Wys tans plasings met die etiket Christene. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Christene. Wys alle plasings

Woensdag, Desember 04, 2024

'n Ware Jood

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

'n Ware Jood

As julle aan Christus behoort,
dan is julle die nageslag van
Abraham en, ooreenkomstig
die belofte, erfgename


🔹Romeine 2:29 AFR20
Iemand is innerlik 'n Jood en besnydenis is iets van die hart, geestelik, nie letterlik nie. Só iemand ontvang lof, nie van mense nie, maar van God.

♡🩷♡
1 Korinthiërs 7:19 AFR20
Die besnydenis beteken nie iets nie, die onbesnedenheid beteken nie iets nie, maar wel die gehoorsaamheid aan God se gebooie.

Romeine 2:27-29 AFR20
27 Boonop sal die mense wat van nature onbesnede is en tog die wet nakom, oordeel oor jou, wat ten spyte van die letter van die wet en die besnydenis 'n wetsoortreder is.
28 Want om 'n Jood te wees, is nie iets uiterliks nie, en besnydenis is nie iets wat uiterlik aan die liggaam geskied nie;
29 inteendeel, iemand is innerlik 'n Jood en besnydenis is iets van die hart, geestelik, nie letterlik nie.
Só iemand ontvang lof, nie van mense nie, maar van God.

Romeine 4:12-14 AFR20
12 So het hy ook die vader geword van hulle wat nie bloot besnede is nie, maar wat boonop in die voetspore volg van ons vader Abraham, wat geglo het toe hy nog onbesnede was.

Ontvangs van die belofte van God deur geloof

13 Die belofte dat hy die wêreld as erfdeel sou ontvang, het nie deur die wet na Abraham of sy nageslag gekom nie, maar deur die •geregtigheid van die geloof.
14 Immers, as mense op grond van die wet erfgename is, het die geloof betekenisloos geword en die belofte sy krag verloor.

Romeine 8:17 AFR20
Maar as ons kinders is, is ons ook erfgename – erfgename van God en mede-erfgename met Christus mits ons inderdaad saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

Romeine 9:4-8 AFR20
4 Hulle is Israeliete; aan hulle behoort die aanneming tot kinders, die heerlikheid, die verbonde, die wetgewing, die tempeldiens en die beloftes;
5 aan hulle behoort die voorvaders, en uit hulle het ook die Christus as mens gekom – Hy wat God bo alles is, lofwaardig vir ewig! •Amen.

God se handelinge met Israel

6 Dit is nie asof die woord van God nou gefaal het nie. Want nie almal wat uit Israel afkomstig is, is die ware Israel nie.
7 Ook is nie almal wat nageslag van Abraham is, sy kinders nie. Inteendeel, daar staan: “Dit is deur Isak dat jou nageslag benoem sal word.”
8 Dit wil sê: Dit is nie die kinders na die liggaam wat kinders van God is nie, maar die kinders na die belofte, word as nageslag beskou.

Galasiërs 6:16 AFR20
Vir hulle wat volgens hierdie beginsel leef: vrede en ontferming – en vir die Israel van God!

🔹🔹Genesis 12:3 AFR20
Ek sal hulle seën wat jou seën,
maar wie jou verwens,
sal Ek vervloek.

En deur jou sal al die grootfamilies
van die aarde geseënd wees.”


Genesis 18:18 AFR20
terwyl Abraham beslis 'n groot en magtige nasie gaan word, en al die nasies van die aarde deur hom geseënd sal wees?

Galasiërs 3:7 AFR20
Besef dan: Die mense wat uit die geloof is, dié is kinders van Abraham.

Galasiërs 3:27-29 AFR20
27 want julle wat in Christus gedoop is,
het Christus soos 'n kleed aangetrek.

28 Daar is nou nie meer Jood of Griek,
nie meer slaaf of vryman,
nie meer manlik en vroulik nie;

want julle almal is één
in Christus Jesus!
29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en, ooreenkomstig die belofte, erfgename.


Openbaring 2:9 AFR20 [Jesus Christus (Messias) praat met die Vervolgde Kerk]
9 “‘Ek ken jou verdrukking en jou armoede, maar tog is jy ryk. Ek weet ook van die lastering deur diegene wat beweer dat hulle Jode is, en dit nie regtig is nie, maar 'n sinagoge van Satan.

Openbaring 3:9 AFR20 [Jesus Christus (Messias) praat met die Getroue Kerk]
Kyk, Ek laat toe dat daar mense uit die sinagoge van Satan kom wat beweer dat hulle Jode is, en dit nie is nie, maar lieg; kyk, Ek sal sorg dat hulle kom, en voor jou voete neerbuig, en erken dat Ek jou liefhet.

🔹🔹🔹1 Korinthiërs 10:18 AFR20
Kyk na die volk Israel: Het diegene wat van die offers eet, dan nie deel aan die altaar nie?

Jeremia 4:4 AFR20
Besny julleself vir die Here;
verwyder die voorhuid van julle harte,
manne van Juda en inwoners van Jerusalem.
Anders breek my woede los soos 'n vuur
en brand sonder dat iemand dit blus,
vanweë julle bose dade. ”


Deuteronomium 30:6 AFR20
Die Here jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, sodat jy die Here jou God met hart en siel sal liefhê, sodat jy kan leef.

1 Samuel 16:7 AFR20
Maar die Here het vir Samuel gesê: “Moenie na sy voorkoms en sy rysige gestalte kyk nie, want Ek het hom afgekeur. Dit gaan immers nie oor wat die mens sien nie, want:
“Die mens kyk na wat hy sien,

maar die Here kyk na die hart.”

Efesiërs 4:4-6 AFR20
4 een liggaam en een Gees,
soos julle ook deur julle roeping
tot een hoop geroep is:
5 een Here, een geloof, een doop,
6 een God en Vader van almal,
wat oor almal en deur almal
en in almal is.


♡🩷♡

🔹©Gann, Windell. "Kommentaar op Romeine 2:29".
"iemand is innerlik 'n Jood -- Wie is die ware Israel vandag?

    Romeine 2:28-29; Romeine 4:12-14; Romeine 9:4-8; Galasiërs 6:16; Galasiërs 3:27-29; Openbaring 2:9; Openbaring 3:9; 1 Korinthiërs 10:18

God se Israel vandag is nie daardie nasie in Palestina wat met daardie naam genoem word nie, maar Sy mense wat deur geloof in Hom en Sy Seun Jesus Christus leef.

en besnydenis is iets van die hart -- Dit wil sê, daardie besnydenis wat vir God aanneemlik is en dit word met heiligheid van hart versorg; met die afsny van sondes; en met 'n rein lewe.
Jeremia 4:4; Deuteronomium 30:6.


Só iemand ontvang lof, -- Wie se doel nie is om die lof van mense te verseker nie.

maar van God -- Die lof van God kan slegs verleen word aan diegene wat in hart en gees, en nie net uiterlik nie, aan sy vereistes voldoen. 1 Samuel 16:7."
Gann, Windell. "Kommentaar op Romeine 2:29".
https://www.studylight.org/​commentaries/​gbc/​romans-2.html.
2021.

♡🩷♡
🔹🔹©Coffman, James Burton. "Kommentaar op Genesis 12:3".
•Ek sal hulle seën wat jou seën,
maar wie jou verwens,
sal Ek vervloek.

   "Sonder enige twyfel behoort hierdie groot belofte vandag aan die ware Israel van God op presies dieselfde wyse as wat dit onder die ou verbond op die ou Israel gegeld het.
 Jesus het soveel gesê in Matteus 28:18-20 en in Lukas 18:7."

©Coffman, James Burton. "Kommentaar op Genesis 12:3".
https://www.studylight.org/commentary/genesis/12-3.html

Matteus 28:18-20 AFR20
18 Jesus het nader gekom en vir hulle gesê: “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde.
19 Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees,
20 en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd.”

Lukas 18:7 AFR20
Sal God dan nie reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat bedags en snags na Hom roep nie? Sal Hy hulle lank laat wag?

♡🩷♡
🔹🔹🔹©Clarke, Adam. "Kommentaar op 1 Korinthiërs 10:18".
Verse 18. Kyk na die volk Israel [Israel na die vlees] — "Die Jode wat nog nie tot die Christendom bekeer het nie: laasgenoemde is Israel na die Gees. Aangesien die doel van die apostel was om sy bekeerlinge in Korinte te onttrek van alle versoekings tot afgodery, gee hy twee voorbeelde om die gepastheid van sy pogings aan te toon.

1. Almal wat saamstaan ​​om die Nagmaal te vier, en deel het aan daardie een brood, bewys hiermee dat hulle Christene is en gemeenskap met Christus het.

2. Al die Israeliete wat offers bring en aan daardie offers deelneem, bewys daardeur dat hulle Jode is en in gemeenskap is met die doel van hulle aanbidding: daarom gee hulle wat by afgodsfeeste deelneem en eet wat aan die afgode geoffer is, bewys dat hulle gemeenskap het met daardie afgodedienaars en dat hulle gemeenskap het met die demone wat hulle aanbid."
©Clarke, Adam. "Kommentaar op 1 Korinthiërs 10:18".
https://www.studylight.org/commentary/1-corinthians/10-18.html


♡🩷♡
📖 Bible

🎵  Song  🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡



Saterdag, April 02, 2016

Christene wat skinder


Christene wat skinder

Ek reken om te skinder is mos nie liefde nie. Definitief nie Jesus liefde nie.
As ons nie eerder mekaar kan opbou en vir mekaar kan bid nie, moet ons eerder ons monde hou voordat ons wys wat ons werklik is...skynheilig.
Want hoe kan jy bid vir mense en in die ander asem gaan praat agter hulle rug?
Dit wys vir my daar is baie wat sê hulle bid vir jou, maar dat hulle dit nie werklik doen nie.
As mens vir ander bid, wil jy nie skinder nie. Hoe kan ons? Dan glo ons mos nie werklik in God nie, want dink ons dan nie daaraan dat Hy sien hoe ons skinder nie? En ons weet hoe God oor skynheiliges (hypocrites) voel. Jesus sê hulle sal nie die hemel sien nie. En ek praat van Christene.
Dit is maklik om die naam van die Here Jesus te bely, maar is Hy in ons harte of is ons harte ver van Hom? Het ons werklik Sy liefde in ons harte vir ons naaste, selfs ons vyande?  As ons selfs ons familie en sogenaamde vriende loop en beskinder, hoe op aarde kan ons ons vyande liefhê?
Watse woorde kom uit ons monde uit? Want dit wat die hart van vol is, loop die mond van oor. Is ons harte vol van Jesus en Sy woord? Of klink ons maar soos die res van die ongelowige wêreld en doen ons soos hulle doen?
Laat ons selfondersoek doen of ons werklik in die geloof is...elke dag!
Mag God ons Vader ons almal seën en lei in alle waarheid in deur Sy Heilige Gees.💞
Dan sal hy hom ’n wrede dood laat sterf en hom laat deel in die lot van alle skynheiliges. Hulle sal bitterlik huil en van selfverwyt op hulle tande kners.
Mattheus 24:51 NLV

Donderdag, Desember 11, 2014

Hofsake tussen Christene

Daar lees ek toe nou in 1 Korinthiërs 6 van Christene wat mekaar hof toe vat.

Apostel Paulus het dit teen die gelowiges dat hulle mekaar hof toe sleep voor heidense regters.  Hy sê dat ons as gelowiges eendag die engele en die wêreld sal oordeel, maar ons kan nie eens geskille onder mekaar oplos nie.

Dan kom nog iets na my wat in die Bybel geskrywe is, van die ander wang draai en as een jou bokleed wil vat, gee hom sommer jou onderkleed ook!  As iemand jou goed vat moet jy dit nie terugeis nie.

Mense, ek wonder hoeveel van ons sal dit doen!  Ek kyk hier op die internet hoe die mense reageer en kommentaar lewer op nuusgebeure.  Die haat, die bitterheid, die vloeke, stroom uit hulle harte uit.  Nou wonder ek hoe hulle in hulle daaglikse wandel teenoor hulle naaste optree?  En sommiges van hulle is Christene, as jy na hulle Facebook profiele kyk.
Hulle bely God met die tong, maar hulle harte is ver van Hom af.

Nee mense, ons moet waarlik soos Jesus Christus optree.  Hy het soos 'n Lam ter slagting na die kruis gegaan.  Hy was stil, nederig, vol vrede, nie histeries geskree, gevloek en baklei nie.  Hy het Hom nie teëgesit nie.

Nou wonder ek wat as ek as Christen deur 'n ongelowige hof toe gevat word?  Ek reken ons moet dieselfde optree as teenoor 'n Christen broeder, ons moet vergewe en probeer vrede maak en skik, sodat daar nie haat en bitterheid ontwikkel wat soos 'n kanker aan mens vreet en versprei en baie mense affekteer nie.

Mag ons Here Jesus ons help en lei in elke situasie, sodat ons wyse besluite kan maak wat God tevrede sal stel.  Ons kan God net tevrede stel deur soos Jesus te wees, gewillig om alles op te offer.
Jesus sê, tel elke dag jou kruis op en volg Hom.

~•~Gaan lees in 1 Korinthiërs 6 meer oor dit~•~