♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
Droefheid
Prediker 7:2-4 NLV
² Dis beter om na ’n huis te gaan waar gerou word.
Die dood is elkeen se bestemming.
En elkeen wat nog lewe, kan dit ter harte neem.
³ Droefheid is beter as om te lag; ’n droewige gebeurtenis
laat ’n mens dikwels goed nadink.
⁴ Die gemoed van die wyse voel tuis waar daar gerou word.
Die dwase se gemoed voel tuis waar daar plesier is.
♡🩷♡
Psalms 90:12
Leer ons ons dae só gebruik
dat ons wysheid kan bekom.
2 Korintiërs 7:10
want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood.
2 Samuel 12:13
Toe bely Dawid sy skuld en sê vir Natan: “Ek het teen die Here gesondig.”
Natan antwoord hom: “Die Here het jou sonde vergewe sodat jy nie oor hierdie sonde sal sterf nie.
Psalms 32:10
Baie leed tref die goddeloses,
maar onfeilbare liefde
omring húlle wat op die Here vertrou.
Matteus 26:75
Skielik het Jesus se woorde deur Petrus se gedagtes geflits: “Voordat die haan kraai, sal jy drie maal ontken dat jy my dissipel is.” Daarop het hy buitentoe gegaan en hartstogtelik gehuil.
📖 Bybel
🎵 Lied 🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡