♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
Die Here Red die Regverdiges
In Moeilike Tye
(Die Here het my Sondag, 13 April 2025 in Sy woord gelei na ek met Hom gepraat het oor ons politiek en radikale politieke partye, ons regstelsel en sommige instellings waar geregtigheid nie geskied nie. Ek het God gevra om ons te beskerm teen burgeroorlog of inval van buite ons landsgrense, dat hulle nie mense se plase en eiendomme net sal vat nie. Toe lees ek Psalm 37 en sekere verse trek my aandag. Ek haal die verse aan wat tot my hart gespreek het oor ons land se situasie (én die wéreld) en wat ek moet doen.)
PSALMS 37:1,2,3-20,22-24,27-40 NLV
1 Moenie jou vererg
oor boosdoeners nie.
2 Want soos gras verlep hulle gou.
Soos plante
verdroog hulle vinnig.
3 Vertrou op die Here
en doen wat goed is.
Woon in die land
en geniet veiligheid.
4 Wees bly in die Here,
en Hy sal jou hartsbegeertes
aan jou gee.
5 Vertrou jou lewe toe
aan die Here.
Vertrou Hom,
en Hy sal vir jou sorg.
6 Hy sal jou onskuld
laat deurbreek
soos die lig,
en die regverdigheid van jou saak
soos die middagson.
7 Wees stil in die Here,
en wag geduldig op Hom.
Moenie die mens beny
wat op sý manier floreer,
of jou verknies
oor sy bose planne nie.
8 Moenie kwaad word nie;
laat staan liewer jou woede.
Moenie ander beny nie;
dit lei net tot jou nadeel.
9 Want die bose mense
sal vernietig word,
maar dié
wat op die Here vertrou,
sal die land besit.
10 Binnekort sal die boosdoeners
nie meer daar wees nie;
al soek jy na hulle,
sal jy hulle nie kry nie.
11 Maar sagmoediges
sal die land besit,
hulle sal oorvloedige vrede
geniet.
12 Die goddelose sweer saam
teen die regverdiges
en kners op die tande vir hulle.
13 Maar die Here lag vir hom,
want Hy sien
sy dag van oordeel
kom al nader.
14 Die goddelose trek die swaard
en span die boog
om die armes en behoeftiges
tot ’n val te bring,
om hulle wat reg doen,
dood te maak.
15 Maar hulle swaard
sal hulle eie hart deurboor
en hulle boog
sal stukkend
gebreek word.
16 Dit is beter om vroom te wees
en min te besit
as om boos te wees
en baie besittings te hê.
17 Want die mag van die bose
sal verpletter word,
maar die Here
sal die regverdiges beskerm.
18 Die Here ken die lewensdae
van die opregtes,
en hulle erfdeel
sal vir altyd bly bestaan.
19 In slegte tye
sal hulle nie verleë wees nie;
selfs in hongersnood
sal hulle genoeg hê.
20 Maar die goddelose
sal vergaan.
Die vyande van die Here
sal wees soos mooi weivelde
wat soos rook verdwyn.
22 Hulle vir wie die Here seën,
sal die land besit,
maar hulle wat Hy vervloek,
sal uitgeroei word.
23 Die Here bepaal
die rigting van ’n mens
met wie se lewe Hy tevrede is.
24 Al sou so een struikel,
hy sal nie val nie,
want die Here hou sy hand vas.
27 Vermy die kwaad
en doen wat goed is,
dan sal jy vir altyd woon
in die land.
28 Want die Here het die reg lief,
en sal sy getroue dienaars
nie verlaat nie.
Hy sal hulle vir altyd
veilig bewaar,
maar die goddelose se kinders
sal vergaan.
29 Die regverdiges
sal die land besit
en daar vir altyd woon.
30 Die regverdige het wyse raad;
wat hy sê, is regverdig.
31 Die gebooie van sy God
is in sy hart.
Hy sal nie ’n voet
verkeerd sit nie.
32 Die goddelose
wag die regverdige in,
en wag vir die kans
om hom dood te maak.
33 Maar die Here verhoed
dat hy in hulle mag val
sodat hulle hom
skuldig kan bevind
wanneer hy voor die gereg kom.
34 Vertrou die Here
en volg sy voorskrifte.
Hy sal jou ophef
sodat jy die land sal besit
en die goddelose se uitwissing sal sien.
35 Ekself het dit sien gebeur:
Hoogmoedige en bose mense
floreer soos welige bome.
36 Maar toe ek weer kyk, was hulle weg!
Hoewel ek hulle gesoek het,
kon ek hulle nie kry nie!
37 Maar kyk na hulle
wat eerlik en opreg is,
want die toekoms van so ’n mens
is vol vrede.
38 Maar oortreders
word saam vernietig;
hulle toekoms
sal tot ’n einde kom.
39 Die Here red die regverdiges;
Hy is ’n toevlug
in moeilike tye.
40 Die Here help hulle,
en red hulle
van goddelose mense.
Hy red hulle,
want hulle skuil by Hom.
♡🩷♡
Psalm 62:8-9 NLV
8 God is my redding
en my krag;
God is my sterke rots
en my toevlug.
9 Vertrou op Hom te alle tye,
my volk,
stort jou hart uit voor Hom,
want God is ons toevlug.
Sela
Deuteronomium 31:6
Wees sterk en hou moed! Moenie vir hulle bang wees nie! Die Here julle God sal met julle wees. Hy sal julle nie in die steek laat nie en julle nie verlaat nie.”
Hebreërs 13:5
Hou julle lewe vry van die honger na geld. Laat wat julle het, vir julle genoeg wees. Onthou dat God die versekering gegee het:
“Ek sal jou nie los nie.
Ek sal jou nie in die steek laat nie.”
📖 Bybel
🎵 Lied 🎵
https://music.youtube.com/watch?v=-oJKS0vIHqY
Forever I Will Sing / Psalm 35
Timeless Hebrew Tunes • Renewed in YAH's Love:
The Sound of Soul Restoration • 2025
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Wees asseblief respekvol in jou kommentaar. Haatlike, rassistiese, diskriminerende, antisemitiese of neerhalende kommentaar sal nie goedgekeur word nie. Jou respekvolle kommentaar (al stem jy nie saam nie) is welkom en word waardeer.