Wys tans plasings met die etiket liefdevol. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket liefdevol. Wys alle plasings

Sondag, Januarie 19, 2025

Kies Om Vriendelik Te Wees

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Kies Om Vriendelik Te Wees,
Selfs Wanneer die Lewe Moeilik is

Efesiërs 4:32 NLV
Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.

♡🩷♡
Kolossense 3:12
Julle is die mense wat God uitgekies het wat Hy geheilig het en wat Hy liefhet. Daarom moet julle die volgende soos klere aantrek: liefdevolle deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld.

Spreuke 31:26
Sy praat met wysheid,
sy gee raad saam met liefde.

1 Korintiërs 13:4-7
4 Die liefde is geduldig en vriendelik,
die liefde is nie jaloers nie,
die liefde blaas nie sy eie beuel nie,
is nie vol van homself nie.
5 Dit tree nie onwaardig op nie,
stel nie sy eie belange voorop nie,
is nie kort van draad nie,
hou nie boek van die kwaad
wat hom aangedoen word nie.
6 Dit treur oor die onreg
wat plaasvind
,
en juig as die waarheid seëvier.
7 Die liefde bly stil oor ander se foute,
dit bly steeds vertrou,
dit hou aan met hoop,
dit verduur alles.

1 Petrus 3:9
Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terugbeledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet ’n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën.

♡🩷♡

Wanneer Die Lewe Moeilik Is

Psalms 13
2 Hoe lank sal U my bly vergeet, Here?
Vir altyd?
Hoe lank nog sal U anderpad kyk?
3 Hoe lank moet ek alleen planne maak,
elke dag deurbring met droefheid in my hart?

Hoe lank sal my vyand die oorhand hê?
4 Kyk tog en antwoord my, Here my God!
Verlig tog weer my oë dat ek nie die doodslaap ingaan nie,
5 anders sê my vyand: “Ek het hom oorwin!”
en is my teenstander bly oor my ondergang.
6 Maar ek maak self staat op u troue liefde.

Ek wil juig omdat U my gered het.
Ek wil sing tot eer van die Here omdat Hy vir my goed was.

Johannes 16:33
Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.”

Openbaring 21:4
Hy sal elke traan van hulle oë afvee en die dood sal glad nie meer bestaan nie. Ook hartseer of smartkrete of pyn sal glad nie meer bestaan nie. Die ou dinge het verbygegaan.”

Psalm 56:8
U het my ellende raakgesien.
U het my trane opgevang.
U het dit opgeskryf in u boek.


📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
Held (Official Music Video) - Megan Tibbits & Hillside Recording
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Vrydag, Augustus 24, 2018

Vergeld nie goed met kwaad nie

Goeie dag dierbares.🤗♥️ Mag julle dag geseënd wees en laat ons net goed doen aan ander tot eer van ons Koning Jesus se Heilige Naam.♥️🕊️
Laat ons asb. bid:
Abba Vader in Jesus se Heilige Naam sê ons dankie vir U kosbare woord wat waarlik 'n lamp vir ons voete en 'n lig vir ons pad is. Dit help ons om die regte weë te bewandel, om op die nou paadjie te bly en nie af te wyk na die breë weg nie.
Help ons asb. Here ons God, dat ons sal gehoorsaam wees aan U woord en so sal ons gehoorsaam wees aan U wet van liefde, wanneer ons in die liefde wandel, liefde teenoor U en liefde teenoor ons naaste, want ons is onder die wet van Christus, die wet van die liefde. Dankie Here. Amen.

Wanneer ons mense wat aan ons goed doen, iets sleg aandoen, sal bose dinge oor ons kom.
Wie wil tog hê dat iemand slegte dinge aan hulle moet doen?
Laat ons doen aan ander wat ons wil hê dat hulle aan ons moet doen en ons wil tog hê dat mense ons liefdevol en viendelik moet behandel en net goed moet doen aan ons.

Laat ons as Christene 'n lig wees in hierdie wêreld, immers woon die Gees van die Lig van die wêreld, die Gees van Christus, in ons.🙂

“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”
MATTEUS 7:12