06 Desember 2020

Daaglikse brood

Shalom, dierbares.♡⚘  Word u daagliks gevoed met geestelike brood,  die woord van God?  In die Onse Vader gebed vra ons God om ons elke dag ons daaglikse brood te gee.  Dit is letterlike kos ja, maar ook geestelike voeding.   Neem God u Vader in die hemel se woord ter harte om Sy wil te doen.

Praat jy met mense oor Jesus?  God sê práát.  Moenie toelaat dat die duiwel jou intimideer deur goddelose mense nie.  Dit is juis hulle wat moet hoor van Jesus.  Ek glo ons moenie argumenteer met hulle nie, maar in liefde vertel van Jesus.  Bid vir hulle.  Wanneer hulle vol spottery en beledigings is, sê wat nodig is soos die Heilige Gees jou lei, en laat staan hulle.  Wanneer hulle jou woorde verwerp, gaan weg as 'n getuienis teen hulle op die oordeelsdag.

God seën jou in Jesus.♡⚘

"Ontvang Sy woord - laat dit in u siel ingaan; verteer dit - laat dit u voeding wees; en laat dit u voedsel en drank wees om die wil van u Vader in die hemel te doen."Adam Clarke Kommentaar


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking