Wys tans plasings met die etiket Goeie Nuus. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Goeie Nuus. Wys alle plasings

Sondag, April 05, 2026

Jesus die Messias

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Verkondig die Goeie Nuus
Aan Al die Nasies
Jesus die Messias
Gely, Gesterf & 
Opgestaan Uit die Dood 
Op die Derde Dag
Verkondig Bekering tot 
Vergifnis van Sondes 

LUKAS 24:46-48 NLV
⁴⁶Daarop het Hy gesê: “Só staan dit opgeteken: ‘Die Messias moet ly en op die derde dag opstaan uit die dood.’ 
⁴⁷-⁴⁸ En op grond van sy Naam moet bekering tot vergifnis van sondes aan al die nasies verkondig word. Julle moet by Jerusalem begin en van hierdie dinge getuig.

Profesie oor Jesus die Messias
Deur Koning Dawid

PSALMS 22:2-32 NLV
² My God, my God! Waarom het U my verlaat? Waarom bly U so ver wanneer ek roep om hulp, so ver wanneer ek tot U sug? 
³ Elke dag roep ek na U, my God, maar U antwoord nie; ook elke nag roep ek, maar daar is geen rus vir my nie. 
⁴ Tog is U die Heilige wat woon waar Israel U prys. 
⁵ Ons voorouers het op U vertrou, hulle het U vertrou, en U het hulle gered. 
⁶ Tot U het hulle geroep, en hulle is verlos. Hulle het op U vertrou, en was nooit verleë nie. 
⁷ Maar ek is net ’n wurm, en nie ’n man nie; ek word bespot deur die mensdom, verag deur almal om my. 
⁸ Elkeen wat my sien, spot met my. Hulle trek vir my gesigte, skud die kop en sê: 
⁹ “Vertrou op die Here; laat Hý hom dan red! Laat die Here hom verlos as Hy hom dan so liefhet!” 
¹⁰ Maar U het my die lewenslig laat sien, my as suigeling op U laat vertrou. 
¹¹ Vanaf geboorte is ek van U afhanklik. Vanaf die begin van my lewe was U my God. 
¹² Moenie ver van my af bly nie, want ellende kom en daar is geen helper nie. 
¹³ Soos ’n trop bulle omsingel my vyande my; wilde beeste van Basan het my omring! 
¹⁴ Soos brullende leeus wat uitmekaar wil skeur, met oopgesperde bekke storm hulle op my af. 
¹⁵ My lewe is uitgestort soos water, al my bene val uitmekaar. My hart is soos was wat in my wegsmelt. 
¹⁶ My krag het opgedroog soos ’n potskerf. My tong kleef aan my verhemelte. U laat my vir dood in die stof lê. 
¹⁷ Soos ’n trop honde sirkel hulle om my; ’n kwaadwillige bende sak op my toe. My hande en voete is vasgemaak. 
¹⁸ Ek kan al my bene in my tel. Met leedvermaak gluur my vyande my aan. 
¹⁹ Hulle verdeel my klere onder mekaar en deur die lot te werp deel hulle my kledingstukke. 
²⁰  Here, bly nie ver van my af nie! U is my sterkte; help my tog gou! 
²¹ Red my van die swaard, red my kosbare lewe uit die mag van hierdie honde. 
²² Red my uit die bek van die leeu, van die horings van wilde beeste. U het my gebed verhoor! 
²³ Aan my broers maak ek u Naam bekend. In die vergadering verkondig ek u lof. 
²⁴ Prys die Here, julle almal wat Hom dien! Verheerlik Hom, nakomelinge van Jakob! Betoon eerbied aan Hom, nageslag van Israel! 
²⁵ Want die leed van hulle in nood ignoreer Hy nie; vir hulle maak Hy nie sy oë toe nie. Hy luister na hulle geroep om hulp. 
²⁶ Van U af kom my lofsang in die groot vergadering; voor hulle wat U dien, sal ek my geloftes nakom. 
²⁷ Dié in nood sal eet en versadig word. Almal wat die Here dien, sal Hom loof. Mag hulle harte bly wees vir altyd. 
²⁸ Die hele aarde sal die Here erken en na Hom toe terugkeer. Mense uit elke nasie sal Hom weer dien. 
²⁹ Want die koningskap behoort aan die Here! Hy heers oor al die nasies. 
³⁰ Laat die rykes van die wêreld feesvier en Hom aanbid. Laat al wat sterfling is, voor Hom buig; hulle wat sterflik is en bestem is vir die graf. 
³¹ Die nageslag sal Hom dien. Die komende geslagte sal van die Here hoor. 
³² Sy regverdige dade sal aan hulle vertel word. Dié wat nou nog ongebore is, sal van sy dade hoor.

HOSEA 6:2 NLV
Hy sal ons na twee dae laat aansterk en op die derde dag weer laat opstaan sodat ons in sy teenwoordigheid kan lewe. 

LUKAS 11:29-30 NLV
²⁹ Terwyl die skare om Jesus saamdrom, het Hy gesê: “Dit is bose tye hierdie, en hierdie bose geslag hou aan om van My ’n wonderteken te vra. Maar die enigste teken wat Ek hulle sal gee, is die teken van die profeet Jona. 
³⁰ Wat met hom gebeur het, was ’n teken vir die mense van Nineve dat God hom gestuur het. Wat met My gebeur, sal ’n teken wees dat God My, die Seun van die Mens, na hierdie mense gestuur het.

HANDELINGE 17:3 NLV
Hy het die Skrif verklaar en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dood opstaan. “Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig,” het hy gesê, “Hý is die Messias.” 

JOHANNES 20:9 NLV
Hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Jesus uit die dood moet opstaan nie. 

♡🩷♡

DANIËL 9:24 NLV
“Tye van 70 eenhede van sewes is vasgestel vir jou volk en vir jou heilige stad om die onregverdige dade tot ’n einde te bring, die oortredings te beëindig, die sonde te versoen, geregtigheid sonder einde te bring, die visioen en die woorde van die profeet te vervul, en die Allerheiligste plek in te wy. 

HANDELINGE 5:31-32 NLV
³¹ God het Hom verhoog tot Leier en Verlosser in die regeerposisie reg langs Hom. Hy het dit gedoen om Israel tot inkeer te bring sodat hulle vergifnis van sonde kan ontvang. 
³² Óns is getuies hiervan, ons en die Heilige Gees wat God gegee het aan dié wat aan Hom gehoorsaam is.”

HANDELINGE 10:43 NLV
“Van Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergewing van sondes deur sy Naam ontvang.”

HANDELINGE 13:38-39 NLV
³⁸ “Daarom, geagte volksgenote, moet julle goed weet wat nou aan julle verkondig word: vergewing van sondes deur Jesus! Julle kon nie deur die wet van Moses God se vryspraak verkry nie, 
³⁹ maar deur Jesus word elkeen wat glo, deur God vrygespreek.

HANDELINGE 26:17-18 NLV
¹⁷ Ek sal jou teen jou volk beskerm en teen die nie-Joodse nasies na wie toe Ek jou met volle mandaat stuur. 
¹⁸ Jou bediening moet hulle oë oopmaak sodat hulle ’n lewensomkeer kan maak, weg van die duisternis na die lig, en weg van die mag van Satan na God. Deur in My te glo, ontvang hulle vergifnis van hulle sondes en word hulle deur die geloof deel van mý mense.’

♡🩷♡

PSALMS 22:28 NLV
Die hele aarde sal die Here erken en na Hom toe terugkeer. Mense uit elke nasie sal Hom weer dien.

JEREMIA 31:34 NLV
Dit sal nie vir hulle nodig wees om vir hulle bure of familie te sê: ‘Ken die Here, leef soos die Here van julle verwag,’ nie. Almal, van die geringste tot die belangrikste, sal My reeds ken,” sê die Here. “Ek sal al hulle oortredings en hulle sondes vergewe. Ek sal nooit eers weer daaraan dink nie.”

MIGA 4:2 NLV
Baie nasies sal kom en sê: “Kom laat ons opgaan na die berg van die Here, na die tempel van die God van Israel. Hy sal ons leer hoe om te lewe sodat ons aan Hom gehoorsaam kan wees.” Dan sal die gebooie uitgaan vanuit die tempel en die woord van die Here uit Jerusalem.

https://bible.com/
📖 Bybel

🎵  Lied  🎵 
King of Kings
Terrian and Eli Soares • 2026
https://music.youtube.com/watch?v=d3-MchYYKzU
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Maandag, Desember 23, 2024

Goeie Nuus & Groot Blydskap

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Goeie Nuus &
Groot Blydskap

Ek groet julle in Jesus, geliefdes.🩷Mag julle 'n geseënde dag hê en laat ons vol vreugde wees oor die Gees van ons Here Jesus in ons. Vrede vir jou en jou geliefdes.🕊️🦢

♡🩷♡
Lukas 2:8-10 NLV
8 Daardie nag was daar skaapwagters wat in die veld buite die dorpie hulle skape opgepas het.
9 Skielik het ’n engel van die Here aan hulle verskyn en die glans van die Here het om hulle geskyn. Hulle het vreeslik bang geword, 10 maar die engel het hulle gerusgestel: “Moenie bang wees nie!” het hy gesê. “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou!

📖 Bible

🎵  Song  🎵

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Maandag, Julie 01, 2024

Verkondig die Evangelie aan die Hele Mensdom

Verkondig die Evangelie aan die Hele Mensdom

Matteus 28:19 AFR20
Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees,

♡🩷♡

Markus 16:15
Hy sê toe vir hulle: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.

Matteus 9:37-38
37 Toe sê Hy vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min.
38 Bid daarom die Here van die oes dat Hy arbeiders uitstuur om sy oes in te samel.”

Jesaja 52:10
Die Here ontbloot sy heilige arm
voor die oë van al die nasies.
Al die uithoeke van die aarde ervaar
die verlossing deur ons God.

Lukas 24:47
en dat in sy Naam bekering tot die vergewing van sondes aan alle nasies verkondig moet word. Julle moet by Jerusalem begin,

Handelinge 2:38, 39
38 Petrus antwoord hulle: “Bekeer julle, en laat elkeen van julle in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van julle sondes gedoop word, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.
39 Want die belofte is bedoel vir julle, en ook vir julle kinders, en vir almal daar ver, almal wat die Here ons God na Hom toe roep.”

Romeine 10:18
Ek vra egter: “Het hulle dit dan nie gehoor nie?” Inderdaad, want:
“Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan,
en hulle woorde tot by die uithoeke
van die bewoonde wêreld.”

Kolossense 1:23
mits julle in die geloof bly, stewig gevestig en standvastig, sonder om weg te beweeg van die hoop wat die evangelie bring. Dit is die evangelie wat julle gehoor het, en wat in die hele skepping onder die hemel verkondig is, en waarvan ek, Paulus, 'n dienaar geword het.

📖 Bybel

Lied

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡