁹ Onder u toorn vlieg ons dae en skiet ons jare verby soos 'n gedagte. ¹⁰ Ons lewe maar sewentig jaar, of, as ons baie sterk is, tagtig, en dié is vol swaarkry en leed. Dit is gou verby, ons vlieg na ons einde toe.
¹²Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.
¹⁴ Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees.
Efesiërs 1:7-8
⁷ Deur die bloed van sy Seun [Jesus Christus] is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God ⁸wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het.
📖 Bybel
Luister👇asseblief!😊
🎵 Lied 🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡