20 April 2024

Staan op! Verhef jou stem!

Facebook verhinder my om by my persoonlike rekening aan te meld en daarom kan ek nie my twee Christelike blaaie wat ek deur daardie persoonlike rekening geskep het, administreer nie. Ek het daardie bladsye jare gelede gemaak en dit het jare geneem om dit te laat groei. FB verhoed my om toegang tot my rekening te kry en dit vir geen rede nie. Hulle het vir my twee e-posse gestuur, dat iemand my wagwoord wou verander. Ek het gedink dit is vals en het dit geïgnoreer en gehaas om twee-faktor-verifikasie te aktiveer. Toe begin my probleme en ek kon nie weer aanmeld nie al het FB my toegelaat om my wagwoord te verander. FB hou aan om vir my 'n pop-up te gooi wat beweer hulle herken nie die toestel waarvandaan ek probeer aanmeld nie. Absoluut belaglik. Ek gebruik altyd my foon en skootrekenaar. Ek het FB 'n e-pos gestuur, maar het niks van hulle gehoor nie.

Ek het soveel trane oor my Facebook-blaai gestort. Ek het daaroor gebid en nou die dag het God my in Sy woord gelei en ek het geweet dit is vir my! Om nie op te hou nie, maar om voort te gaan om my stem te verhef om goeie tyding te bring.

Mag God my sewevoudig seën wat die vyand van my gesteel het. Wie weet, dalk kry God my blaaie terug of dalk het God dit toegelaat omdat Hy iets beters vir my het. God sal sorg.

Moet nooit hierdie platforms vertrou nie. Hulle sal jou kanselleer met die klik van 'n knoppie.

Wanneer die vyand probeer om jou stem stil te maak, staan op! Verhef jou stem! Verhef die naam van JESUS!

🕊🩷🕊🩷🕊🩷🙌🩷🕊🩷🕊🩷🕊

JESAJA 40:9, 11 AFR83‬
⁹ Klim op 'n hoë berg en roep hard, Sion, jy wat die goeie tyding moet bring; roep hard, Jerusalem, jy wat die goeie tyding moet bring, moenie bang wees nie. Sê vir die stede van Juda: “Julle God is hier!”
¹¹ Soos 'n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie.


Staan op God se Volk ~ Klik om liedjie te luister

🕊🩷🕊🩷🕊🩷🙌🩷🕊🩷🕊🩷🕊


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

🩷Wees asseblief respekvol in jou kommentaar. Haatlike, rassistiese, diskriminerende, antisemitiese of neerhalende kommentaar sal nie goedgekeur word nie. Jou respekvolle kommentaar (al stem jy nie saam nie) is welkom en word waardeer.🕊️