Christene wat skinder
Ek reken om te
skinder is mos nie liefde nie. Definitief nie Jesus liefde nie.
As ons nie eerder
mekaar kan opbou en vir mekaar kan bid nie, moet ons eerder ons monde hou
voordat ons wys wat ons werklik is...skynheilig.
Want hoe kan jy bid
vir mense en in die ander asem gaan praat agter hulle rug?
Dit wys vir my daar
is baie wat sê hulle bid vir jou, maar dat hulle dit nie werklik doen nie.
As mens vir ander
bid, wil jy nie skinder nie. Hoe kan ons? Dan glo ons mos nie werklik in God
nie, want dink ons dan nie daaraan dat Hy sien hoe ons skinder nie? En ons weet
hoe God oor skynheiliges (hypocrites) voel. Jesus sê hulle sal nie die hemel
sien nie. En ek praat van Christene.
Dit is maklik om
die naam van die Here Jesus te bely, maar is Hy in ons harte of is ons harte
ver van Hom? Het ons werklik Sy liefde in ons harte vir ons naaste, selfs ons
vyande? As ons selfs ons familie en
sogenaamde vriende loop en beskinder, hoe op aarde kan ons ons vyande liefhê?
Watse woorde kom
uit ons monde uit? Want dit wat die hart van vol is, loop die mond van oor. Is
ons harte vol van Jesus en Sy woord? Of klink ons maar soos die res van die
ongelowige wêreld en doen ons soos hulle doen?
Laat ons
selfondersoek doen of ons werklik in die geloof is...elke dag!
Mag God ons Vader
ons almal seën en lei in alle waarheid in deur Sy Heilige Gees.💞
Dan sal hy hom ’n wrede dood laat sterf en hom
laat deel in die lot van alle skynheiliges. Hulle sal bitterlik huil en van
selfverwyt op hulle tande kners.
Mattheus
24:51 NLV
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Wees asseblief respekvol in jou kommentaar. Haatlike, rassistiese, diskriminerende, antisemitiese of neerhalende kommentaar sal nie goedgekeur word nie. Jou respekvolle kommentaar (al stem jy nie saam nie) is welkom en word waardeer.