🕊🩷🕊🩷🕊🩷🙌🩷🕊🩷🕊🩷🕊
Jesus, U Versadig My Siel
JEREMIA 31:25 AFR83
²⁵ Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed.
♡🩷♡
PSALMS 107:9 AFR83
⁹ Hy het die dors geles van dié wat versmag het, Hy het die goeie in oorvloed gegee aan dié wat honger gely het.
JESAJA 55:1 AFR83
¹ Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk.
JOHANNES 4:14 AFR83
¹⁴ maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”
JOHANNES 6:35 AFR83
³⁵ Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.
JOHANNES 7:37-38 AFR83
³⁷ Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!
³⁸ Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”
DIE OPENBARING 21:6 AFR83
⁶ Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet.
DIE OPENBARING 22:17 AFR83
¹⁷ Die Gees en die bruid sê: “Kom!” En elkeen wat dit hoor, moet sê: “Kom!” En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!
📖 Bybel
🎵 Lied 🎵
🕊🩷🕊🩷🕊🩷🙌🩷🕊🩷🕊🩷🕊