Wys tans plasings met die etiket veilig. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket veilig. Wys alle plasings

Saterdag, Augustus 03, 2024

Gemeenheid word Verhef

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
Ek skryf dit oor die rassistiese uitlating van 'n politieke party se raadslid in ons Suid-Afrikaanse parlement oor die minderheid 'wit' Afrikaners in ons land.

____________________________

Willie Aucamp, die DA se nasionale woordvoerder, het gesê:
Die raadslid se verklaring, wat 'n begeerte uitspreek om 'n 'boer te m*er' en sy uitlating dat hy 'die bloed van 'n Afrikaner wil hê', is 'n blatante vertoning van haatspraak en rassisme wat geen plek in ons demokratiese samelewing het nie.

Die EFF is ’n party van haat en chaos. Hulle is die ‘brekers’ wat poog om verdeeldheid te saai en geweld aan te blaas, wat die waardes van eenheid en respek waarop ons nasie gebou is, ondermyn.  
Bron:   dailymaverick.co.za
____________________________

Sien die paar sekondes snit in hierdie video van die raadslid se gemeenheid in die parlement. Dit is al wat hul party na die tafel bring, haat en rassisme teen die minderheid in hierdie land. (Die Demokratiese Alliansie het ook kriminele klagte teen die rassistiese raadslid gebring.) Ek hoop en bid dat geregtigheid sal seëvier. Bid asseblief saam met ons, wie ook al hier lees.🙏🏻🕊️


Gemeenheid word Verhef

Psalms 12:2-9 AFR20

[2]  Verlos tog, Here! Want daar is nie meer getroue volgelinge nie; die betroubares onder die mense het verdwyn

[3] Die een mens belieg die ander; met vleiende lippe praat hulle uit twee monde. 

[4] Mag die Here al die vleiende lippe uitroei, die tonge wat grootpraat

[5] hulle wat sê: “Danksy ons tonge is ons sterk; ons lippe is onder ons beheer. Wie is heer oor ons?” 

[6] “Vanweë die geweld teen die magteloses, die gesug van die behoeftiges, gaan Ek nóú opstaan,” sê die Here. “Ek sal hulle wat daarna smag na veiligheid bring.” 

[7] Die Here se woorde is suiwer woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltoond in die grond, dit is sewe maal gesuiwer. 

[8] U, Here, moet hulle beskerm; U moet elkeen altyd veilig hou teen hierdie geslag. 

[9] Oral loop goddeloses rond, terwyl die gemeenheid van mensekinders hoogty vier.


Psalms 94:15
AFR20

Want die regspraak sal weer regverdig wees en almal met opregte harte sal dit steun.

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Donderdag, Mei 16, 2024

'n Beker Vir Die Goddeloses

God sal met die onberouvolle goddeloses afreken, maar nou is die dag van verlossing. Kies hierdie dag wie jy sal dien, Jesus Christus of Satan? Kom na Jesus toe wat jou uit die duisternis na Sy wonderbare lig sal bring. Jou sondes sal vergewe word as gevolg van Sy bloed wat aan die kruis gestort is vir jou sondes terwyl jy nog 'n sondaar was. Jesus het jou straf gedra. Kom na Hom in geloof en word beseël deur die Heilige Gees en jy sal 'n nuwe skepsel wees, wedergebore.

Word deel van God se heilige nasie, Sy eie spesiale volk, wat eens nie 'n volk was nie maar nou die volk van God is, wat nie barmhartigheid verkry het nie, maar nou barmhartigheid verkry het.
Kom! Jesus wag om jou met ope arms te ontvang. Moenie uitstel nie. Môre word aan niemand van ons belowe nie. Môre is dalk te laat. Kies hierdie oomblik om Jesus te volg en Hom te gehoorsaam. Hy sê vir jou om God en mense en selfs jou vyande lief te hê en mekaar se laste te dra en so die wet van Christus te vervul wat die wet van liefde is. God seën jou!🩷

♡~•~♡~•~♡🄹🄴🅂🅄🅂♡~•~♡~•~♡

‭PSALMS 74:22-23 AFR83‬
²² Kom tog, o God! Laat geld tog u reg. Dink tog daaraan hoe u eer dag vir dag deur barbare geskend word.
²³ Moet dit tog nie ongemerk laat verbygaan nie: die geskreeu van u teëstanders, die aanhoudende rumoer van u vyande.

‭PSALMS 75:9, 11 AFR83‬
⁹ Daar is 'n beker in die hand van die Here. Dit is vol skuimende wyn met gif gemeng. Hy laat die goddeloses van die aarde daaruit drink; hulle moet selfs die afsaksel opdrink, die beker leegdrink.
¹¹ “Ek sal die mag van die goddeloses verpletter,” sê God, “maar die regverdige sal Ek hoog verhef.”

1 Timoteus 2:4 AFR83
⁴ [God, ons Verlosser] wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.

PSALMS 75:10 AFR83‬
¹⁰ Maar ék sal altyd getuig, altyd sing tot eer van die God van Jakob.

1 Petrus 2:9-10 AFR83
⁹ Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.
¹⁰ Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys.

📖Bybel

🎶 Lied 1 🎶 Lied 2 🎶

♡~•~♡~•~♡🄹🄴🅂🅄🅂♡~•~♡~•~♡