♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
Ek Sien 'n Wolk
1 Konings 18:1-2; 41-46 NLV
1 Na ’n lang tyd, tydens die derde jaar van droogte, sê die Here vir Elia: “Gaan na koning Agab toe en sê vir hom Ek sal dit binnekort laat reën.”
2 Elia het na Agab toe gegaan.
Intussen het die hongersnood in Samaria toegeneem.
41 Elia sê toe vir Agab: “Gaan eet en drink, want ek hoor die gedruis van groot reën!”
42 Agab het toe gaan eet en drink, maar Elia het tot op die top van Karmelberg geklim. Daar het hy met sy kop tussen sy knieë op die grond neergebuig.
43 Hy sê toe vir sy dienaar: “Gaan kyk uit oor die see.”
Die dienaar het gekyk, na Elia toe teruggekom en gesê: “Ek sien niks nie.”
Elia sê vir hom: “Gaan kyk weer!” Sewe keer het Elia hom gestuur.
44 Die sewende keer kom sê die dienaar: “Ek sien ’n klein wolkie so groot soos ’n man se hand wat uit die see opkom.”
Toe sê Elia: “Maak gou! Gaan sê vir Agab: ‘Span jou wa in en gaan af na jou huis toe anders sal die reën jou vaskeer!’”
45 Spoedig was die lug donker van onweerswolke. ’n Sterk wind het ’n groot reënstorm gebring. Agab het dadelik na Jisreël toe vertrek.
46 Die Here het Elia krag gegee. Hy het sy gordel vasgemaak en toe voor Agab se wa uit gehardloop tot by Jisreël.
Jesaja 60:22 NLV
"...Ek is die Here. Wanneer die tyd daarvoor kom, sal Ek dit doen.”
♡🩷♡
Dierbares, sovele kere het die Here Sy kinders se gebede verhoor. Ja, dit vat soms jare, maar ons druk deur met ons gebede in groot geloof en vrede in ons harte, want ons weet ons God is genadig en goed en Hy toets ook ons geloof en geduld en laat alles in Sý tyd, die regte tyd gebeur. Net soos in 2017 met ons droogte in Kaapstad.
So moenie beangs word wanneer die lewe druk nie. Moenie kleingelowig wees nie. Jou Bewaarder en Voorsiener sluimer en slaap nie. Hou aan uitroep vir Sy genade, hulp en voorsiening met al jou probleme en behoeftes. God is jou Abba Vader en Hy sorg vir Sy kinders.
Luister die liedjie by die skakel hieronder. Sien jy die wolk?😊
"Ek sien 'n wolk. Ek weet God werk dinge ten goede vir my uit. Ek sien dit nou. God doen Sy beste wonderwerke wanneer dit geen sin behoort te maak nie en ek slaan my oë weer op en ek sien 'n wolk!"
Wanneer die sluise van die hemel oopgaan, sal die seën uitgestort word. God se voorspoed sal meer as genoeg vir jou wees!😊🙌🩷
📖 Bybel
🎵 Lied 🎵
https://music.youtube.com/watch?v=HTUpefC6qJk
Cloud - Megan Tibbits
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡