Wys tans plasings met die etiket Bloed. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Bloed. Wys alle plasings

Maandag, Desember 29, 2025

Die Bloed

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Die Bloed 
Pleit van die Bloed
Rus in Christus se Voltooide Werk 
Aan die Kruis


Die oorwinning is reeds bewerkstellig deur Christus se voltooide werk aan die kruis. Dit is nie nodig om die bloed in elke situasie, oor enige voorwerp of persoon, te pleit nie.

1 KORINTIËRS 15:57 NLV
Aan God kom ons dank toe – Hy wat aan ons die oorwinning oor die sonde en die dood gee deur Jesus Christus ons Here!

Die bloed van Jesus is vir die vergifnis van sonde, want sonder die vergieting van bloed is daar geen vergifnis van sonde nie.

Ons is reeds oorgeplaas na die Koninkryk van God se geliefde Seun. Ons hoef nie oor en oor 'die bloed te pleit' nie.

Jesus is nie apart van Sy bloed nie.

Deur die jare, soos ons groei in ons wandel met Christus en groei van die melk na die vleis van die God se woord, het ek geleer dat ons nie "die bloed van Christus pleit" nie. Deur gebed en die soeke na waarheid in die Bybel, weet ek dat die bloed van Jesus, wat vir ons sondes gestort is, ons van ons sondes reinig. Dit is dit. Geen bloed hoef gepleit nie. Ek het nooit geweet dit kom van die 'Word of Faith'-beweging nie. Dit is 'n Pinkster tradisie.

♡🩷♡
ROMEINE 5:9-11 NLV
⁹Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie! 
¹⁰ Want as God ons, terwyl ons nog sy vyande was, deur die dood van sy Seun tot sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie! 
¹¹ Bo alles kan ons nou ook jubel in God omdat Jesus Christus ons Here ons bevoorreg het om nou God se vriende te wees.

Christus het reeds geestelike heersers en owerhede ontwapen!🙌 Dit is nie nodig om die bloed oor en oor te pleit nie.🙂👇
KOLOSSENSE 2:15 NLV
So het Hy die regeerders en gesagvoerders ontwapen. Hy het hulle in die openbaar bespotlik gemaak deur aan die kruis oor hulle te triomfeer.

JOHANNES 19:30 NLV
Toe Jesus die suur wyn proe, het Hy gesê: “Dit is nou afgehandel!” Toe het Hy sy kop vooroor laat val en sy asem uitgeblaas.

EFESIËRS 1:7 NLV
Deur sy geliefde Seun is ons verlos deurdat Hy sy bloed vir ons gestort het. Ons oortredings is vergewe omdat God die rykdom van sy genade 

HEBREËRS 9:22 NLV
Ons kan inderdaad sê dat volgens die wet feitlik alles met bloed gereinig word. Sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis van sonde plaas nie.

HEBREËRS 10:10 NLV
Omdat God dit so wou hê, is ons geheilig deur Jesus se liggaam wat eens en vir altyd vir ons geoffer is.

KOLOSSENSE 2:14-15 NLV
¹⁴ Hy het die dokument met voorskrifte wat as klagstaat teen ons gedien het, uitgevee en dit vir goed weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker. 
¹⁵ So het Hy die regeerders en gesagvoerders ontwapen. Hy het hulle in die openbaar bespotlik gemaak deur aan die kruis oor hulle te triomfeer.

1 TIMOTEUS 2:5 NLV
Want daar is net een God en een Middelaar wat God en mens kan versoen. Hy is die mens Christus Jesus.

KOLOSSENSE 1:13-14 NLV
¹³ Hy het ons verlos uit die mag van die duisternis en ons oorgebring onder die koningsheerskappy van sy geliefde Seun. 
¹⁴ Deur die Seun het ons verlossing verkry, naamlik die vergewing van sonde.

1 JOHANNES 2:1 NLV
My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle nie moet sonde doen nie. As iemand egter sonde doen, ons het ’n Helper by die Vader wat ons saak stel, Jesus Christus, die regverdige. 

OPENBARING 1:5 NLV
⁵ en van Jesus Christus, die betroubare getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het en wat heers oor die konings van die aarde. Aan Hom wat ons liefhet en ons deur sy bloed van ons sondes verlos het,

OPENBARING 12:11 NLV
En hulle het hom self oorwin op grond van die bloed van die Lam en die boodskap waaroor hulle getuig het. Hulle het hulle lewens nie so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterf nie.

OPENBARING 19:10 NLV
Toe het ek voor sy voete neergeval om hom te aanbid. Hy sê egter vir my: “Oppas, moenie! Ek is net jou mededienskneg, en van al jou medegelowiges wat getuienis van hulle geloof in Jesus gelewer het. Buig neer in aanbidding voor God! Die kern van die profesie is inderdaad om van Jesus te getuig.”

1 TESSALONISENSE 5:9 NLV
God se bedoeling met ons is nie dat ons gestraf moet word nie, maar dat ons deur ons Here Jesus Christus verlos word! 

Die Bloed van Christus is uitgegiet om ons te red van die toekomstige toorn.

KOLOSSENSE 2:8 NLV
Wees op julle hoede en laat niemand julle op sleeptou neem met ’n leë, misleidende filosofie wat wel rekening hou met menslike tradisie en met wêreldse magte, maar nie met Christus nie. 

In plaas daarvan om die bloed te 'pleit', moet ons rus in wat Jesus vir ons aan die kruis bereik het. Dit is reeds gedoen, volbring!🥰🙌✝️🐑🩸🕊👑

📖 Bybel 

🎵  Lied  🎵 
If I Got Jesus
Ben Fuller • If I Got Jesus • 2023
https://music.youtube.com/watch?v=3Qen1A6wBZU

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
(Ek verskaf 'n skakel hieronder wat dit mooi verduidelik.)
"Ons is gereinig deur die bloed van Christus, en nou is Hy ons Hoëpriester en Middelaar wat 'vir altyd leef om ons saak voor God te bepleit'. (Hebreërs 7:25). As Sy skape is ons reeds onder Sy beskerming; ons moet eenvoudig dag vir dag leef en op Hom vertrou vir wat Hy reeds belowe en voorsien het."

Pleading the Blood
https://www.gotquestions.org/pleading-the-blood.html

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Maandag, Oktober 27, 2014

God se beskerming

Ek wil graag met julle deel hoe God in my lewe werk.

Die duiwel se gunsteling taktiek met my is, om my aan te val met vrees, want hy weet baie goed as ons vrees, dan bekommer ons en ons twyfel of God ons regtig sal help, sal beskerm en dit liewe mense is ongeloof en ons weet dat sonder geloof kan ons God nie tevrede stel nie.
Maar met die Here se hulp het ek nou al geleer om te onderskei wanneer die duiwel besig is om my aan te val.  Ek vrees nie meer nie.  God is getrou en Hy gee vir my Sy vrede wat alle verstand te bowe gaan, omdat ek daaroor bid.  God is so dierbaar, so liefdevol, so goed.

Waar ons bly is baie inbrake.  Twee keer is daar al by ons garage ingebreek en daar was nog 'n paar pogings, maar hulle is onderbreek.  Selfs 25 jaar terug, die aand voor ons moes intrek, toe probeer 'n ou hier inbreek!  Maar God is baie goed vir ons.

'n Paar aande terug was my man by die werk besig met nagskof en ek was by die huis alleen.  'n Skelm kom sluip toe hier rond en laat die sekuriteitslig aan die kant van ons huis aangaan.

Die rede hoekom ek dit vertel, is om vir julle te wys hoe die duiwel te werk gaan.  Ek en my man gaan binnekort vir 2 dae weg en ek was baie bekommerd om die huis so alleen te los, veral met al die inbrake.  Maar ek het besef God is nie tevrede met my nie.  Ek het al my vrese en bekommernisse vir Hom gegee in gebed!  Ek plaas al my vertroue in die Here Jesus Christus!  God is in beheer!  Ek wil nie die Heilige Gees bedroef maak deur bekommerd en bevrees te wees nie.  Bekommernis is 'n teken van ongeloof en ons weet sonder geloof kan ons nie vir God tevrede stel nie.

Die duiwel sal enigiets probeer om jou geloof te ondermyn, om jou te laat vrees, bekommer, twyfel, want hy haat vir jou en hy haat die feit dat ek en jy op God vertrou.  So ek is hier om vir jou te vertel moenie bekommer oor enigiets nie!  Vertrou op Jesus!  Is enigiets onmoontlik vir God?  Niks is onmoontlik vir ons God nie!  Hy het ons lief en Hy sorg vir die regverdiges.  Die Bybel sê die regverdiges sal deur baie rampe getref word, maar die Here red ons uit hulle almal!

Die beste van alles is hoe die Here my lei in Sy woord.  Die volgende oggend lei Hy my na Jesaja 52:12.

Julle hoef nie haastig pad te gee nie, julle hoef nie soos vlugtelinge te vertrek nie:  Die Here gaan voor julle uit, die God van Israel kom agter julle aan.

Daardie aand bevestig die Here Sy woord deur 'n suster in Christus wat die profetiese gawe het, maar wat niks van my weet nie en ek sien haar FB status in Engels wat sê:  (vertaal deur my)

Ek hoor die Here sê, Ek het jou vyande onderskep, want jou vyande is ook My vyande.  Dit is alles nou verby.  Die pad is nou duidelik.  Niks meer oor jou skouers loer nie, want jou Here beskerm jou voorkant, jou agterkant en al jou kante.  Loop nou op die pad waar bandiete, diewe, rowers en moordenaars verbied is om jou, my gesalfdes, in hierdie seisoen aan te raak.  Rus My dienaars, want die Here beskerm jou, want jou vyande is ook My vyande.

Sien jy hoe God praat?  Is Hy nie kosbaar, liefdevol en beskermend teenoor die wat aan Hom behoort nie?  Hy het 'n duur prys vir ons betaal!...ons gekoop met Sy Bloed!  Ons is Syne!
Halleluja!  Prys die Here o my siel!  Ek het U so baie lief Here Jesus!  Geseënd is U Heilige Naam Here! † ♥