Wys tans plasings met die etiket huil. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket huil. Wys alle plasings

Sondag, Oktober 13, 2024

Droefheid

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Droefheid

Prediker 7:2-4 NLV
² Dis beter om na ’n huis te gaan waar gerou word.
Die dood is elkeen se bestemming.
En elkeen wat nog lewe, kan dit ter harte neem.
³ Droefheid is beter as om te lag; ’n droewige gebeurtenis
laat ’n mens dikwels goed nadink
.
⁴ Die gemoed van die wyse voel tuis waar daar gerou word.
Die dwase se gemoed voel tuis waar daar plesier is.

♡🩷♡
Psalms 90:12
Leer ons ons dae só gebruik
dat ons wysheid kan bekom
.

2 Korintiërs 7:10
want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood.

2 Samuel 12:13
Toe bely Dawid sy skuld en sê vir Natan: “Ek het teen die Here gesondig.”
Natan antwoord hom: “Die Here het jou sonde vergewe sodat jy nie oor hierdie sonde sal sterf nie.

Psalms 32:10
Baie leed tref die goddeloses,
maar onfeilbare liefde
omring húlle wat op die Here vertrou
.

Matteus 26:75
Skielik het Jesus se woorde deur Petrus se gedagtes geflits: “Voordat die haan kraai, sal jy drie maal ontken dat jy my dissipel is.” Daarop het hy buitentoe gegaan en hartstogtelik gehuil.

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡