Vrydag, Februarie 13, 2015

Afgedwaalde skape

Laat die woord van die Here praat.  Die Here se hand is nie te kort om 'n kind van Hom wat afgedwaal het, te verlos nie.  Die Here self sal Sy afgedwaalde skape gaan soek.  Hy sal hulle genees en hulle van harte liefhê!  Hy sê so in Sy woord!
Al het hulle God verlaat, het God hulle nooit verlaat nie.  God het hulle nog steeds lief en Hy roep hulle terug tot bekering deur hulle te straf.  Mag God hulle siele genadig wees en terugbring na Hom.
Mag ons vriende en familie wat afgedwaal het van die Here, terugkom na die Here en Hom met hulle hele hart aanbid.
Niks is vir God onmoontlik nie.  Laat ons in gebed bly vir ons geliefdes. ♥

Kom terug, kinders wat afgedwaal het,
Ek wil 'n einde maak aan julle afdwaling.
Kyk, ons kom na U toe, want U is die Here ons God!
~•Jeremia 3:22

Ek sal hulle ontrou genees. Ek sal hulle van harte liefhê. Wanneer my toorn van hom afgewend is,
~•Hosea 14:5

Julle het immers soos skape rondgedwaal, maar nou het julle teruggekom na julle Herder en die Bewaker van julle lewe.
~•1 Petrus 2:25

Gaan roep hierdie woorde na die noorde toe uit en sê:
Trouelose Israel, kom terug, sê die Here.
Ek sal nie langer vir julle kwaad wees nie,
want Ek is getrou, sê die Here,
Ek bly nie vir altyd kwaad nie.
~•Jeremia 3:12

Waarom het Ek gekom en daar was niemand nie, het Ek geroep en niemand geantwoord nie? Is my hand werklik te kort om te verlos, of is daar in my geen krag om uit te red nie? Kyk, deur my dreiging maak Ek die see droog; Ek maak die riviere tot ’n woestyn, sodat hulle visse stink, omdat daar geen water is nie, en hulle sterwe van dors.
~•Jesaja 50:2



Sondag, Februarie 08, 2015

Jehovah Jireh

God hou daarvan om kos te vermeerder. :) Sowaar ons Jehovah Jireh!  Ons Here ons Voorsiener.

Op ’n dag bring ’n man van Baäl-Salisa vir die man van God ’n sak vars koring en twintig garsbrode van die nuwe oes. Elisa sê vir hom: “Gee dit vir die mense sodat hulle dit kan eet.”
“Wat?” sê sy dienaar. “Hoe kan ons 100 mense met so min kos gee?”
Maar Elisa het herhaal: “Gee dit vir die mense sodat hulle kan eet, want die Here sê daar sal genoeg vir almal wees. Daar sal selfs nog oorbly!”
En sowaar, daar was genoeg vir almal en hulle het nog kos oorgehou, net soos die Here gesê het.
~•2 Konings 4:42-44


Maandag, Februarie 02, 2015

Die Here ons Geneser

Indien iemand jou met hulle woorde of met hulle dade seergemaak het en jou hart is gebroke, weet net dat jy nie alleen is nie.  Jesus sal jou gebroke hart genees, jou wonde verbind.
Dié wat jou seergemaak het, hou hulle in gebed!  Ja, bid vir hulle!  Ek weet dit is moeilik, maar druk deur en jy sal verbaas staan hoe die Here Jesus jou hart sal genees.