♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
Moenie bang wees vir die storms wat in jou lewe woed nie.
Jesus Christus ons Here en Verlosser wat die storm om hulle stil gemaak het terwyl hy in die boot was, kan beslis die storms van die lewe wat jy wêreldwyd in die samelewing en ook Ãn jou sien woed, stilmaak.
Bid altyd oor alles wat angs in jou hart veroorsaak, roep uit tot God! Hy sal beslis jou stem hoor. Hy sal jou vrese kalmeer en jou Sy vrede gee wat alle verstand te bowe gaan.
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
Geweld & Bedrog
& Innerlike Vrede
Psalms 55:2-12,18-20,22 AFR20
2 O God, luister na my gebed,
verberg U nie vir my smeekbede nie.
3 Luister tog aandagtig na my
en antwoord my.
Klaend dwaal ek rond; ek is verward
4 oor die geraas van vyande,
oor die getier van goddeloses,
want hulle laat onreg op my neerstort,
en in toorn is hulle vyandig teenoor my.
5 My hart krimp ineen in my binneste,
doodsangs het my oorval.
6 Vrees en bewing oorweldig my,
'n rilling trek deur my liggaam.
7 Ek het gedink,
het ek maar vlerke gehad soos 'n duif!
Ek sou wegvlieg en 'n tuiste vind;
8 ja, ek sou ver weggaan om te ontvlug;
ek sou in die woestyn oornag. •Sela
9 Ek sou haastig vir my 'n skuilplek soek,
weg van die rukwind, van die hewige storm.
10 My Heer, verwar, verdeel hulle tonge,
want in die stad sien ek net
geweld en stryd.
11 Dag en nag doen dit die rondte
op die stadsmure, en binne die stad
is daar onreg en geweld.
12 Vernietiging is binne-in die stad,
verdrukking en bedrog wyk nie
van die stadsplein nie.
18 In die aand, in die oggend
en in die middag het ek gekla en gesteun;
maar Hy het my stem gehoor.
19 Met vrede koop Hy my lewe vry
van 'n geveg wat teen my gerig is,
al is hulle in hulle hordes teen my.
20 God hoor en sal hulle verneder
– Hy regeer immers van die voortyd af, – Sela
hulle by wie daar geen verandering is nie,
en wat nie ontsag het vir God nie.
22 Sy mond is gladder as botter,
maar sy hart is die ene oorlog.
Sy woorde is strelender as olie,
maar dit is ontblote swaarde.
♡🩷♡
Psalms 107:29 AFR20
Hy het die storm stil gemaak
en die golwe het bedaar.
♡🩷♡
Psalms 55:23 AFR20
Werp jou las op die Here;
Hy sal jou versorg,
Hy sal nooit toelaat
dat die regverdige wankel nie.
Markus 4:39 AFR20
Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Wees stil, bedaar!” Die wind het gaan lê, en daar het 'n groot kalmte gekom.
Johannes 14:27 AFR20
Vrede laat Ek julle na – my vrede gee Ek julle. Ek gee dit nie vir julle soos die wêreld dit gee nie. Laat julle harte nie ontsteld en bang wees nie.
📖 Bybel
🎵 Lied 🎵
https://music.youtube.com/watch?v=CIui-ggRoeo
♪ Perfect Peace • Tenielle Neda ♪
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡