Jesaja 55:7 NLV Die goddelose mens moet sy verkeerde dinge los, en die bose mens sy slegte gedagtes. Hy moet terugdraai na die Here en Hy sal hom genadig wees. Ja, draai na God, want Hy sal altyd vergewe!
Joël 2:13 Moenie julle klere skeur omdat julle hartseer is nie, skeur julle harte!” Draai terug na die Here julle God toe, want Hy is genadig en vol meegevoel. Hy word nie maklik kwaad nie. Hy is baie liefdevol en wil julle nie graag straf nie.
Hosea 14:2 2 Keer terug na die Here jou God, o Israel, want jou sondes is jou ondergang. 3 Bely jou sondes en keer terug na die Here toe. Sê vir Hom: “Vergewe tog al ons sondes en aanvaar ons in genade sodat ons weer ’n lofoffer aan U kan bring.
Sagaria 1:3 Sê daarom vir die volk: ‘Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: Draai om na My toe en Ek sal na julle toe omdraai, sê die Here, die Almagtige.’
Jeremia 24:7 Ek sal hulle ’n ingesteldheid gee om My weer as die Here te ag. Hulle sal weer soos my eie mense wees en Ek sal hulle God wees. Hulle sal My weer heelhartig dien.
Klaagliedere 3:40 Laat ons eerder gaan kyk na wat ons gedoen het en daaroor nadink sodat ons kan omdraai na die Here toe.
Hosea 6:1 “Kom, laat ons teruggaan na die Here toe! Hy het ons verskeur; Hy sal ons weer genees. Hy het ons geslaan; Hy sal ons wonde weer verbind.
Hosea 12:7 Kom nou terug na jou God toe! Tree op met liefde en regverdigheid, en lewe voortdurend met ’n vaste vertroue op jou God.
Jeremia 3:22 Die Here sê: “Ontroue kinders, kom terug na My toe. Ek sal julle van julle ontrouheid genees.” Hulle het geantwoord: “Ja, ons wil terugkom, want U is die Here ons God!
Jesaja 31:6 Daarom, Israeliete, kom terug na Hom toe, al het julle Hom verraai.
Jakobus 4:8 Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. Was julle hande van die sonde wat daaraan kleef, julle sondaars, maak julle harte skoon, julle tweegesigte wat nie kan besluit aan wie julle getrou wil wees nie.
Psalms 51:19 Die offer wat U wil hê, o God, is ’n gebroke gees. ’n Gebroke en berouvolle hart sal U nie verwerp nie, o God.
Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom
op die laaste dag uit die dood laat opstaan.
My liggaam is die ware voedsel, en my bloed is die ware drank.
*🔥Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.🔥 ~~~~~~ Toe hulle dit hoor, het baie van Jesus se dissipels gesê: “Wat Hy nou
sê, is darem te erg. Wie kan daaraan gehoor gee?”
Jesus het vanself geweet dat sy dissipels hieroor mor, en Hy sê vir
hulle: “Skrik dit julle af?
Wat dan nog as julle die Seun van die mens sien opvaar na waar Hy
voorheen was?
🔥Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen
nie. Wat Ek vir julle gesê het, kom van die Gees en gee lewe.🔥
Maar daar is party van julle wat nie in My glo nie.” Jesus het immers
van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie dit is wat
Hom sou verraai.
Verder het Hy gesê: “Daarom het Ek vir julle gesê niemand kan na My toe
kom as die Vader dit nie aan hom gegee het nie.”
Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam
met Hom gegaan nie.
JOHANNES 6:54-56,60-66 (AFR83)
~~~~~~ *Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.
JOHANNES 15:4
John Gill se kommentaar aangaande Johannes 15:4:
(Vertaal deur my.)
Bly in My
'n Vermaning om voort te gaan in die uitoefening van geloof en liefde op Christus, wat aan Hom vashou, met die volle doel van die hart aan Hom te kleef en die lewe, genade, krag en voeding van Hom te ontvang.
En Ek in julle
'n Belofte wat bemoedig tot die vorige punt, om te bly in Hom, want soos Christus in die harte van sy mense gevorm word, gaan Hy daar voort as die lewende beginsel van alle genade.
'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.
Wat die noodsaaklikheid sterk beklemtoon om te bly in Christus deur vars, herhaalde dade van geloof: en dit is maklik om te sien, dat wanneer gelowiges van Christus afdwaal, alhoewel dit maar gedeeltelik en vir 'n tyd is, want hulle kan nie finaal en geheel en al van Hom afdwaal nie, in wat 'n arm, verdorde, vrugtelose toestand hulle is, beide in hulle postuur/houding [frame] en pligte.
~~~~~
Daar in Johannes 6:63 bevestig Jesus dat wat Hy vir hulle gesê het in v.56 "Wie My liggaam eet en My bloed drink, bly in My en Ek in hom.", van die Gees is, geestelik, nie letterlik soos die katolieke glo nie.
Dankie Here dat U my so leer uit U woord. Nou kan ek vir die katolieke verwys na Johannes 6:63 aangaande hulle verkeerde interpretasie van v.56.
Wanneer mense een keer deur God verlig is, die hemelse gawe ontvang en deel gekry het aan die Heilige Gees, die goeie woord van God leer ken het en die kragte van die toekomstige wêreld ondervind het en
dan nogtans afvallig geword het, is dit onmoontlik om hulle weer tot
bekering te bring. In hulleself kruisig hulle immers weer die Seun van
God en maak hulle Hom in die openbaar tot 'n bespotting.
....Maar dit praat nie van 'n Christen wat lou is, wat afgedwaal het nie, want 'n Christen wat lou is, glo nog steeds en bely nog steeds met die mond dat Jesus Here is, maar dit praat van 'n Christen wat in al die krag van die Heilige Gees geloop het, gered is ja, maar wat dan totaal afvallig word en wegval van Jesus deur Hom te ontken as Here en God, as die Woord wat vlees kom word het.
Verse tot bemoediging:
Kom terug, kinders wat afgedwaal het,
Ek wil 'n einde maak aan julle afdwaling.
Jeremia 3:22
Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie.
en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.
Ek en die Vader is een.”
Johannes 10:28-30
Return, Oh Backslider ~ Walter Hawkins & The Love Center Choir
We've changed
We no longer seek, my God's face
We changed
We think we're saved by works and not by faith
The purest saints of God
We no longer seek, and our testimonies as Christians
They get so tired and so weak
We’ve changed
We’ve no desire to fast or to pray anymore
We’ve changed
We attend the church, but it seems such a bore
We have a form of Godliness
Church we’ve lost all of our power
How can we stand in these old last and evil day
How can we face the final hour
Return, oh backslider…
Return and He’ll revive us
He’ll restore you
Back to your place in God
Again…
Again…
He will come and bring you life
More abundantly if you only return
Unto Him…
We… we have changed
The joy that once was our strength is all gone
Church we’ve changed
We feel we can do anything whether right or whether wrong
But my Bible tells me there…will be
There’s going to be a great falling away
I came to tell you, you don’t have to be in that number
Return to Christ today
Return, oh backslider…
Return and He’ll revive us
He’ll restore you…
Back to your place in God
Again…
Again…
He will come… and bring you life
More abundantly…only return