Wys tans plasings met die etiket wederkoms. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket wederkoms. Wys alle plasings

Sondag, Mei 04, 2025

Opstanding

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Opstanding
(Die bymekaarmaak van
  God se uitverkorenes)

Die opstanding is met Christus se wederkoms. Jesus kom terug met die heiliges wat in Hom gesterf het.
Dit is hoe ek die Wederkoms van Christus verstaan, die opstanding van Sy mense en die engele wat hulle bymekaarmaak.
Wanneer ons sterf, keer die liggaam terug na die stof en die gees keer terug na God wat dit gegee het.
Dan is diegene wat in Christus Jesus gesterf het, se geeste in die hemel by die Here en dit is hulle geeste wat saam met Hom sal terugkeer met Sy wederkoms en DAN gebeur die opstanding uit die dood (wanneer hulle geeste beklee sal word met 'n nuwe liggaam en dit sal 'n verheerlikte onsterflike liggaam wees, soos Jesus se liggaam) en DAN sal daardie heiliges wat nog op aarde leef, verander word. Halleluja! Alle eer aan ons Grote God! Niks is vir Hom onmoontlik nie.

♡🩷♡
Prediker 12:7 NLV
Dan sal die stof teruggaan na die aarde toe soos dit was en die gees terugkeer na God wat dit gegee het.

Matteus 24:21-22, 29-31
21 Dit sal ’n tyd van groot verdrukking wees, erger as enigiets wat die wêreld ooit tevore beleef het of hierna sal beleef.
22 Om die waarheid te sê, as God nie ingryp en daardie tyd van swaarkry verkort nie, sal niemand dit oorleef nie. Maar ter wille van sy uitverkore mense sal dit wel verkort word.”
29 “Onmiddellik na hierdie tyd van swaarkry

‘sal die son donker word, en die maan nie meer lig gee nie.
Die sterre sal van die hemel val en die kragte wat die hemelruim saambind, sal geskud word.’

30 “Dan uiteindelik sal daar ’n teken teen die hemel verskyn om aan te dui dat Ek, die Seun van die Mens, aan die kom is. Daarop sal al die nasies van die aarde geskok en ontsteld wees. Hulle sal My, die Seun van die Mens, met krag en groot heerlikheid op die wolke van die hemel sien kom.
31 Ek sal my engele met die magtige klank van ’n basuin uitstuur en hulle sal my uitverkorenes uit al vier windstreke bymekaarmaak, ja, selfs vanaf die verste uithoeke van die wêreld.”

🩷1 Tessalonisense 4:13-18
13 Broers en susters, ons wil nie hê dat julle in onkunde sal verkeer oor die dooies nie. Dan sal julle nie soos die ander mense treur sonder ’n toekomsvooruitsig nie.
14 Want aangesien ons glo dat Jesus gesterf én opgestaan het, moet ons ook glo dat God die dooies wat in Jesus geglo het, saam met 🩷👑Jesus sal terugbring.☁️⛅☁️
15❗🩷Wat ons nou vir julle gaan sê, is ’n uitspraak van die Here: Ons wat bly lewe tot wanneer die Here terugkeer, het glad nie ’n voorsprong bo dié wat dan al gesterf het nie.
16 Wat eerste gaan gebeur, is dat die Here self uit die hemel sal neerdaal en dat die dooies wat aan Christus behoort, sal opstaan. Dit sal gebeur wanneer die hoofengel ’n bevel gee en God se trompet weerklink.
17 🩷Daarna sal ons wat bly lewe het, saam met hulle op wolke die lug in weggevoer word om die Here te ontmoet en vir altyd by Hom te wees.
18 🩷Troos mekaar dan met hierdie woorde.

Filippense 3:21
21 Hy sal ons vernederde liggame verander in liggame met goddelike heerlikheid, soos sy eie. Hiervoor sal Hy dieselfde krag gebruik as dié waarmee Hy alle dinge onder sy gesag bring.

1 Korinthiërs 15:50-58
50 Wat ek wil sê, broers en susters, is dat ’n gewone mens van vleis en bloed nie net so aan die koninkryk van God kan deel kry nie. Wat verganklik is, kan nie deel kry aan wat onverganklik is nie.
51 Ek wil aan julle ’n diep waarheid vertel wat God aan ons bekendgemaak het. Dit is dat ons nie almal sal sterf nie, maar ons almal sal verander word.
52 Dit sal dadelik, ja, in ’n oogwink gebeur, wanneer die laaste trompet weerklink. Want as die trompet sy klank laat hoor, sal die dooies met onverganklike liggame opgewek word. En dan sal ons ook verander word.
53 Want ons verganklike aardse liggame moet in hemelse liggame omskep word wat nooit sal sterf nie.

54 Wanneer dit gebeur – wanneer ons verganklike aardse liggame in hemelse liggame omskep word wat nooit sal sterf nie – dan uiteindelik sal die Skrifwoord waar word:

“Die dood is totaal uitgewis,
 want dit is heeltemal oorwin.”
55 “O dood, waar is jou oorwinning?
 Dood, wat het van jou angel geword?”

56 Want sonde is die angel wat die dood veroorsaak. En dit is die wet wat aan die sonde sy slaankrag gee.
57 Aan God kom ons dank toe – Hy wat aan ons die oorwinning oor die sonde en die dood gee deur Jesus Christus ons Here!
58 Dus, my geliefde broers en susters, staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd.

2 Korintiërs 5:1-8
Nuwe Liggame
1 Ons weet dat wanneer ons aardse verblyf, wat net ’n tentwoning is, afgebreek word, ons ’n permanente blyplek by God het, ’n huis wat nie met hande gebou is nie, maar wat vir altyd in die hemel bestaan.
2 In hierdie tentwoning swoeg en kreun ons, want ons verlang daarna om ons hemelse woning te betrek.
3 As ons tog maar net met klere aan, en nie kaal nie, voor God sal mag staan!
4 Terwyl ons nog in die aardse tentwoning bly, kry ons swaar en kreun ons omdat ons nie gestroop wil word van ons aardse woning nie, maar met die hemelse woning beklee wil word.
So sal wat sterflik is, verteer word deur die eintlike lewe.
5 Hy wat ons hiervoor gereedgemaak het, is God. Hy het aan ons die deposito van die Gees as waarborg gegee.

6 Ons is dus altyd vol moed omdat ons weet dat alhoewel ons nog in die liggaam woon, ons eintlike woning by die Here is;
7 want ons leef deur te glo en nie deur te sien nie.
8 Ons hou moed, maar sou liewer uit die liggaam wil verhuis om by die Here te gaan woon.

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
https://music.youtube.com/watch?v=0wVoK0dFxg0
Revelation 22 - Come Lord Jesus
Project of Love

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Donderdag, Mei 09, 2024

Ons Het Sy Koms Lief!

 Die tyd is naby vir ons Here Jesus om terug te keer. Sien die tekens van die tye, geliefdes. Lees asseblief die Skrifverse wat volg en mag jou blydskap vol wees, want ons Here Jesus het gesê Hy kom gou! Ja, wees bly, selfs tydens jou beproewings en lyding! Dit sal alles op die ou end die moeite werd wees, want ons Jesus is altyd by ons en het belowe om ons nooit te verlaat of in die steek te laat nie. Selfs wanneer ons vleeslike liggaam sterf terwyl ons deur die dal van doodskaduwee gaan, vrees ons geen onheil nie, want ons Here Jesus is met ons dan en ook wanneer ons ons hemelse tuiste binnegaan. Om te lewe is Christus, om te sterf is wins! Die dood is 'n seën vir die heiliges. Verheug julle, heiliges! Ons hoef niemand of enigiets te vrees nie. Wees lief vir God en wees lief vir mekaar, selfs ons vyande en dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus wat die wet van LIEFDE is.
Ons behoort aan Jesus ons Here en ons God, die Alfa en Omega, die groot 'EK IS' wat altyd was, altyd is en altyd sal wees. Hy is dieselfde gister, vandag en vir ewig! Vertrou net op Hom, nie op enige feilbare mens wat soos 'n asem in die wind is nie, vandag hier en môre weg. Lof aan God wat alleen al die eer verdien. Maranatha! Kom, Here Jesus, kom.

 🕊🩷🕊🩷🕊🩷🙌🩷🕊🩷🕊🩷🕊

2 Petrus 3:8-15,17-18 AFR20
8 'Laat hierdie een saak egter nie by julle verbygaan nie, geliefdes: By die Here is een dag soos duisend jaar, en duisend jaar soos een dag.
9 Die Here stel nie die belofte uit, soos party mense dink nie. Inteendeel, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê sommige mense moet verlore gaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
10 Die dag van die Here sal egter kom soos 'n dief, 'n dag waarop die hemele met 'n gedruis tot 'n einde sal kom, en die elemente sal uitbrand en vergaan, en die aarde en wat daarop gedoen is, ontbloot sal word.
11 As al hierdie dinge so sal vergaan, watter besondere mense moet julle dan nie wees nie – mense wat 'n heilige lewe lei en godvresend leef,
12 wat na die aanbreek van die dag van God uitsien, en dit probeer bespoedig. Dit is die dag waarop die hemele, deurdat dit verbrand word, sal vergaan, en die elemente sal uitbrand en wegsmelt.
13 Maar ons verwag, volgens sy belofte, nuwe hemele en 'n nuwe aarde, waar •geregtigheid woon.
14 Daarom, geliefdes, omdat julle hierdie dinge verwag, streef ernstig daarna om deur Hom in vrede, vlekkeloos en onberispelik bevind te word.
15 En beskou die lankmoedigheid van ons Here as 'n geleentheid tot verlossing, soos ook ons geliefde broer Paulus, volgens die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het,...
17 Julle dan, geliefdes, aangesien julle hierdie dinge vooruit weet – wees op julle hoede om nie deur die dwaling van beginsellose mense meegesleur te word, en so julle eie standvastigheid te verloor nie.
18 Sorg dat julle aanhou groei in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus •Christus.
Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en ook tot op die dag van die ewigheid. •Amen.'


✿¸.•*¨`*•..¸✿ღ¸.•*¨`*•..¸✿

Lukas 24:50-52 AFR20
50 'Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën.
51 Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem.
52 Hulle het Hom aanbid, en met groot blydskap na Jerusalem teruggekeer.'


✿¸.•*¨`*•..¸✿ღ¸.•*¨`*•..¸✿

Handelinge 1:9-11 AFR20
9 'Toe Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle toekyk, en 'n wolk het Hom uit hulle gesigsveld weggeneem.
10 Terwyl hulle, soos Hy weggaan, stip na die hemel bly kyk, staan daar meteens twee mans in wit klere by hulle
11 en vra: “Galileërs, waarom staan en staar julle na die hemel? Hierdie Jesus, wat van julle na die hemel weggeneem is, sal net so terugkom soos wat julle Hom na die hemel sien weggaan het.”'

✿¸.•*¨`*•..¸✿ღ¸.•*¨`*•..¸✿

Openbaring 22:12-17,20-21 AFR20
12 '“Kyk, Ek kom gou! En die beloning is by My, om elkeen volgens sy optrede te beloon.
13 Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.
14 Gelukkig is diegene wat hulle lang stolas was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe, en die stad deur die poorte kan binnegaan.
15 Die honde bly buite, ook die towenaars en die hoereerders, die moordenaars en die afgodedienaars, en ook elkeen wat die leuen liefhet en beoefen.
16 “Ek, Jesus, het my engel gestuur om teenoor julle oor hierdie dinge in die gemeentes te getuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die helder môrester.”
17 En die Gees en die bruid sê: “Kom!” En laat elkeen wat luister, sê: “Kom!” En laat elkeen wat dors het, kom. En laat elkeen wat dit begeer, die water van die lewe kom kry, verniet!
20 Hy wat hierdie dinge getuig, sê: “Ja, Ek kom gou! ” •Amen! Kom, Here Jesus!
21 Die genade van die Here Jesus bly by julle almal.'


✿¸.•*¨`*•..¸✿ღ¸.•*¨`*•..¸✿

1 Korinthiërs 16:22 AFR20
'As iemand die Here nie liefhet nie, laat hom vervloek wees. Marana ta!'

✿¸.•*¨`*•..¸✿ღ¸.•*¨`*•..¸✿

2 Timoteus 3:1-5 AFR20
1 'Dit moet jy weet: In die laaste dae gaan daar moeilike tye kom;
2 want die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig, aanmatigend, godslasterlik, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, goddeloos,
3 ongevoelig, genadeloos, beledigend, sonder selfbeheersing, wreed, sonder liefde vir die goeie,
4 verraaiers, roekeloos, hooghartig, lief vir plesier eerder as vir God,
5 mense wat wel 'n skyn van godvresendheid voorhou, maar wat die krag van godvresendheid misken. Bly weg van sulke mense.'


✿¸.•*¨`*•..¸✿ღ¸.•*¨`*•..¸✿

2 Timoteus 4:7-8 AFR20
7 'Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, ek het die geloof behou.
8 Nou wag die oorwinningskrans van •geregtigheid op my, wat die Here, die regverdige Regter, op daardie dag vir my sal gee – en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat sy koms liefhet.'


🕊🩷🕊🩷🕊🩷🙌🩷🕊🩷🕊🩷🕊

 📖bible.com

🎼♪Lied


 

Maandag, April 09, 2018

Leef heilig, Jesus kom weer

Goeie dag dierbare mense. God ons Hemelse Vader seën julle vandag in alles wat julle doen. Mag alles wat ons doen en praat en dink vir Hom aanneemlik wees.
Laat ons gedagtes gerig wees op alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet ons ons gedagtes rig.
Laat ons heilig lewe, want ons Here ons God kom weer terug en Hy kom terug vir 'n bruid sonder vlek of rimpel, heilig en onberispelik.
Bly weg van alles wat sleg is.
Mag God, wat vrede gee, ons volkome aan Hom toegewyd maak en ons geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat ons onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!
Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou! Halleluyah! Dankie Vader!

1 TESSALONISENSE 5:23‭-‬24 AFR83
FILIPPENSE 4:8 AFR83

☆«´¯`•.¸¸.° JESUS °.¸¸.•´¯`»☆