In die Bybel word ons aangesê om altyd te bid. Van die Ou Testament
tot die Nuwe Testament...BID, want dit is wat God van ons verwag omdat
ons met Christus Jesus verenig is. Ons veg 'n geestelike stryd in
gebed. Elke Christen is 'n vegter in die geestelike stryd wat ons voer.
Laat ons getrou en ywerig in gebed wees. Laat ons nie laks wees
aangaande ons gebedslewe nie, want deur laksheid in gebed gee ons die
duiwel 'n kans om 'n voet in die deur te kry in ons lewens.
Ek het wagte op jou mure gesit, Jerusalem. Hulle sal dag en nag bid. Julle wat die Here herinner aan sy beloftes, moenie rus nie.
~•Jesaja 62:6
Moenie ophou bid nie.
~•1 Tessalonisense 5:17
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Wees asseblief respekvol in jou kommentaar. Haatlike, rassistiese, diskriminerende, antisemitiese of neerhalende kommentaar sal nie goedgekeur word nie. Jou respekvolle kommentaar (al stem jy nie saam nie) is welkom en word waardeer.