Wys tans plasings met die etiket sabbat. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket sabbat. Wys alle plasings

Sondag, Desember 01, 2024

Die Ware Werklikheid

Die Ware Werklikheid

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
Kolossense 2:16-17🥰
📖Sabbat is slegs 'n SKADUWEE📖
Die Ware Werklikheid is nou
♡♡♡♡♡IN CHRISTUS♡♡♡♡♡
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Christelike Vryheid in die Praktyk

KOLOSSENSE 2:16-18 NLV
¹⁶ Moet dus nie toelaat dat enigiemand julle veroordeel oor wat julle eet of drink, of oor die vier van sekere feesdae of die Nuwemaanfees of Sabbatte nie.
¹⁷ Al hierdie dinge is net ’n skaduwee van wat sou kom. Die ware werklikheid is Christus!
¹⁸ Laat niemand wat aandring op selfvernedering en engelverering – en dit met ’n beroep op visioene! – julle op sleeptou neem nie. Verniet dink hierdie mense, tipies van hulle sondige geaardheid, baie van hulleself.

HEBREËRS 8:5 NLV
Hulle dien in ’n heiligdom wat maar net ’n •kopie, ’n flou •skadubeeld van die ware, hemelse heiligdom is. Want toe Moses aan die regmaak was om die tabernakel op te rig, het God aan hom die opdrag gegee: “Sorg dat jy alles maak volgens die •voorbeeld wat Ek vir jou op die berg gewys het.”  

HEBREËRS 10:1ª NLV
Die offerstelsel onder die wet van Moses is maar net ’n •skadubeeld van die goeie dinge wat sou kom, •nie ’n lewensgetroue weergawe daarvan nie.

GALASIËRS 5:1 NLV
Om vry te wees! – dit is waarvoor Christus ons vrygemaak het! Maak seker dat julle vry bly, en moet nie weer onder ’n slawejuk vasgebind word nie.

GALASIËRS 5:4 NLV
Julle wat deur God vrygespreek wil word deur die wet te onderhou, het julle van Christus losgemaak. Julle het God se genade verbeur.  

GALASIËRS 5:16, 18 NLV
¹⁶ Ek sê: Laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie.
¹⁸ Maar as julle deur die Gees gelei word, is die wet nie meer julle baas nie.  

GALASIËRS 4:31 NLV
Met ander woorde, broers en susters, ons is nie kinders van ’n slavin nie, maar van die vrou wat vry is.

©Fleming, Donald C. "Commentary on Colossians 2:16".
《"In die lig van die vryheid wat Christus vir hulle verkry het, moet die gelowiges nie luister na diegene wat hulle probeer dwing om die reëls en regulasies van die Israelitiese wet te gehoorsaam nie. Praktyke wat in die wet geleer word, kan met skaduwees vergelyk word. Hulle is nie solied of permanent nie, maar hul bestaan ​​stel die kyker in staat om te weet dat daar een of ander werklike voorwerp is wat die skaduwees werp. Daardie werklike voorwerp is Jesus Christus. Noudat hy gekom het, is die skaduwees van geen verdere belang nie. Christelike lewe en groei kom van God deur 'n direkte verhouding tussen die gelowige en Christus."》
©"Fleming's Bridgeway Bible Commentary".
https://www.studylight.org/​commentaries/​bbc/​colossians-2.html. 2005.

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Dinsdag, Desember 23, 2014

ALMAL EEN in Jesus Christus

Ek skrywe dié om mense te waarsku teen Christene wat soos Judaïseerders wil optree en vir ons, wat vrygemaak is in Jesus Christus, kom vertel ons moet die Joodse feeste vier en wat nog alles en dan kom hulle teen ons wat Kersfees vier, Jesus se geboorte!
'n Engel het in die Bybel vertel hoe mense verheug sal wees oor Johannes die Doper se geboorte (Lukas 1:14), nou hoe nog te meer moet ons verheug wees oor ons Jesus se geboorte! :)
Hoe kan dit 'n sonde wees om Jesus se geboorte te vier?  En kamtig omdat dit nou op 'n datum gedoen word wat heidene iets gevier het tot hulle afgode.  Hulle het nie reg op dae en datums nie!  Alle dae behoort aan God!  Deur Jesus word alles heilig gemaak.  Ons vier Jesus Jesus Jesus, geen afgode nie!  Ons gaan nie terug na die Joodse manier van doen nie.
Daar is nie meer Jood of Griek nie, ons is nou almal EEN in Christus.

Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie.  Ek moet hulle ook lei.  Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder.
~•Johannes 10:16

Dit maak dus geen verskil of 'n mens 'n Jood of 'n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal, en Hy seën almal wat Hom aanroep, ryklik,
want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
~•Romeine 10:12-13

en moenie vir mekaar lieg nie.  Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek
en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van God.
Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie.  Hier is Christus alles en in almal.
~•Kolossense 3:9-11

Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie:  in Christus Jesus is julle almal één.
~•Galasiërs 3:28

Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie, of dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie.
Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom;  die werklikheid is Christus.
Moenie dat iemand wat behae skep in danige nederigheid en in die aanbidding van engele en wat voorgee dat hy allerhande visioene gesien het, julle daarmee mislei nie.  So iemand verhef hom oor wat hy in eiewaan van homself dink,
en hy hou nie aan die hoof, aan Christus, vas nie.  Uit Christus groei die hele liggaam, ondersteun deur die gewrigte en saamgebind deur die spiere, soos God dit laat groei.
~•Kolossense 2:16-19

Die waarheid sal jou vrymaak! ^_^ ♥