Dinsdag, Junie 11, 2019

Jesus Is God

JESUS, SEUN VAN GOD

IS GOD WAT VLEES KOM WORD HET

Jesus is die Seun van God. Jesus is die Woord van God. In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God, en die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon.  Jesus is God geopenbaar in die vlees!     Halleluyah!  Amen.👐♥️🕊️✝️

Daarom sal die Here self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem.
🌟JESAJA 7:14 AFR53

Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
🌟MATTHÉÜS 1:23 AFR53

Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors —
🌟JESAJA 9:5 AFR53

🌟Die Ewige Woord🌟
IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.
🌟JOHANNES 1:1‭, ‬14 AFR53

En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid.
🌟I TIMÓTHEÜS 3:16 AFR53
🌟🌟🌟🌟🌟🌟🌟†🌟🌟🌟🌟🌟🌟🌟

 

Bemoediging van Jesus


JESUS MOEDIG ONS AAN:

  • OM ALTYD TE BID
  • OM NOOIT MOEDELOOS TE WORD NIE
Shalom, geliefdes van God.🤗♥️ Mag God ons hemelse Vader jou seën en mag die woorde van ons Here Jesus jou aanmoedig om altyd te bid en nooit moedeloos te word nie. Hou aan om te bid, moet nooit ophou nie, selfs al lyk dit of God sy tyd neem om ons gebede te beantwoord. God sal ons gebede beantwoord, omdat Hy getrou is en Hy ons liefhet. God is selfs lankmoedig teenoor ons vyande soos ons ook behoort te wees. Halleluyah! Asseblief, Here help ons om meer soos U te wees en om selfs met ons vyande lankmoedig te wees. Alle eer aan ons God vir Sy liefde en om so geduldig te wees met almal en dat Hy vir ons omgee, dat Hy ons aanmoedig en altyd hoop gee! Dankie Vader. Ons het U lief Here.♥Amen.

'EN Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n mens GEDURIG MOET BID en NIE MOEDELOOS WORD NIE, en gesê:
Daar was 'n regter in 'n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie.
En daar was in daardie stad 'n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty.
En 'n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie, tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.
Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê.
Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?
Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?'
LUKAS 18:1-8

Ons Is Skoon

ONS IS SKOON

Gewas In Die Bloed Van Die Lam

Shalom geliefdes in Christus.🤗♥️ Mag God Sy kerk seën en laat ons wat in Christus is, na die Gees wandel en nie na die vlees nie, want dit is geskrywe dat daar nou geen veroordeling is vir ons wat in Christus is nie, ons wat NIE na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
    'Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.'
PSALMS 51:9

    'want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel'
HEBREËRS 9:19

    'Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here : al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.'
JESAJA 1:18

    'en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.'
OPENBARING 1:5-6

Vry Van Inwonende Sonde

'DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.'
ROMEINE 8:1