Wys tans plasings met die etiket God. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket God. Wys alle plasings

Sondag, Junie 08, 2025

'n Wolk

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Ek Sien 'n Wolk

1 Konings 18:1-2; 41-46 NLV
1 Na ’n lang tyd, tydens die derde jaar van droogte, sê die Here vir Elia: “Gaan na koning Agab toe en sê vir hom Ek sal dit binnekort laat reën.” 

2 Elia het na Agab toe gegaan.

Intussen het die hongersnood in Samaria toegeneem.

41 Elia sê toe vir Agab: “Gaan eet en drink, want ek hoor die gedruis van groot reën!”

42 Agab het toe gaan eet en drink, maar Elia het tot op die top van Karmelberg geklim. Daar het hy met sy kop tussen sy knieë op die grond neergebuig.

43 Hy sê toe vir sy dienaar: “Gaan kyk uit oor die see.”

Die dienaar het gekyk, na Elia toe teruggekom en gesê: “Ek sien niks nie.”

Elia sê vir hom: “Gaan kyk weer!” Sewe keer het Elia hom gestuur.  

44 Die sewende keer kom sê die dienaar: “Ek sien ’n klein wolkie so groot soos ’n man se hand wat uit die see opkom.”

Toe sê Elia: “Maak gou! Gaan sê vir Agab: ‘Span jou wa in en gaan af na jou huis toe anders sal die reën jou vaskeer!’”

45 Spoedig was die lug donker van onweerswolke. ’n Sterk wind het ’n groot reënstorm gebring. Agab het dadelik na Jisreël toe vertrek. 

46 Die Here het Elia krag gegee. Hy het sy gordel vasgemaak en toe voor Agab se wa uit gehardloop tot by Jisreël.

Jesaja 60:22 NLV
"...Ek is die Here. Wanneer die tyd daarvoor kom, sal Ek dit doen.”

♡🩷♡
Dierbares, sovele kere het die Here Sy kinders se gebede verhoor. Ja, dit vat soms jare, maar ons druk deur met ons gebede in groot geloof en vrede in ons harte, want ons weet ons God is genadig en goed en Hy toets ook ons geloof en geduld en laat alles in Sý tyd, die regte tyd gebeur. Net soos in 2017 met ons droogte in Kaapstad.

So moenie beangs word wanneer die lewe druk nie. Moenie kleingelowig wees nie. Jou Bewaarder en Voorsiener sluimer en slaap nie. Hou aan uitroep vir Sy genade, hulp en voorsiening met al jou probleme en behoeftes. God is jou Abba Vader en Hy sorg vir Sy kinders.

Luister die liedjie by die skakel hieronder. Sien jy die wolk?😊  
"Ek sien 'n wolk. Ek weet God werk dinge ten goede vir my uit. Ek sien dit nou. God doen Sy beste wonderwerke wanneer dit geen sin behoort te maak nie en ek slaan my oë weer op en ek sien 'n wolk!" 
Wanneer die sluise van die hemel oopgaan, sal die seën uitgestort word. God se voorspoed sal meer as genoeg vir jou wees!😊🙌🩷 

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
https://music.youtube.com/watch?v=HTUpefC6qJk
Cloud - Megan Tibbits
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Sondag, April 20, 2025

In Moeilike Tye

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Die Here Red die Regverdiges
In Moeilike Tye

(Die Here het my Sondag, 13 April 2025 in Sy woord gelei na ek met Hom gepraat het oor ons politiek en radikale politieke partye, ons regstelsel en sommige instellings waar geregtigheid nie geskied nie. Ek het God gevra om ons te beskerm teen burgeroorlog of inval van buite ons landsgrense, dat hulle nie mense se plase en eiendomme net sal vat nie. Toe lees ek Psalm 37 en sekere verse trek my aandag. Ek haal die verse aan wat tot my hart gespreek het oor ons land se situasie (én die wéreld) en wat ek moet doen.)

PSALMS 37:1,2,3-20,22-24,27-40 NLV
1 Moenie jou vererg
oor boosdoeners nie.
2 Want soos gras verlep hulle gou.
Soos plante
verdroog hulle vinnig.

3 Vertrou op die Here
en doen wat goed is.
Woon in die land
en geniet veiligheid.
4 Wees bly in die Here,
en Hy sal jou hartsbegeertes
aan jou gee.

5 Vertrou jou lewe toe
aan die Here.
Vertrou Hom,
en Hy sal vir jou sorg.
6 Hy sal jou onskuld
laat deurbreek
soos die lig,
en die regverdigheid van jou saak
soos die middagson.

7 Wees stil in die Here,
en wag geduldig op Hom.
Moenie die mens beny
wat op sý manier floreer,
of jou verknies
oor sy bose planne nie.
8 Moenie kwaad word nie;
laat staan liewer jou woede.
Moenie ander beny nie;
dit lei net tot jou nadeel.
9 Want die bose mense
sal vernietig word,
maar dié
wat op die Here vertrou,
sal die land besit.
10 Binnekort sal die boosdoeners
nie meer daar wees nie;
al soek jy na hulle,
sal jy hulle nie kry nie.
11 Maar sagmoediges
sal die land besit,
hulle sal oorvloedige vrede
geniet.

12 Die goddelose sweer saam
teen die regverdiges
en kners op die tande vir hulle.
13 Maar die Here lag vir hom,
want Hy sien
sy dag van oordeel
kom al nader.

14 Die goddelose trek die swaard
en span die boog
om die armes en behoeftiges
tot ’n val te bring,
om hulle wat reg doen,
dood te maak.
15 Maar hulle swaard
sal hulle eie hart deurboor
en hulle boog
sal stukkend
gebreek word.

16 Dit is beter om vroom te wees
en min te besit
as om boos te wees
en baie besittings te hê.
17 Want die mag van die bose
sal verpletter word,
maar die Here
sal die regverdiges beskerm.

18 Die Here ken die lewensdae
van die opregtes,
en hulle erfdeel
sal vir altyd bly bestaan.
19 In slegte tye
sal hulle nie verleë wees nie;
selfs in hongersnood
sal hulle genoeg hê.
20 Maar die goddelose
sal vergaan.
Die vyande van die Here
sal wees soos mooi weivelde
wat soos rook verdwyn.

22 Hulle vir wie die Here seën,
sal die land besit,
maar hulle wat Hy vervloek,
sal uitgeroei word.

23 Die Here bepaal
die rigting van ’n mens
met wie se lewe Hy tevrede is.
24 Al sou so een struikel,
hy sal nie val nie,
want die Here hou sy hand vas.

27 Vermy die kwaad
en doen wat goed is,
dan sal jy vir altyd woon
in die land.
28 Want die Here het die reg lief,
en sal sy getroue dienaars
nie verlaat nie.
Hy sal hulle vir altyd
veilig bewaar,
maar die goddelose se kinders
sal vergaan.

29 Die regverdiges
sal die land besit
en daar vir altyd woon.
30 Die regverdige het wyse raad;
wat hy sê, is regverdig.
31 Die gebooie van sy God
is in sy hart.
Hy sal nie ’n voet
verkeerd sit nie.

32 Die goddelose
wag die regverdige in,
en wag vir die kans
om hom dood te maak.
33 Maar die Here verhoed
dat hy in hulle mag val
sodat hulle hom
skuldig kan bevind
wanneer hy voor die gereg kom.

34 Vertrou die Here
en volg sy voorskrifte.
Hy sal jou ophef
sodat jy die land sal besit
en die goddelose se uitwissing sal sien.
35 Ekself het dit sien gebeur:
Hoogmoedige en bose mense
floreer soos welige bome.
36 Maar toe ek weer kyk, was hulle weg!
Hoewel ek hulle gesoek het,
kon ek hulle nie kry nie!

37 Maar kyk na hulle
wat eerlik en opreg is,
want die toekoms van so ’n mens
is vol vrede.

38 Maar oortreders
word saam vernietig;
hulle toekoms
sal tot ’n einde kom.

39 Die Here red die regverdiges;
Hy is ’n toevlug
in moeilike tye.

40 Die Here help hulle,
en red hulle
van goddelose mense.
Hy red hulle,
want hulle skuil by Hom.


♡🩷♡

Psalm 62:8-9 NLV
8 God is my redding
en my krag;
God is my sterke rots
en my toevlug.
9 Vertrou op Hom te alle tye,
my volk,
stort jou hart uit voor Hom,
want God is ons toevlug.
                        Sela

Deuteronomium 31:6
Wees sterk en hou moed! Moenie vir hulle bang wees nie! Die Here julle God sal met julle wees. Hy sal julle nie in die steek laat nie en julle nie verlaat nie.”

Hebreërs 13:5
Hou julle lewe vry van die honger na geld. Laat wat julle het, vir julle genoeg wees. Onthou dat God die versekering gegee het:

“Ek sal jou nie los nie.
   Ek sal jou nie in die steek laat nie.”

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
https://music.youtube.com/watch?v=-oJKS0vIHqY
Forever I Will Sing / Psalm 35
Timeless Hebrew Tunes • Renewed in YAH's Love:
The Sound of Soul Restoration • 2025

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Donderdag, Maart 06, 2025

Saam met Christus Lewend Gemaak

 

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Saam met Christus Lewend Gemaak

EFESIËRS 2:1-10 NLV
¹ As gevolg van julle verkeerde lewe en sondes was ook julle geestelik dood.
² Julle leefstyl destyds is bepaal deur hierdie bose wêreld, ja, deur die regeerder van die mag wat in die lug is. Dit is die gees wat nou nog werk in almal wat aan God ongehoorsaam is.
³ Ons almal het vroeër so gelewe. Ons gedrag is bepaal deur ons sondige begeertes. Elke sondige wens wat in ons gedagtes opgekom het, het ons sommer net gedoen. Soos die ander mense was ons vanselfsprekend vir God se straf bestem.
Maar God se ontferming is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefgehad het, was so groot
dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met Christus lewend gemaak het. Dis dus God se genade wat maak dat julle verlos is!
⁶ Omdat ons aan Christus Jesus verbind is, het God ons saam met Hom opgewek en saam met Hom ’n sitplek in die hemel gegee.
⁷ So sal God ook in die tye wat kom, bewys dat Hy heeltemal oorloop van genade. Die goedheid wat God ons deur Christus Jesus gegee het, sal as bewys dien.
⁸ Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ’n gawe van God.
⁹ Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie,
¹⁰ want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Sondag, Januarie 12, 2025

Geloof Red

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Sondes is Vergewe
Geloof Red

Lukas 7:47-50 NLV
47 Ek sê vir jou, haar sondes – en dit is baie – is vergewe, omdat sy baie liefde aan My bewys het. Maar iemand vir wie min sondes vergewe is, betoon maar min liefde!”

48 Toe sê Jesus vir die vrou: “Jou sondes is vergewe.”

49 Die mans aan tafel sê toe onder mekaar: “Wie dink hierdie man is hy om rond te gaan en sondes te vergewe?”

50 En Jesus sê vir die vrou: “Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.”

♡🩷♡
Hebreërs 11:6 NLV
As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, beloon.

1 Timoteus 1:14
Hoe oorvloedig was die onverdiende goedheid van ons Here nie en hoe het Hy my nie oorlaai met geloof en met die liefde wat ons deel word wanneer ons aan Christus Jesus verbind word nie.

Matteus 9:2
Hulle bring toe vir Hom ’n verlamde man wat bedlêend was. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: “Jongman, skep moed! Jou sondes word jou vergewe.”

Markus 2:5
Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde man: “My seun, jou sondes word vergewe.”

Matteus 9:3
Party van die skrifkenners dink toe by hulleself: “Dit is absolute laster!”

Markus 2:7
“Wat? Dis tog laster! Net God kan sondes vergewe!”

Lukas 5:21
“Wie dink hierdie man is hy?” het die skrifkenners en Fariseërs vir mekaar gevra. “Dit is godslasterlik! Wie behalwe God kan sondes vergewe?”

Matteus 9:22
Toe Jesus omdraai en haar sien, het Hy vir haar gesê: “Skep moed, my dogter. Omdat jy so vas geglo het, is jy nou gesond.” En die vrou was van daardie oomblik af heeltemal genees.

Markus 5:34
Hy het vir haar gesê: “My dogter, omdat jy so vas geglo het, het jy gesond geword. Gaan in vrede en wees vir altyd genees van jou kwaal.”

Markus 10:52
Toe het Jesus vir hom gesê: “Gaan maar. Omdat jy so vas geglo het, het jy gesond geword.” Dadelik kon hy sien en hy het op die pad agter Jesus aan gegaan.

Lukas 8:48
“Dogter,” het Hy vir haar gesê, “jou geloof het jou genees. Gaan in vrede.”

Lukas 18:42
Jesus het hom geantwoord: “Sien weer! Jou geloof het jou gered.”

📖 Bible

🎵  Song  🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Maandag, Desember 30, 2024

Spoeg & Stof

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
Dinsdag 24 September 2014

SPOEG & STOF

Ek het na die Christelike sangeres Ri-An se nuutste liedjie 'Made For More' geluister en die albumomslag het my aandag getrek. Dit is 'n man gemaak van stof/sand wat uit die stof opstaan. Dadelik het 'n gedagte by my opgekom dat Jesus 'n blinde man se oë met sy spoeg en modder genees het. Ek het gedink dis hoe God ons geskep het, uit die stof en Jesus het op die grond gespoeg en modder gemaak om die man se oë te genees. God vorm ons ook in ons moederskoot. Ek het by daardie gedagte begin huil. Dit het van Jesus gekom. Hoe ontsagwekkend is ons God!

♡🩷♡
Genesis 2:7 AFR20
'het die Here God die mens met stof uit die grond gevorm, en in sy neus die asem van lewe geblaas. So het die mens 'n lewende wese geword.'

Genesing van 'n blindgebore man
Johannes 9:6-7 AFR20
6 Nadat Hy dit gesê het, het Hy op die grond gespoeg en modder van die speeksel gemaak, die modder aan sy oë gesmeer 7en vir hom gesê: “Gaan was jou in die bad van Siloam” – wat, as dit vertaal word, ‘gestuurde’ beteken. Hy het toe gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien.

Genesing van 'n blinde man in Betsaida
Markus 8:22-26 AFR20
22 Hulle kom toe in Betsaida aan. Die mense het 'n blinde man na Jesus gebring en Hom gesmeek om hom aan te raak.
23 Toe vat Hy die blinde man aan die hand en lei hom uit die dorp uit weg. En nadat Hy op sy oë gespoeg en sy hande op hom geplaas het, vra Hy hom: “Sien jy iets?”
24 Die man het opgekyk en gesê: “Ek sien die mense. Ek sien hulle rondloop soos bome.”
25 Daarop sit Jesus weer sy hande oor die man se oë, en het sy oë oopgemaak, en hy was genees en kon alles duidelik sien.
26 Jesus het hom huis toe gestuur en gesê: “Moenie in die dorp ingaan nie.”

Psalms 139:13 AFR20
Dit is immers U wat my niere geskep het,
my in die moederskoot geweef het.

Genesis 3:19 AFR20
Met sweet aan jou gesig
sal jy brood eet,
totdat jy terugkeer na die grond;
want daaruit is jy geneem
ja, stof is jy,
en tot stof sal jy terugkeer.”

📖 Bible

🎵  Song  🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Woensdag, Desember 25, 2024

Vermoeide Wêreld

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

'n Vermoeide Wêreld Juig

Heilige Jesus, eniggebore Seun van God, die Woord van God wat vlees geword het, is God se gawe van bo aan 'n wêreld wat 'n Verlosser nodig het. Christus Jesus het na die wêreld gekom om sondaars te red. Jesus Christus het lig in die wêreld en in ons harte gebring. Wees bly oor wat God vir hierdie goddelose wêreld en ellendige sondaars gedoen het, want God het ons lief. Jesus is die Lig van die wêreld, die Alfa & Omega, die EK IS, ons Verlosser. Geseënd is Sy heilige Naam. Wees bly! Daar is hoop vir ellendige sondaars wat hulle bekeer.

God seën almal wat hier lees in Here Jesus se geseënde, heilige Naam.

♡🩷♡
Mattheus 11:28-30 AFR20
28 “Kom na My toe, almal wat vermoeid en swaar belas is, en Ek sal julle rus gee.
29 Neem my juk op julle, en leer van My, omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is, en julle sal rus vind vir julle gemoed.
30 Want my juk is draaglik en my las is lig.”
 

📖 Bible

🎵  Song  🎵


♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Donderdag, November 14, 2024

Vertrou Jesus en Vreugde sal Ontspring

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Vertrou Jesus en Vreugde sal Ontspring

Romeine 15:13 AFR20
Mag die God van hoop julle deur julle geloof met alle blydskap en vrede vervul, sodat julle hoop oorvloedig kan word deur die krag van die Heilige Gees.

♡🩷♡
©Coffman, James Burton. "Kommentaar op Romeine 15:13".
"So 'n heerlike vrede en vreugde is beskikbaar uit geen ander bron as die lewe van geloof in Jesus Christus nie. Hierdie onskatbare skenkings van die siel is die Christen se kenteken van ewige erfenis, sy ware geloofsbriewe van hemelse burgerskap, en sy ondeurdringbare verdediging teen al die verdrukkinge en versoekings van die lewe. Met vrede met God en die vreugde van die Gees in sy siel, is die Christen waarlik verlos."
Bron: https://www.studylight.org/commentary/romans/15-13.html


♡🩷♡
Jesaja 12:3
Julle sal met vreugde water skep uit die fonteine van verlossing.

John 4:10, 14
¹⁰ Jesus het haar geantwoord: “As jy van die gawe van God geweet het, en wie dit is wat vir jou vra, ‘Gee vir My water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het. ”
¹⁴ maar wie van die water drink wat Ek hom gee, sal tot in ewigheid nooit dors kry nie. Die water wat Ek hom gee, sal in hom 'n fontein van water word wat opborrel tot die ewige lewe.


John 7:37-38
³⁷ En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gaan staan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My kom, en drink!
³⁸ Hy wat in My glo, soos wat die Skrif sê, ‘Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.’ ”


Psalms 36:9-10
Hulle drink hulle versadig
aan die oorvloed van u huis,
uit die stroom van u genietinge
laat U hulle drink.

¹⁰ Ja, by U is die fontein van lewe, *
in u lig sien ons lig.


Jesaja 44:3-4
³ Want Ek sal water uitgiet
op dorre aarde,
waterstrome op droë grond.

Ek sal my Gees uitgiet
op jou nageslag,
en my seën op jou nakomelinge.
Hulle sal groei tussen gras,
soos rivierwilgers
langs waterstrome
.

Joël 2:23
Kinders van Sion, juig en wees bly
in die Here julle God,
want Hy gee vir julle reën
as teken van geregtigheid
,
soos voorheen, sal Hy stortbuie
en laatreëns vir julle laat uitsak.


📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Maandag, November 11, 2024

Bewegende Skaduwees

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
Bewegende Skaduwees
PSALMS 39:7-8 NLV
Die mens is net ’n bewegende skaduwee. Al sy gejaagdheid is tevergeefs: Hy versamel rykdom, maar weet nie wie dit gaan gebruik nie.  
Here, waarop kan ek dan hoop? U is my enigste hoop.  

♡🩷♡
PSALMS 49:11 NLV
Almal kan sien: Wyse mense sterf, ook die dwaas en die stommerik, en laat hulle rykdom agter vir ander.

PREDIKER 2:18-19 NLV

¹⁸ Ek was moeg vir alles waarvoor ek in hierdie wêreld hard gewerk het, want ek moet dit alles nalaat aan die een wat ná my kom.  
¹⁹ En wie sal weet of hy ’n wyse of dwaas gaan wees? En tog sal hy beheer uitoefen oor alles wat ek met moeite en wysheid onder die son tot stand gebring het. Dit alles is dus sinloos!  

LUKAS 12:20 NLV
“Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas! Vannag nog sal jy sterf. En alles wat jy bymekaargemaak het, wie sal dit kry?’  

1 KORINTIËRS 7:31 NLV
Dié wat gebruik maak van die dinge van hierdie wêreld, moenie daaraan geheg raak nie. Want hierdie bedeling gaan verby.

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Saterdag, November 02, 2024

God van Ontferming

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

God ons Abba Vader
God van Ontferming

Psalms 103:13-16 NLV
¹³ Soos ’n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor hulle wat Hom dien.  
¹⁴ Hy weet tog waarvan ons gemaak is; Hy weet dat ons net stof is.  
¹⁵ Die mens se lewensduur is soos gras, soos veldblomme wat welig blom.  
¹⁶ As die wind daaroor waai, is dit weg, ’n mens sien die plek waar dit was nie meer nie.  

♡🩷♡
Maleagi 3:17 NLV
Die Here, die Almagtige, sê: “Die dag as Ek ingryp, sal hulle my kosbare besitting wees. Ek sal sagkens met hulle werk, soos ’n pa met sy kind wat lojaal aan hom is.  

Jesaja 40:6-8 NLV
’n Stem sê: “Roep!” Ek het gevra: “Wat moet ek roep?” “Roep uit: Alle mense is soos gras. Hulle bekoorlikheid is soos blomme van die veld.  
Gras verdor en blomme verwelk as die Here sy asem daaroor laat waai. So is dit ook met mense.  
Gras verdor, blomme verwelk, maar die woord van God bly vir altyd.”  

Jakobus 1:9-11 NLV
Gelowiges wat nie status in die samelewing het nie, moet trots wees op die status wat God aan hulle gee.
¹⁰ Gelowiges wat ryk is, moet bly wees oor hulle nederige status voor God. Want hulle rykdom sal soos die veld se blomme net ’n rukkie hou.
¹¹ Julle weet mos: Die warm son kom met gloeiende hitte op en verskroei die veld. Die blomme val af, en die veld se prag is weg. So sal die rykes ook met alles wat hulle bymekaargemaak het, vergaan.   

1 Petrus 1:24 NLV
Soos die profeet sê: “Elke liggaam is soos gras; al sy skoonheid is soos ’n veldblom. Die gras verskroei, en die blom verlep.  

Job 7:9-10 NLV
Net soos ’n wolk verdamp en verdwyn, so kom niemand weer terug uit die graf nie.  
¹⁰ Hulle is vir altyd weg van hulle huis af en hulle woning sien hulle nie weer nie.  

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Woensdag, Oktober 30, 2024

'n Seëning

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

🕊'n Seëning🕊

Mag God jou bewaar en
sy lamp bo jou hoof skyn en jy
by sy lig die duisternis deurwandel.
Mag die verborgenheid van God
oor jou woonplek wees en
die Almagtige by jou wees.
Mag jou voetstappe gewas word in dikmelk
en die rots by jou strome van olie uitgiet.
In die geseënde Naam van ons Here Jesus, Amen.


(Geïnspireer uit Job 29:2-6)

♡🩷♡
JOB 29:2-6 AFR53
² Ag, was ek maar soos in die vorige maande, soos in die dae toe God my bewaar het;
³ toe sy lamp bo my hoof geskyn het, ek by sy lig die duisternis deurwandel het;
soos ek was in my herfsdae toe die verborgenheid van God oor my tent was;
toe die Almagtige nog by my was, my kinders rondom my;
toe my voetstappe gewas is in dikmelk en die rots by my strome van olie uitgegiet het.

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Donderdag, Julie 25, 2024

Oorkom Angstigheid Se Leuens

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Oorkom Angstigheid
Se Leuens Deur
God se Waarheid
In Sy Woord Te Glo

God het my lief en hy gee om.

1 Johannes 4:18 AFR20
¹⁸ In die liefde is daar geen vrees nie. Inteendeel, volmaakte liefde dryf die vrees na buite; want vrees het te doen met straf, en wie vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie. 

God is in beheer.

Psalms 121:1-8 AFR20
¹ 'n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: Waar sal my hulp vandaan kom?
² My hulp is van die Here, wat hemel en aarde gemaak het.
³ Hy sal nie toelaat dat jou voet struikel nie; jou Beskermer sal nie insluimer nie.
⁴ Kyk, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie.
⁵ Die Here is jou Beskermer; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.
⁶ Bedags sal die son jou nie skaad nie, en snags ook nie die maan nie.
⁷ Die Here sal jou beskerm teen elke onheil; Hy sal jou lewe beskerm.
⁸ Die Here sal jou uitgaan en jou terugkeer beskerm van nou af en vir altyd.

God sal my nooit in die steek laat nie.

Deuteronomium 31:6 AFR20
⁶  Wees dapper en sterk; moenie bang wees nie en moenie vir hulle skrik nie, want die Here jou God, Hy is die Een wat saam met jou gaan; Hy sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie.”

God het my beste belang in gedagte.

Romeine 8:28 AFR20
²⁸ Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir hulle wat Hom liefhet, vir hulle wat volgens sy voorneme geroep is; 

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Sondag, Julie 21, 2024

Angstigheid & Eensaamheid

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Angstigheid & Eensaamheid

Wanneer Ontstellende Gedagtes Meer Word, Beur God se Vertroosting Jou Op

Psalms 94:18-19 AFR20‬
¹⁸ As ek dink my voet gaan swik, dan ondersteun u troue liefde my, Here. 

¹⁹ Wanneer ontstellende gedagtes meer word in 

my binneste, dan beur u vertroosting my op.


♡🩷♡
Psalms 18:36

U het vir my u skild van verlossing gegee,

u regterhand ondersteun my en u antwoord 

maak my sterk.


Psalms 66:9
⁹ [Prys ons God,] Hy wat aan ons lewe gee,

nie toelaat dat ons voete swik nie.


Psalms 121:3
Hy sal nie toelaat dat jou voet struikel nie;

jou Beskermer sal nie insluimer nie.


Jesaja 57:18
Sy paaie het Ek gesien, maar Ek sal hom genees.

Ek sal hom lei en hom met vertroosting vergoed. 

En vir hulle wat oor hom treur,


Jesaja 66:13
Soos iemand se moeder hom troos,

so sal Ek self julle troos;🩷

in Jerusalem sal julle getroos word.

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Dinsdag, Mei 28, 2024

Veiligheid in God

Veiligheid van Diegene Wat op die Here Vertrou, en Onsekerheid van die Goddeloses

 PSALMS 37:1-11 AFR83‬
¹ Van Dawid. Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie,
² want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer.
³ Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.
⁴ Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
⁵ Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.
⁶ Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag.
⁷ Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie.
⁸ Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.
⁹ Die skelms sal uitgeroei word, maar dié wat hulle vertroue in die Here stel, sal in besit bly van die land.
¹⁰ Nog 'n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie; 'n mens sal hom soek waar hy was, maar hy sal nie daar wees nie.
¹¹ Dié wat nou verdruk word, sal die land besit en hulle verlustig in hulle welvaart.

📖Bybel

🎵Lied


 

Sondag, Mei 26, 2024

God IS in Beheer

 ♡ God IS in Beheer ♡

 ♡ Moenie Moed Verloor Nie ♡

♡~•~♡~•~♡~•~♡~•~♡~•~♡~•~♡

Want God het dit op hulle harte gelê om sy bedoeling uit te voer, en om een doelwit voor oë te hê: om hulle koningskap aan die dier beskikbaar te stel, totdat God se woorde hulle volledige doel bereik het.
Openbaring 17:17 AFR20

~♡~
Die koning se hart is waterstrome in die hand van die Here: Hy lei dit waarheen Hy wil.
Spreuke 21:1 AFR20

Julle het kwaad teen my beplan, maar God het dit vir iets goeds in gedagte gehad, met die doel om te doen wat vandag gebeur – om 'n groot volk aan die lewe te hou.
Genesis 50:20 AFR20

Rig by die stadsmuur van Babel 'n banier op! Versterk die wagposte; plaas wagte uit! Kry dié wat in hinderlae lê, gereed! Ja, die Here het sowel beplan as uitgevoer wat Hy vir die inwoners van Babel gesê het.
Jeremia 51:12 AFR20

En aan God die dank, wat dieselfde ywer in julle belang in die hart van Titus gegee het.
2 Korinthiërs 8:16 AFR20

En daarom laat God die krag van dwaling oor hulle kom, sodat hulle die leuen sal glo,
2 Thessalonisense 2:11 AFR20

Maar gedurende die dae wanneer die sewende engel op sy trompet gaan blaas, sal die misterie van God sy doel bereik, soos wat Hy dit as goeie boodskap aan sy diensknegte, die profete, verkondig het. ”
Openbaring 10:7 AFR20

♡~•~♡~•~♡~•~♡~•~♡~•~♡~•~♡

📖Bybel

Lied


Vrydag, Mei 03, 2024

Niemand Moet Verlore Gaan Nie

 God het die wêreld so liefgehad dat Hy aan ons Jesus Christus, sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe kan hê. Laat ons nie bly wees wanneer ons vyande val nie. Dit sal God geensins tevrede stel nie. Christene, moenie dat julle liefde koud word as gevolg van die toename in sonde/wetteloosheid nie. God het jou en my gered en ons was ook opstandig teen God en het teen Hom gesondig, maar Hy het ons vergewe toe ons geglo het in die boodskap oor Jesus Christus en van ons sondes bekeer het. Wees geduldig met mekaar en met ongelowiges. Bid eerder vir hulle as om hulle te veroordeel. Ons lief baie omdat ons baie vergewe is. Wel, dit is hoe dit behoort te wees; ons liefde moet groot/baie wees. Kyk hoe lief het God alle sondaars, dat Jesus aan die kruis gesterf het terwyl ons nog almal sondaars was. Sy begeerte is dat sondaars moet glo in die naam van Jesus en van hul goddelose weë bekeer en gered word. Hardloop na Jesus toe alle sondaars. Hy wag vir jou met ope arms om jou in die Geliefde te ontvang. Hy sal jou nooit begewe of verlaat nie. Wie sou 'n liefde soos hierdie verwerp?

🕊🩷🕊🩷🕊🩷🙌🩷🕊🩷🕊🩷🕊

Spreuke 24:17-18 AFR20
17 Wanneer jou vyand val,
moet jou nie verheug nie;
wanneer hy tot 'n val kom,
laat jou hart nie jubel nie.
18 Anders sien die Here dit,
en is dit verkeerd in sy oë;
dalk wend Hy sy toorn van hom af.

Esegiël 33:11
'Sê vir hulle, ‘So seker as wat Ek leef, is die uitspraak van my Heer, die Here: “Ek vind geen vreugde in die dood van die goddelose nie, maar wel vreugde daarin dat 'n goddelose terugkeer van sy pad, en leef. Keer terug, keer terug van julle bose paaie! Waarom moet julle sterf, huis van Israel?”’'

Esegiël 18:23
' Sou Ek enige vreugde vind in die dood van 'n goddelose?” is die uitspraak van my Heer, die Here. “Is vreugde nie eerder daarin geleë dat hy van sy verkeerde paaie terugkeer en leef nie? '

2 Petrus 3:9
'Die Here stel nie die belofte uit, soos party mense dink nie. Inteendeel, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê sommige mense moet verlore gaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.'

Titus 2:11
'Want die verlossende genade van God het verskyn vir alle mense, '

🕊🩷🕊🩷🕊🩷🙌🩷🕊🩷🕊🩷🕊

bible.com

None Should Perish


Vrydag, September 18, 2020

God dra ons in Sy arms

Shalom heiliges van God.🤗💜🕊
God beskerm ons, Hy koester ons, sy uitverkorenes. In Hom sal ons nooit val nie. Soos 'n Herder wat voor ons uit gaan, dra God ons vir ewig in sy arms!  Halleluyah! Amen.  Dankie Abba Vader, dankie Here Jesus.🥰🙌💜🕊🦢🤍💎

Dinsdag, Junie 11, 2019

Jesus Is God

JESUS, SEUN VAN GOD

IS GOD WAT VLEES KOM WORD HET

Jesus is die Seun van God. Jesus is die Woord van God. In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God, en die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon.  Jesus is God geopenbaar in die vlees!     Halleluyah!  Amen.👐♥️🕊️✝️

Daarom sal die Here self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem.
🌟JESAJA 7:14 AFR53

Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
🌟MATTHÉÜS 1:23 AFR53

Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors —
🌟JESAJA 9:5 AFR53

🌟Die Ewige Woord🌟
IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.
🌟JOHANNES 1:1‭, ‬14 AFR53

En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid.
🌟I TIMÓTHEÜS 3:16 AFR53
🌟🌟🌟🌟🌟🌟🌟†🌟🌟🌟🌟🌟🌟🌟

 

Donderdag, Februarie 22, 2018

Die Strengheid van God

STRENGHEID VAN GOD

 Baie Christene dink net oor die goedheid van God, maar vergeet van die strengheid van God. Laat ons dan ook onthou van Sy strengheid, sodat ons uit Sy goedheid sal lewe, sodat ons nie uitgekap sal word nie.

Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. En moenie by julleself sê: ‘Ons het Abraham as voorvader’ nie, want dit sê ek vir julle: God kan uit hierdie klippe kinders vir Abraham verwek. Die byl lê al klaar teen die wortel van die bome. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.”
Hy antwoord hulle: “Wie twee kledingstukke het, moet dit deel met iemand wat nie het nie, en wie kos het, moet dieselfde doen.”

LUKAS 3:8‭-‬9‭,11


Dinsdag, Februarie 13, 2018

Oë gesluit vir dit wat sleg is?

Ek groet julle in die lieflike Naam van ons Here Jesus Christus.🤗💞  Mag God Sy aangesig vandag oor jou en jou familie en al jou geliefdes laat skyn.

Ons God is 'n ewige gloed! 'n Verterende vuur! Laat ons in heiligheid voor Hom lewe, laat ons daarna streef om nie in doelbewuste sonde te lewe nie. Kyk na daardie laaste deel van die vers, "wat sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie".
Dit laat my dink aan die gemors wat mense op TV en in rolprente na kyk en die gemors wat hulle hulle oë op lê in vieslike tydskrifte.

Laat ons as geheiligdes van God waak oor wat ons oë aanskou.  Laat ons wegbly van bose dinge.  Satan gebruik elke kans om ons te versoek met die begeerlikhede van die vlees.  Hy doen dit deur die dinge waarna ons kyk en waarna ons luister.  Laat ons dan versigtig wees soos slange en slegs die wil van ons Vader in die hemel doen.  Alles tot eer van Sy Heilige Naam.

Hoe is dit tot eer van God se Heilige Naam wanneer Sy bloedgekoopte kinders volhard in doelbewuste sonde?  Dit bewys dat ons nie wandel in die krag van die Heilige Gees nie, maar dat ons nog steeds beheer word deur ons vlees.

Ja ons as Christene sondig wel, maar daar is 'n sonde wat nie tot die dood is nie en daar is 'n sonde wat tot die dood is, doelbewuste sonde.  Doelbewuste sonde is so ernstig dat ons volgens die skrif nie eens vir so iemand moet bid nie!  Iemand wat in doelbewuste sonde is, dryf al hoe verder en verder van Christus af weg en sal op die ou end wegval van Christus, want hulle volhard met doelbewuste sonde en hulle weier om dit te laat staan.  Hulle gewete word geskroei.

Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is.
 ~1 John 3:9 


Sondag, Desember 24, 2017

Geseënde Kersfees


😊Mag julle 'n baie Geseënde Kersfees hê terwyl ons ons verheug in God se Geskenk aan die mensdom, Sy eniggebore Seun Jesus Christus, wie se geboorte baie blydskap vir die wêreld gebring het. 'n Geskenk wat vir ons verlossing deur genade tot geloof gebring het. 
Watter liefde is dit? 
Onverdiende liefde, onverdiende genade. 
 Dankie Vader vir U heilige Seun Jesus. 
Dankie Vader vir U vreugde & vrede in ons harte. 
Ons het U lief Here ons God!👐💕🕊️🥁🔔📯

🌟Immanuel🌟