♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
Ek skryf dit oor die rassistiese uitlating van 'n politieke party se raadslid in ons Suid-Afrikaanse parlement oor die minderheid 'wit' Afrikaners in ons land.
Bron: dailymaverick.co.za
Gemeenheid word Verhef
Psalms 12:2-9 AFR20
[2] Verlos tog, Here! Want daar is nie meer getroue volgelinge nie; die betroubares onder die mense het verdwyn.
[3] Die een mens belieg die ander; met vleiende lippe praat hulle uit twee monde.
[4] Mag die Here al die vleiende lippe uitroei, die tonge wat grootpraat,
[5] hulle wat sê: “Danksy ons tonge is ons sterk; ons lippe is onder ons beheer. Wie is heer oor ons?”
[6] “Vanweë die geweld teen die magteloses, die gesug van die behoeftiges, gaan Ek nóú opstaan,” sê die Here. “Ek sal hulle wat daarna smag na veiligheid bring.”
[7] Die Here se woorde is suiwer woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltoond in die grond, dit is sewe maal gesuiwer.
[8] U, Here, moet hulle beskerm; U moet elkeen altyd veilig hou teen hierdie geslag.
[9] Oral loop goddeloses rond, terwyl die gemeenheid van mensekinders hoogty vier.
Psalms 94:15 AFR20
Want die regspraak sal weer regverdig wees en almal met opregte harte sal dit steun.
📖 Bybel
🎵 Lied 🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡