♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
Jesus Christus
Oorwinning Oor die Dood
Filippense 3:10-11 NLV
10 Op hierdie manier kan ek Christus ken en die krag beleef wat Hom laat opstaan het. Deur saam met Hom te ly kry ek deel aan sy dood
11 in die hoop dat ek die opstanding uit die dood kan beleef!
♡🩷♡
Matteus 28:6 NLV
Hy is nie hier nie, want Hy is opgewek uit die dood, presies soos Hy gesê het...
Efesiërs 1:19-20
19 Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat glo.
Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk
20 toe God Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het.
Romeine 6:3-5
3 Of het julle vergeet dat ons met ons doop een geword het met Christus Jesus en so saam met Hom gesterf het?
4 Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur ’n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook ’n totaal nuwe lewe leef.
5 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons ook saam met Hom opgewek word tot ’n nuwe lewe.
2 Korintiërs 1:5
Net soos ons ’n oorvloed ontberings ter wille van Christus deurmaak, só beleef ons ook oorvloedige bemoediging deur Christus se bemiddeling.
1 Petrus 4:13
Dit moet julle liewer bly maak, want só deel julle in die lyding van Christus. Later sal julle wonderlike vreugde ervaar wanneer sy heerlikheid bekendgemaak word en julle daarin deel.
Handelinge 26:6-8
6 En nou staan ek tereg oor my hoop op die belofte aan ons vaders, ’n belofte wat deur God self gegee is.
7 Dit is juis hierdie belofte wat ons volk se twaalf stamme hoop om te verkry, wat maak dat hulle God dag en nag met volle inspanning dien. En nou is dit oor hierdie hoop, U Majesteit, dat ek deur die Jode aangekla word!
8 Waarom is dit vir u almal so onmoontlik om te glo dat God dooies opwek?
1 Korintiërs 15:23
23 Maar daar is ’n bepaalde volgorde hieraan verbonde: Christus was die eerste Een; daarna, wanneer Christus terugkom, sal al sy mense opgewek word.
Openbaring 20:5
Die oorblywende dooies het nie weer lewend geword voordat die 1 000 jaar om was nie. Dit is die eerste opstanding.
📖 Bybel
🎵 Lied 🎵
https://music.youtube.com/watch?v=afIHyLJD_1E
Crown Him with Praise (Studio Version)
River Valley Worship
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡