Hierdie dinge moet jy aan die mense leer en dit by hulle inskerp.
3 As
iemand 'n ander leer verkondig en nie hou by die gesonde woorde van ons
Here Jesus Christus en by die leer van ons godsdiens nie,
4 is
hy verwaand en weet hy niks. Hy het 'n sieklike beheptheid met twisvrae
en met stryery oor woorde. Daaruit ontstaan afguns, twis, beledigings,
gemene verdagmakery,
5 voortdurende
rusie van mense wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is.
Hulle dink dat die godsdiens iets is om geldelike wins mee te maak.
6 Die godsdiens is 'n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het,
7 want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie.
8 As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees.
9Maar
dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die
strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf
en ondergang gestort word.
10 Geldgierigheid
is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die
geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals
gehaal.
~•1 Timoteus 6:2-10
Julle
behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin
omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is.
~•1 Johannes 4:4
╠╣ALLELUJA !!