Sondag, Junie 08, 2025

Heilige Gees

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Profesie
Die Here se Belofte van Sy Gees

JOËL 2:28-32 NLV
[28] “Daarna sal Ek my Gees op alle mense uitstort. Julle seuns en julle dogters sal profeteer. Julle oumense sal drome droom. Julle jongmense sal visioene sien.  
[29] In dié tyd sal Ek my Gees selfs op slawe en slavinne uitstort.  
[30] “Ek sal wonders in die hemel en op die aarde laat plaasvind: bloed, vuur en rookkolomme. 
[31] Die son sal donker word en die maan bloedrooi. Dit sal gebeur voor die groot en verskriklike dag van die Here aanbreek.  
[32] “Enige persoon wat tot die Here bid, sal gered word. Die mense wat ontsnap, sal op die Sionsberg en in Jerusalem wees, net soos die Here gesê het. Hulle sal tussen die oorlewendes wees wat die Here geroep het.”

♡🩷♡

Profesie Vervul:
Die Heilige Gees Uitgestort

Handelinge 2:1-4, 16-21 NLV
[1] Op Pinksterdag, sewe weke na Jesus se opstanding, was al die gelowiges op een plek saam. 
[2] Skielik was daar in die lug bokant hulle ’n geluid soos van ’n geweldige stormwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle bymekaar was.  
[3] Tonge wat gelyk het soos individuele vuurvlamme het toe tussen hulle verskyn en op elkeen van hulle gaan sit. 
[4] Almal is toe met die Heilige Gees vervul en soos die Gees vir hulle die vermoë gegee het, het hulle in ander tale begin praat.  
[16] Nee, wat hier gebeur, is waarvan God deur die profeet Joël gepraat het: 
[17] ‘Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op elke mens. Julle seuns en dogters sal die woord van God verkondig; julle jongmense sal gesigte sien, en julle oumense sal drome droom.  
[18] Ja, op die mans en vroue wat in my diens staan, sal Ek in daardie dae my Gees uitstort en hulle sal my woord verkondig.  
[19] En Ek sal wonders gee bo in die hemelruim en wondertekens onder op die aarde – bloed en vuur en rookwolke.  
[20] Die son sal ’n donker kol word, en die maan ’n bloedkol, voordat die groot en heerlike Dag van die Here kom.  
[21] Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.’  

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
https://music.youtube.com/watch?v=FKWem-k3dyY
Fire on the Mountain, Fire in My Heart
Timeless Hebrew Tunes

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


'n Wolk

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Ek Sien 'n Wolk

1 Konings 18:1-2; 41-46 NLV
1 Na ’n lang tyd, tydens die derde jaar van droogte, sê die Here vir Elia: “Gaan na koning Agab toe en sê vir hom Ek sal dit binnekort laat reën.” 

2 Elia het na Agab toe gegaan.

Intussen het die hongersnood in Samaria toegeneem.

41 Elia sê toe vir Agab: “Gaan eet en drink, want ek hoor die gedruis van groot reën!”

42 Agab het toe gaan eet en drink, maar Elia het tot op die top van Karmelberg geklim. Daar het hy met sy kop tussen sy knieë op die grond neergebuig.

43 Hy sê toe vir sy dienaar: “Gaan kyk uit oor die see.”

Die dienaar het gekyk, na Elia toe teruggekom en gesê: “Ek sien niks nie.”

Elia sê vir hom: “Gaan kyk weer!” Sewe keer het Elia hom gestuur.  

44 Die sewende keer kom sê die dienaar: “Ek sien ’n klein wolkie so groot soos ’n man se hand wat uit die see opkom.”

Toe sê Elia: “Maak gou! Gaan sê vir Agab: ‘Span jou wa in en gaan af na jou huis toe anders sal die reën jou vaskeer!’”

45 Spoedig was die lug donker van onweerswolke. ’n Sterk wind het ’n groot reënstorm gebring. Agab het dadelik na Jisreël toe vertrek. 

46 Die Here het Elia krag gegee. Hy het sy gordel vasgemaak en toe voor Agab se wa uit gehardloop tot by Jisreël.

Jesaja 60:22 NLV
"...Ek is die Here. Wanneer die tyd daarvoor kom, sal Ek dit doen.”

♡🩷♡
Dierbares, sovele kere het die Here Sy kinders se gebede verhoor. Ja, dit vat soms jare, maar ons druk deur met ons gebede in groot geloof en vrede in ons harte, want ons weet ons God is genadig en goed en Hy toets ook ons geloof en geduld en laat alles in Sý tyd, die regte tyd gebeur. Net soos in 2017 met ons droogte in Kaapstad.

So moenie beangs word wanneer die lewe druk nie. Moenie kleingelowig wees nie. Jou Bewaarder en Voorsiener sluimer en slaap nie. Hou aan uitroep vir Sy genade, hulp en voorsiening met al jou probleme en behoeftes. God is jou Abba Vader en Hy sorg vir Sy kinders.

Luister die liedjie by die skakel hieronder. Sien jy die wolk?😊  
"Ek sien 'n wolk. Ek weet God werk dinge ten goede vir my uit. Ek sien dit nou. God doen Sy beste wonderwerke wanneer dit geen sin behoort te maak nie en ek slaan my oë weer op en ek sien 'n wolk!" 
Wanneer die sluise van die hemel oopgaan, sal die seën uitgestort word. God se voorspoed sal meer as genoeg vir jou wees!😊🙌🩷 

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
https://music.youtube.com/watch?v=HTUpefC6qJk
Cloud - Megan Tibbits
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡