27 April 2024

Dit is ons God

 ♡~•~♡~•~♡🄹🄴🅂🅄🅂♡~•~♡~•~♡
 Dit is ons God! Dit is wie Hy is! Dit is wat Hy doen! Ons God het ons lief! Ons God red ons! Ons God lei ons soos 'n kudde!
Ons Herder! Ons Redder! Ons Rots!
Sy Naam is YHVH. Dit is ons God, Koning Jesus.

PSALMS 77:13-21 AFR83
'Ek wil nadink oor al u werk en oor al u dade peins.
Alles wat U doen, is heilig, o God. Waar is 'n god so groot soos God?
U is die God wat wonderdade doen; U het u mag onder die volke geopenbaar.
U het u volk deur u krag gered, die kinders van Jakob en Josef. Sela
Toe die waters U sien, o God, toe die waters U sien, het hulle gebewe, die diep waters het gesidder.
Die wolke het water uitgegiet, uit die donderwolke het dit gedreun, u weerligte het in alle rigtings geblits.
U donderslae het die lugruim gevul, weerligstrale het die wêreld verlig, die aarde het geskud en gebewe.
U het deur die see gekom, u weg deur magtige waters gebaan. Niemand het u spoor gesien nie.
U het u volk soos 'n kudde gelei deur die hand van Moses en Aäron.'

~♡~

PSALMS 78:12-16 AFR83
'Voor die oë van hulle voorvaders het Hy wonders gedoen in Egipte, in die veld by Soan.
Hy het die see oopgekloof en hulle laat deurtrek. Hy het die water laat opdam en dit het soos 'n muur gestaan.
Bedags het Hy hulle met 'n wolk gelei, snags met die lig van 'n vuur.
Hy het rotse in die woestyn oopgekloof en soos by groot waterstrome almal se dors geles.
Hy het water uit die rots laat stroom, dit soos riviere laat vloei.'

~♡~

PSALMS 40:3-6 AFR83
'Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op 'n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop.
Hy het my 'n nuwe lied in die mond gelê, 'n loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou!
Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel en hom nie wend tot duister magte en tot mense wat hulle met skyngode ophou nie.
Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie. Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem.'

bible.com

Dit Is Ons God

 ♡~•~♡~•~♡🄹🄴🅂🅄🅂♡~•~♡~•~♡


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

🩷Wees asseblief respekvol in jou kommentaar. Haatlike, rassistiese, diskriminerende, antisemitiese of neerhalende kommentaar sal nie goedgekeur word nie. Jou respekvolle kommentaar (al stem jy nie saam nie) is welkom en word waardeer.🕊️