Wys tans plasings met die etiket gebroke hart. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket gebroke hart. Wys alle plasings

Saterdag, April 04, 2015

Stort jou hart uit

Is jou hart seer, gebroke?  Is jou hart aan flarde?  Omdat mense, miskien selfs geliefdes jou baie seergemaak het?  Hardloop na jou Hemelse Vader en stort jou hart voor Hom uit.  Hy sal dit regmaak en jou vertroos.  Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde.

God jou Vader het jou baie lief en wag vir jou met uitgestrekte arms.♥


Maandag, Februarie 02, 2015

Die Here ons Geneser

Indien iemand jou met hulle woorde of met hulle dade seergemaak het en jou hart is gebroke, weet net dat jy nie alleen is nie.  Jesus sal jou gebroke hart genees, jou wonde verbind.
Dié wat jou seergemaak het, hou hulle in gebed!  Ja, bid vir hulle!  Ek weet dit is moeilik, maar druk deur en jy sal verbaas staan hoe die Here Jesus jou hart sal genees.