Wys tans plasings met die etiket pêrels. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket pêrels. Wys alle plasings

Woensdag, November 19, 2025

Pêrels & Varke

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Pêrels & Varke

MATTEUS 7:6 NLV
“Moenie wat heilig is vir onheilige mense gee nie. Hulle sal dit nie respekteer nie. Hulle sal soos honde omspring en julle verskeur. Moet ook nie julle kosbare pêrels vir elke morsige hierjy aanbied nie. Hulle sal dit nie waardeer nie, maar dit vertrap soos varke onder hulle pote.”

🕊📖🦪📖🕊
SPREUKE 9:7-8 NLV
⁷ Hy wat ’n spotter wil reghelp, sal afgejak word. Hy wat ’n goddelose mens op die regte pad wil help, sal seerkry
⁸ Moenie hom wat spot, teregwys nie. Hy sal jou daarvoor haat. Wys iemand tereg wat wys is, en hy sal lief wees vir jou.

SPREUKE 23:9 NLV
Moenie ’n dwaas reghelp nie. Jou goeie raad behandel hy met minagting.

HANDELINGE 13:44-49, 52 NLV
⁴⁴ Die volgende Sabbatdag het byna die hele stad bymekaargekom om hulle die woord van die Here te hoor preek. 
⁴⁵ Toe die Jode die skares sien, het hulle jaloers geword. Hulle het Paulus beledig en alles teengestaan wat hy gesê het. 
⁴⁶ Paulus en Barnabas het toe reguit vir hulle gesê: “Die woord van God moes eerste aan júlle verkondig word. Maar omdat julle dit verwerp en daarmee beslis dat julle die ewige lewe nie werd is nie, wend ons ons nou tot die nie-Jode. 
⁴⁷“Immers met hierdie woorde het die Here ons ’n opdrag gegee: ‘Ek het Jou gegee as ’n lig vir die nie-Joodse nasies sodat Jy verlossing kan bring tot in die uithoeke van die aarde.’” 
⁴⁸ Toe die nie-Jode dit hoor, was hulle baie bly en hulle het die woord van die Here toegejuig. Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword. 
 Die woord van die Here het deur daardie hele streek versprei.
² Die gelowiges was vol blydskap en vol van die Heilige Gees.

📖 Bybel 

🎵  Lied  🎵 
https://music.youtube.com/watch?v=3EVCYWQOihs
Crystal's Cry
Sondae, Moflo & Crystal Mills
Pilgrim's Road

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Maandag, Oktober 20, 2014

Leef soos Jesus

Lewe ons soos Jesus?  Doen ons wat Hy vir ons sê om te doen of nie te doen nie?

Die Skrif sê vir ons dat as ons waarlik in Christus is en Hy in ons, dan sal ons leef soos Jesus gelewe het.  Nou hoe weet ons hoe Jesus geleef het?  Hoe weet ons wat Hy vir ons beveel om te doen of nie te doen nie?

Lees die woord van God, kosbare mense.  Alles wat jy nodig het om te weet is daarin.  Dit is soos 'n skatkis vol pêrels van wysheid.  God praat deur Sy woord.  Hoe kan ons 'n goeie verhouding met Hom hê, wanneer ons nie stil raak en luister wat Hy vir ons sê nie?  Hy praat met jou deur Sy woord.  Maak oop jou Bybel en ontdek wat alles in daardie skatkis weggesteek is.  Sy Woord sal jou verander.  Jou denke sal verander word.  Jy sal 'n hele nuwe manier van dink oor dinge ontwikkel.

Geniet jou verhouding met die Lewende God.  Hy maak jou 'n nuwe mens.
Wie Sy woord egter gehoorsaam — in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik.  Hieraan weet ons dat ons in Hom is.
Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.
•~1 Johannes 2:5-6