Wys tans plasings met die etiket glo. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket glo. Wys alle plasings

Donderdag, Julie 25, 2024

Oorkom Angstigheid Se Leuens

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Oorkom Angstigheid
Se Leuens Deur
God se Waarheid
In Sy Woord Te Glo

God het my lief en hy gee om.

1 Johannes 4:18 AFR20
¹⁸ In die liefde is daar geen vrees nie. Inteendeel, volmaakte liefde dryf die vrees na buite; want vrees het te doen met straf, en wie vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie. 

God is in beheer.

Psalms 121:1-8 AFR20
¹ 'n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: Waar sal my hulp vandaan kom?
² My hulp is van die Here, wat hemel en aarde gemaak het.
³ Hy sal nie toelaat dat jou voet struikel nie; jou Beskermer sal nie insluimer nie.
⁴ Kyk, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie.
⁵ Die Here is jou Beskermer; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.
⁶ Bedags sal die son jou nie skaad nie, en snags ook nie die maan nie.
⁷ Die Here sal jou beskerm teen elke onheil; Hy sal jou lewe beskerm.
⁸ Die Here sal jou uitgaan en jou terugkeer beskerm van nou af en vir altyd.

God sal my nooit in die steek laat nie.

Deuteronomium 31:6 AFR20
⁶  Wees dapper en sterk; moenie bang wees nie en moenie vir hulle skrik nie, want die Here jou God, Hy is die Een wat saam met jou gaan; Hy sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie.”

God het my beste belang in gedagte.

Romeine 8:28 AFR20
²⁸ Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir hulle wat Hom liefhet, vir hulle wat volgens sy voorneme geroep is; 

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Sondag, Julie 21, 2024

Angstigheid & Eensaamheid

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Angstigheid & Eensaamheid

Wanneer Ontstellende Gedagtes Meer Word, Beur God se Vertroosting Jou Op

Psalms 94:18-19 AFR20‬
¹⁸ As ek dink my voet gaan swik, dan ondersteun u troue liefde my, Here. 

¹⁹ Wanneer ontstellende gedagtes meer word in 

my binneste, dan beur u vertroosting my op.


♡🩷♡
Psalms 18:36

U het vir my u skild van verlossing gegee,

u regterhand ondersteun my en u antwoord 

maak my sterk.


Psalms 66:9
⁹ [Prys ons God,] Hy wat aan ons lewe gee,

nie toelaat dat ons voete swik nie.


Psalms 121:3
Hy sal nie toelaat dat jou voet struikel nie;

jou Beskermer sal nie insluimer nie.


Jesaja 57:18
Sy paaie het Ek gesien, maar Ek sal hom genees.

Ek sal hom lei en hom met vertroosting vergoed. 

En vir hulle wat oor hom treur,


Jesaja 66:13
Soos iemand se moeder hom troos,

so sal Ek self julle troos;🩷

in Jerusalem sal julle getroos word.

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Maandag, Julie 01, 2024

Verkondig die Evangelie aan die Hele Mensdom

Verkondig die Evangelie aan die Hele Mensdom

Matteus 28:19 AFR20
Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees,

♡🩷♡

Markus 16:15
Hy sê toe vir hulle: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.

Matteus 9:37-38
37 Toe sê Hy vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min.
38 Bid daarom die Here van die oes dat Hy arbeiders uitstuur om sy oes in te samel.”

Jesaja 52:10
Die Here ontbloot sy heilige arm
voor die oë van al die nasies.
Al die uithoeke van die aarde ervaar
die verlossing deur ons God.

Lukas 24:47
en dat in sy Naam bekering tot die vergewing van sondes aan alle nasies verkondig moet word. Julle moet by Jerusalem begin,

Handelinge 2:38, 39
38 Petrus antwoord hulle: “Bekeer julle, en laat elkeen van julle in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van julle sondes gedoop word, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.
39 Want die belofte is bedoel vir julle, en ook vir julle kinders, en vir almal daar ver, almal wat die Here ons God na Hom toe roep.”

Romeine 10:18
Ek vra egter: “Het hulle dit dan nie gehoor nie?” Inderdaad, want:
“Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan,
en hulle woorde tot by die uithoeke
van die bewoonde wêreld.”

Kolossense 1:23
mits julle in die geloof bly, stewig gevestig en standvastig, sonder om weg te beweeg van die hoop wat die evangelie bring. Dit is die evangelie wat julle gehoor het, en wat in die hele skepping onder die hemel verkondig is, en waarvan ek, Paulus, 'n dienaar geword het.

📖 Bybel

Lied

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Saterdag, Januarie 27, 2018

Bemoediging vir jou

Goeie dag kosbare mensies.  God seën julle dag.  Ek was vandag baie geseënd toe ek hierdie Skrifverse lees.  Ek versorg my swakke moeder en kyk wat sê dié vers, dat die Here jou sal genees as jy wat omsien na 'n swakke, self siek raak. 
Hy het juis dit vir my gedoen toe ek tydjie terug griepsimptome begin toon het.  My hele lyf was seer en ek het geweet hier kom die griep en ek het my krag so nodig om na my moeder om te sien.  Griep trek my sommer vir 'n hele week plat en tas my hart aan, wel ek het dit gewoonlik erg.
Toe roep ek uit na God en vra Hy moet my help en die griep wegvat van my en sowaar Hy hét! Die lyfseer het weggegaan en die ander simptome het nie eens kans gehad om pos te vat nie.
God is GETROU aan Sy woord! Julle moet net vra en GLO.😊🕊️
Ek bid vir my moeder, maar God het haar nog nie genees nie, maar ek vra elke dag krag vir haar en krag vir my en Hy is getrou!  Ek bekommer nie oor die dag van môre nie, want môre het genoeg van sy eie probleme en my God is alreeds daar!😊❤️🕊️ Mag julle bemoedig wees deur die verse. Baie liefde in Jesus.❤️🌹