Dinsdag, Junie 04, 2024

Vergeet die Voormalige Dinge van Ouds

 πŸ•ŠπŸ©·πŸ•ŠπŸ©·πŸ•ŠπŸ©·πŸ•ŠπŸ©·πŸ•ŠπŸ©·πŸ•ŠπŸ©·πŸ•Š

Aan Christene wat by die Vorige Dinge Stilstaan; Vergeet die Voormalige Dinge van Ouds

Ek is soms geneig om terug te dink aan my vorige sondes en weer van voor af skuldig te voel. Hoe durf ek, as God daardie sondes vergewe het? Die Here het vandag met my gepraat deur Sy heilige woord.
My sondes is in die bloed van my Jesus witter as sneeu gewas. Ek is vergewe! God het daarvan vergeet! Ek is 'n nuwe mens. God my hemelse Vader sien my bekleed met Here Jesus se geregtigheid elke keer as ek na Hom toe kom in gebed, danksegging en lofprysing. Ek het die ewige lewe as Christen. Ek het vrede met God. Om Geestelik ingestel te wees is lewe en vrede!
Kyk dus vorentoe kind van God, met jou oΓ« gevestig op Jesus en fokus op hemelse dinge en alles wat Hy vir jou gedoen het en wees bly! Niemand kan ons beskuldig nie, want Jesus het alles vir ons sondes gegee. Hy het Sy lewe gegee en dit weer teruggeneem! Wat 'n Magtige God.πŸ˜‡πŸ©·πŸ•Š

‭Jesaja 43:18 AFR20‬
¹⁸ “Moenie dinge van vroeΓ«r in herinnering roep nie; op vorige gebeure moet julle nie die aandag vestig nie."

♡🩷♡
‭Jesaja 43:1-3a ‬
¹ “Maar nou,” so sΓͺ die Here, jou Skepper, Jakob, die Een wat jou gevorm het, Israel, “moenie bang wees nie, want Ek het jou losgekoop, Ek het jou op jou naam geroep – aan My behoort jy.
² As jy deur water moet gaan – Ek is by jou, of deur riviere – hulle sal jou nie oorspoel nie. As jy deur vuur moet gaan – jy sal nie geskroei word nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
³ Want Ek is die Here, jou God, die Heilige van Israel, jou verlosser...

‭Romeine 8:6
⁶ Die denke van ons sondige aard loop uit op die dood, maar die denke van die Gees bring lewe en vrede.

‭‭GalasiΓ«rs 6:8
⁸ Hy wat in die vlees saai, sal uit die vlees vernietiging oes, maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe oes.

‭‭Romeine 6:21-23
²¹ Watter vrug het julle destyds verkry? Oor daardie dinge skaam julle julle nou, want die uiteinde daarvan is die dood.
²² Maar, noudat julle van die sonde vrygemaak is en diensbaar aan God geword het, lewer julle die vrug van heiligmaking, en die uiteinde hiervan is die ewige lewe.
²³ Want die loon van die sonde is die dood; maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

πŸ“–Bybel

🎡 Lied 🎧

πŸ•ŠπŸ©·πŸ•ŠπŸ©·πŸ•ŠπŸ©·πŸ•ŠπŸ©·πŸ•ŠπŸ©·πŸ•ŠπŸ©·πŸ•Š


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Wees asseblief respekvol in jou kommentaar. Haatlike, rassistiese, diskriminerende, antisemitiese of neerhalende kommentaar sal nie goedgekeur word nie. Jou respekvolle kommentaar (al stem jy nie saam nie) is welkom en word waardeer.