Wys tans plasings met die etiket vrees. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket vrees. Wys alle plasings

Vrydag, Maart 20, 2026

Vrygemaak van Vrees

♡~•~♡~•~πŸ©·πŸ„ΉπŸ„΄πŸ…‚πŸ…„πŸ…‚πŸ©·~•~♡~•~♡

Vrygemaak van Vrees

JOHANNES 20:17 NLV
"Jesus sΓͺ toe vir haar: “Moenie aan My raak nie, want Ek het nog nie na die Vader opgevaar nie. Gaan na my broers en vertel vir hulle: Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God toe, wat ook julle God is.’” 

"Maria Magdalena se ergste vrese is met die dood van Jesus verwesenlik. Dit is geen wonder dat sy aan Hom vasgeklou het die oomblik toe sy besef het dat die "tuinier" werklik haar Verlosser was nie. Die vrees om Jesus weer te verloor, het Maria blykbaar gemotiveer om Jesus vas te gryp en nie los te laat nie.

Oorweeg Jesaja 41:10: “Moenie bang wees nie, want Ek is by jou . . .”

Die verheerlikte Jesus word deur die Gees geken. Jesus het opgestaan ​​om ons van die mag van vrees te bevry! Ons hoef nie te vrees wanneer ons die Heilige Gees van God het nie." *

Jesus het opgestaan ​​om ons te bevry van die mag van vrees!


Skrifgedeeltes vir Vryheid van Vrees

God se Teenwoordigheid is Met Ons
JESAJA 41:10 NLV
Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek laat jou oorwin met my regterhand wat mense red.

DEUTERONOMIUM 31:6 NLV
Wees sterk en hou moed! Moenie vir hulle bang wees nie! Die Here julle God sal met julle wees. Hy sal julle nie in die steek laat nie en julle nie verlaat nie.”

♡🩷♡

God is ons Beskermer
PSALMS 46:2 NLV
God is ons toevlug en ons krag; in nood is Hy gereed om te help.

PSALMS 118:6 NLV
Die Here is by my, ek sal nie bang wees nie. Wat kan ’n mens aan my doen?

♡🩷♡

Soek Hom en Word van Alle Vrese Verlos
PSALMS 34:5 NLV
Ek het tot die Here gebid en Hy het my geantwoord, Hy het my bevry van alles waarvoor ek bang is.

2 TIMOTEUS 1:7 NLV
Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. 

♡🩷♡

Geen Vrees In Liefde 
1 JOHANNES 4:18 NLV
Volmaakte liefde het nie plek vir vrees nie; volmaakte liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is, en wie aanhou vrees, het nog nie diΓ© volmaakte liefde bemeester nie.

Bid vir Vrede
FILIPPENSE 4:6-7 NLV
⁶ Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. 
⁷En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is.

Vervang Vrees met Geloof
PSALMS 56:4 NLV
Die dag wanneer ek bang word, sal ek net op U vertrou.

Werk Vrees TeΓ«
JOSUA 1:9 NLV
My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is saam met jou oral waar jy gaan.”

"Om te laat los waarmee ons vertroud geraak het en oor te gaan na wat God vir ons in 'n nuwe seisoen het, kan skrikwekkend wees. Laat ons onthou dat "vrees nie" en "wees nie bevrees nie" sowat 365 keer in die Skrif verskyn. Dink aan Jesaja 41:10: "Moenie bang wees nie, want Ek is by jou..." Jesus het opgestaan ​​om ons te bevry van die mag van vrees!"
Bid:
Here Jesus, ek gee vandag my vrese aan U oor en vra U om my te vul met U vrede, en om my deur U Gees te lei tot groter vertroue en hoop. Amen." *
  **Youversion Reading Plan:
  Transformed By The Messiah
  Day 3: Saying Farewell to Fear
  ©HarperCollins Christian Publishing  (Zondervan & Thomas Nelson       (Vertaal/Translated)

πŸ“– Bybel 

🎡  Lied  🎡 
Perfectly
Micah Tyler
https://music.youtube.com/watch?v=E9sKENqGOwo
♡~•~♡~•~πŸ©·πŸ„ΉπŸ„΄πŸ…‚πŸ…„πŸ…‚πŸ©·~•~♡~•~♡

Woensdag, Julie 09, 2025

Geweld, Bedrog, Innerlike Vrede

 ♡~•~♡~•~πŸ©·πŸ„ΉπŸ„΄πŸ…‚πŸ…„πŸ…‚πŸ©·~•~♡~•~♡
Moenie bang wees vir die storms wat in jou lewe woed nie.
Jesus Christus ons Here en Verlosser wat die storm om hulle stil gemaak het terwyl hy in die boot was, kan beslis die storms van die lewe wat jy wΓͺreldwyd in die samelewing en ook Γ­n jou sien woed, stilmaak.
Bid altyd oor alles wat angs in jou hart veroorsaak, roep uit tot God! Hy sal beslis jou stem hoor. Hy sal jou vrese kalmeer en jou Sy vrede gee wat alle verstand te bowe gaan.

♡~•~♡~•~πŸ©·πŸ„ΉπŸ„΄πŸ…‚πŸ…„πŸ…‚πŸ©·~•~♡~•~♡

Geweld & Bedrog 
& Innerlike Vrede

Psalms 55:2-12,18-20,22 AFR20
2 O God, luister na my gebed,
verberg U nie vir my smeekbede nie.
Luister tog aandagtig na my 
en antwoord my.
Klaend dwaal ek rond;
ek is verward
4 oor die geraas van vyande,
oor die getier van goddeloses,
want hulle laat onreg op my neerstort,
en in toorn is hulle vyandig teenoor my.
5 My hart krimp ineen in my binneste,
doodsangs het my oorval.
6 Vrees en bewing oorweldig my,
'n rilling trek deur my liggaam.
7 Ek het gedink,
het ek maar vlerke gehad soos 'n duif!
Ek sou wegvlieg en 'n tuiste vind;

8 ja, ek sou ver weggaan om te ontvlug;
ek sou in die woestyn oornag. •Sela

9 Ek sou haastig vir my 'n skuilplek soek,
weg van die rukwind, van die hewige storm.

10 My Heer, verwar, verdeel hulle tonge,
want in die stad sien ek net
geweld en stryd.
11 Dag en nag doen dit die rondte
op die stadsmure, en binne die stad
is daar onreg en geweld.
12 Vernietiging is binne-in die stad,
verdrukking en bedrog wyk nie
van die stadsplein nie.

18 In die aand, in die oggend
en in die middag het ek gekla en gesteun;
maar Hy het my stem gehoor.

19 Met vrede koop Hy my lewe vry
van 'n geveg wat teen my gerig is,
al is hulle in hulle hordes teen my.

20 God hoor en sal hulle verneder
– Hy regeer immers van die voortyd af, – Sela
hulle by wie daar geen verandering is nie,
en wat nie ontsag het vir God nie.

22 Sy mond is gladder as botter,
maar sy hart is die ene oorlog.
Sy woorde is strelender as olie,
maar dit is ontblote swaarde.


♡🩷♡

Psalms 107:29 AFR20
Hy het die storm stil gemaak
en die golwe het bedaar.


♡🩷♡

Psalms 55:23 AFR20
Werp jou las op die Here;
Hy sal jou versorg,
Hy sal nooit toelaat
dat die regverdige wankel nie.


Markus 4:39 AFR20
Toe staan Hy op, bestraf die wind en sΓͺ vir die see: “Wees stil, bedaar!” Die wind het gaan lΓͺ, en daar het 'n groot kalmte gekom.

Johannes 14:27 AFR20
Vrede laat Ek julle na – my vrede gee Ek julle. Ek gee dit nie vir julle soos die wΓͺreld dit gee nie. Laat julle harte nie ontsteld en bang wees nie.

πŸ“– Bybel

🎡  Lied  🎡
https://music.youtube.com/watch?v=CIui-ggRoeo
 ♪ Perfect Peace • Tenielle Neda  ♪
♡~•~♡~•~πŸ©·πŸ„ΉπŸ„΄πŸ…‚πŸ…„πŸ…‚πŸ©·~•~♡~•~♡


Saterdag, Julie 27, 2024

Breek Angs se Greep

♡~•~♡~•~πŸ©·πŸ„ΉπŸ„΄πŸ…‚πŸ…„πŸ…‚πŸ©·~•~♡~•~♡

Breek Angs se Greep

Ontdek die bronne van jou angs.

Psalms 139:23-24 AFR20
²³ Ondersoek my, o God, en ken my hart; toets my, en ken my ontstellende gedagtes.
²⁴ Kyk of ek nie op 'n pad van verdriet is nie, en lei my op die ewige pad.

Lukas 17:5-6 AFR20
Toe sΓͺ die apostels vir die Here: “Gee ons meer geloof!”
En die Here antwoord: “As julle geloof soos 'n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie wildevyeboom gesΓͺ het, ‘Trek jou wortels uit die grond en gaan plant jouself in die see,’ en hy sou na julle geluister het.

Het jy vertrouensprobleme met God? Glo jy dat Hy jou liefhet en jou sal help wanneer jy bid en Hom vra? Jy moet in geloof bid en waar jy nie geloof het nie, vra God om jou meer geloof te gee.

Hou op om bang te wees vir vrees.
Geloof oorwin vrees.
Vertrou God en oorkom jou vrees.

2 Timoteus 1:7 AFR20
God het ons tog nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. 

Vra God om jou verstand te vernuwe.

Filippense 4:6-8 AFR20
Moet oor niks bekommerd wees nie, maar maak in alles julle versoeke deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend.
En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak.
Verder, broers, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat lof verdien, ja, watter deug of watter prysenswaardige saak daar ook mag wees: rig julle gedagtes daarop. 

Kolossense 3:2 AFR20
² Bedink die dinge daarbo, nie die dinge op aarde nie. 

Jesaja 41:10 AFR20
¹⁰ Moenie bang wees nie, want Ek is by jou; moenie vrees nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou; ook help Ek en ondersteun Ek jou met my seΓ«vierende regterhand.

Psalms 4:9 AFR20
In vrede kan ek gaan lΓͺ en dadelik aan die slaap raak, want net U, Here, laat my veilig woon.

Josua 1:9 AFR20
Het Ek jou nie beveel, ‘Wees dapper en sterk’ nie? Moenie paniekbevange wees nie en moet jou nie laat afskrik nie, want die Here jou God is by jou, oral waar jy gaan.”

Word versterk deur God se woord.
Rig jou gebede en versoeke aan God.

1 Petrus 5:7 AFR20
deur al julle bekommernis op Hom te werp; want Hy gee om vir julle.

Praat met God oor jou vrese. Hy sal jou beslis help om dit deur Sy Gees te oorkom wanneer jy jou bekommernisse aan Jesus, jou Vredevors, gee en Hy sal jou Sy volmaakte vrede gee.πŸ•ŠπŸ©·

πŸ“– Bybel

🎡  Lied  🎡

♡~•~♡~•~πŸ©·πŸ„ΉπŸ„΄πŸ…‚πŸ…„πŸ…‚πŸ©·~•~♡~•~♡