16 November 2020

Versoeking/Verdrukking

Shalom dierbares.🤗 ⚘ Ek wil praat oor iets wat baie Christene sê: "God sal jou nie meer gee as wat jy kan hanteer nie".
Hulle sê dit oor siekte, pyn, probleme, wat verkeerd is.

As dit kom by ellende en verdrukking dan gee God ons wel "meer as wat ons kan hanteer". Hy sal toelaat dat die swaar wat ons moet verduur, ver bo ons kragte gaan, sodat ons selfs die hoop om te bly lewe, laat vaar, maar dít is wanneer ons tot die dood toe op God vertrou. 

Wat versoekings betref sal God nie toelaat dat ons bo ons kragte versoek word nie. God sal nie toelaat dat enige versoeking wat meer is as wat 'n ons kan weerstaan, ons oorval nie. maar Hy sal die uitkoms gee,  sodat ons dit kan verduur.  

God seën julle in die Heilige Naam van Jesus ons Here.✝️💜

-       -       -       -       -       -       -
versoeking:
begeerte, drang, jeuk, impuls, neiging, lok, aantrekkingskrag, trek, verleiding, aansporing.
-       -       -       -       -       -       -

Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.
1 KORINTIËRS 10:13 AFR83

Ons wil hê, broers, dat julle moet weet van die moeilikhede [verdrukking] wat ons in die provinsie Asië ondervind het. Die swaar wat ons moes verduur, het ver bo ons kragte gegaan, sodat ons selfs die hoop om te bly lewe, laat vaar het.
2 KORINTIËRS 1:8 AFR83

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking