Wys tans plasings met die etiket afgedwaalde skape. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket afgedwaalde skape. Wys alle plasings

Sondag, Desember 17, 2017

Eet My liggaam, drink My bloed

Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. 

My liggaam is die ware voedsel, en my bloed is die ware drank. 

*đŸ”„Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.đŸ”„ 
~~~~~~
 Toe hulle dit hoor, het baie van Jesus se dissipels gesĂȘ: “Wat Hy nou sĂȘ, is darem te erg. Wie kan daaraan gehoor gee?” 

Jesus het vanself geweet dat sy dissipels hieroor mor, en Hy sĂȘ vir hulle: “Skrik dit julle af? 

Wat dan nog as julle die Seun van die mens sien opvaar na waar Hy voorheen was? 

đŸ”„Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie. Wat Ek vir julle gesĂȘ het, kom van die Gees en gee lewe.đŸ”„ 

Maar daar is party van julle wat nie in My glo nie.” Jesus het immers van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie dit is wat Hom sou verraai. 

Verder het Hy gesĂȘ: “Daarom het Ek vir julle gesĂȘ niemand kan na My toe kom as die Vader dit nie aan hom gegee het nie.” 

Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie.
JOHANNES 6:54-56,60-66 (AFR83)
~~~~~~ 
*Julle moet in My bly en Ek in julle.  'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.
JOHANNES 15:4
 John Gill se kommentaar aangaande Johannes 15:4:
(Vertaal deur my.)

Bly in My
'n Vermaning om voort te gaan in die uitoefening van geloof en liefde op Christus, wat aan Hom vashou, met die volle doel van die hart aan Hom te kleef en die lewe, genade, krag en voeding van Hom te ontvang.

En Ek in julle
'n Belofte wat bemoedig tot die vorige punt, om te bly in Hom, want soos Christus in die harte van sy mense gevorm word, gaan Hy daar voort as die lewende beginsel van alle genade.

'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.
Wat die noodsaaklikheid sterk beklemtoon om te bly in Christus deur vars, herhaalde dade van geloof: en dit is maklik om te sien, dat wanneer gelowiges van Christus afdwaal, alhoewel dit maar gedeeltelik en vir 'n tyd is, want hulle kan nie finaal en geheel en al van Hom afdwaal nie, in wat 'n arm, verdorde, vrugtelose toestand hulle is, beide in hulle postuur/houding [frame] en pligte.
~~~~~
Daar in Johannes 6:63 bevestig Jesus dat wat Hy vir hulle gesĂȘ het in v.56 "Wie My liggaam eet en My bloed drink, bly in My en Ek in hom.", van die Gees is, geestelik, nie letterlik soos die katolieke glo nie.

Dankie Here dat U my so leer uit U woord.  Nou kan ek vir die katolieke verwys na Johannes 6:63 aangaande hulle verkeerde interpretasie van v.56.

En dit klink vir my of John Gill glo in "once saved, always saved" en baie sĂȘ dit is verkeerd en ek was ook baie teen dit, maar as jy daaraan dink, Here Jesus sĂȘ selfs vir die lou kerk in Openbaring om te bekeer.  Jesus gee hulle kans om terug te keer na hulle eerste liefde, na Hom, want hulle het Hom verlaat, afgedwaal van Hom. 
Ek het al van baie Christene gelees wat afgedwaal het van die Here (backsliders), maar die Here het hulle weer met ope arms ontvang en nou is hulle terug by hulle eerste liefde, Jesus!
Ons God is so liefdevol, so vol genade Ă©n baie geduldig met ons.

Iemand sal verwys na Hebreërs 6:4-6....
Wanneer mense een keer deur God verlig is, die hemelse gawe ontvang en deel gekry het aan die Heilige Gees,  
die goeie woord van God leer ken het en die kragte van die toekomstige wĂȘreld ondervind het  
en dan nogtans afvallig geword het, is dit onmoontlik om hulle weer tot bekering te bring. In hulleself kruisig hulle immers weer die Seun van God en maak hulle Hom in die openbaar tot 'n bespotting.
 ....Maar dit praat nie van 'n Christen wat lou is, wat afgedwaal het nie, want 'n Christen wat lou is, glo nog steeds en bely nog steeds met die mond dat Jesus Here is, maar dit praat van 'n Christen wat in al die krag van die Heilige Gees geloop het, gered is ja, maar wat dan totaal afvallig word en wegval van Jesus deur Hom te ontken as Here en God, as die Woord wat vlees kom word het.


Verse tot bemoediging:

Kom terug, kinders wat afgedwaal het,
Ek wil 'n einde maak aan julle afdwaling.
Jeremia 3:22
Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie
Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. 
 DiĂ© wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, 
en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. 
 Ek en die Vader is een.”
 Johannes 10:28-30


 Return, Oh Backslider
~ Walter Hawkins & The Love Center Choir

We've changed
We no longer seek, my God's face
We changed
We think we're saved by works and not by faith
The purest saints of God
We no longer seek, and our testimonies as Christians
They get so tired and so weak
We’ve changed
We’ve no desire to fast or to pray anymore
We’ve changed
We attend the church, but it seems such a bore
We have a form of Godliness
Church we’ve lost all of our power
How can we stand in these old last and evil day
How can we face the final hour

Return, oh backslider…
Return and He’ll revive us
He’ll restore you

Back to your place in God

Again…

Again…
He will come and bring you life
More abundantly if you only return

Unto Him…

We… we have changed
The joy that once was our strength is all gone
Church we’ve changed
We feel we can do anything whether right or whether wrong
But my Bible tells me there…will be
There’s going to be a great falling away
I came to tell you, you don’t have to be in that number
Return to Christ today

Return, oh backslider…
Return and He’ll revive us
He’ll restore you…

Back to your place in God

Again…

Again…
He will come… and bring you life
More abundantly…only return

Unto Him

Can’t you hear God calling you

He will come… bring you life…

More abundantly… if you'll only return

Return unto Him

I called to speak to Him

He will come… bring you life…

More abundantly… only return

Unto to Him


Vrydag, Februarie 13, 2015

Afgedwaalde skape

Laat die woord van die Here praat.  Die Here se hand is nie te kort om 'n kind van Hom wat afgedwaal het, te verlos nie.  Die Here self sal Sy afgedwaalde skape gaan soek.  Hy sal hulle genees en hulle van harte liefhĂȘ!  Hy sĂȘ so in Sy woord!
Al het hulle God verlaat, het God hulle nooit verlaat nie.  God het hulle nog steeds lief en Hy roep hulle terug tot bekering deur hulle te straf.  Mag God hulle siele genadig wees en terugbring na Hom.
Mag ons vriende en familie wat afgedwaal het van die Here, terugkom na die Here en Hom met hulle hele hart aanbid.
Niks is vir God onmoontlik nie.  Laat ons in gebed bly vir ons geliefdes. ♥

Kom terug, kinders wat afgedwaal het,
Ek wil 'n einde maak aan julle afdwaling.
Kyk, ons kom na U toe, want U is die Here ons God!
~•Jeremia 3:22

Ek sal hulle ontrou genees. Ek sal hulle van harte liefhĂȘ. Wanneer my toorn van hom afgewend is,
~•Hosea 14:5

Julle het immers soos skape rondgedwaal, maar nou het julle teruggekom na julle Herder en die Bewaker van julle lewe.
~•1 Petrus 2:25

Gaan roep hierdie woorde na die noorde toe uit en sĂȘ:
Trouelose Israel, kom terug, sĂȘ die Here.
Ek sal nie langer vir julle kwaad wees nie,
want Ek is getrou, sĂȘ die Here,
Ek bly nie vir altyd kwaad nie.
~•Jeremia 3:12

Waarom het Ek gekom en daar was niemand nie, het Ek geroep en niemand geantwoord nie? Is my hand werklik te kort om te verlos, of is daar in my geen krag om uit te red nie? Kyk, deur my dreiging maak Ek die see droog; Ek maak die riviere tot ’n woestyn, sodat hulle visse stink, omdat daar geen water is nie, en hulle sterwe van dors.
~•Jesaja 50:2