2 Petrus 1:3-11
gesonde leer en leefstyl
Wow! My vorige inskrywing op my blog het God my
Maandag al na gelei in sy woord, oor gesonde leer en leefstyl en kyk nou
hier!...alweer in 2 Petrus 1 oor gesonde leer en leefstyl.
god het julle nuut gemaak
maak dit sigbaar in julle leefstyl
Deurdat
ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het
om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlikheid en goedheid te
ontvang! Deur hierdie selfde krag het Hy sy kosbaarste en allergrootste beloftes
vir ons laat waar word. Die gevolg hiervan is dat julle deel gekry het aan sy
Goddelike natuur. Só het julle vrygekom van die proses van agteruitgang wat, as
gevolg van die neigings van ons menslike natuur, oral alles en almal laat sleg
word.
Juis om
hierdie rede moet julle alles in julle vermoë doen om te wys dat hierdie
beloftes vir julle waar geword het. Dan sal julle geloof meebring dat julle
leefstyl goed is.
goeie leefstyl en selfdissipline
’n Goeie leefstyl bring weer mee dat jy God beter leer ken. As
’n mens God ken, kan jy jouself dissiplineer. Selfdissipline bring weer mee dat
’n mens kan uithou en aanhou, en hierdie volharding loop uit op ’n lewe naby
aan God.
’n Lewe
naby aan God skep liefde vir ander gelowiges, en uiteindelik is dit hierdie
positiewe houding teenoor medegelowiges wat meebring dat jy almal liefhet. Hoe meer julle op hierdie wyse groei, hoe meer
sal die feit dat julle ons Here Jesus Christus ken, veroorsaak dat julle nie
nutteloos en geestelik onproduktief is nie. Mense wie se lewe nie wys dat God se beloftes
in hulle waar geword het nie, is blind, of – ten minste – kortsigtig. Hulle het
klaar vergeet dat God hulle gereinig het van hulle vorige sondige leefstyl.
Daarom,
broers en susters, werk nog harder daaraan om met julle leefstyl te bewys dat
God julle regtig geroep en gekies het. As julle dit doen, sal julle nooit
struikel nie. En dan sal julle sonder
ophou en sonder dat iets julle hinder, kan deelneem aan die ewige
koningsheerskappy van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Wees asseblief respekvol in jou kommentaar. Haatlike, rassistiese, diskriminerende, antisemitiese of neerhalende kommentaar sal nie goedgekeur word nie. Jou respekvolle kommentaar (al stem jy nie saam nie) is welkom en word waardeer.