Wys tans plasings met die etiket Vader. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Vader. Wys alle plasings

Woensdag, Desember 24, 2025

Koning Jesus

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

'n Koning is Gebore
🩷Koning Jesus🩷

Jesaja 9:5-6 NLV
5 Want ’n Kind is vir ons gebore,
’n Seun is aan ons gegee.
Hy sal die heerser wees
met die koninklike titels:
Wonderbare Raadsman,
Magtige God,
Ewige Vader,
Vredevors.


6 Sy heerskappy en vrede
sal voortdurend uitbrei
en nooit ophou nie.
Vanaf die troon
waarop sy voorouer Dawid
gesit het,
sal Hy vir altyd regverdig
en reg regeer.

Die toewyding van die Here,
die Almagtige, sal dit waarborg.


♡🩷♡

Jesaja 7:14
Nou goed dan, die Here sal dan self ’n teken kies. Die jong vrou sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ’n seun en hom Immanuel noem.

Lukas 2:11
Die Verlosser – ja, die Messias, die Here – is vannag in Betlehem, die tuisdorp van Dawid, gebore!

Johannes 1:45
Op sy beurt loop Filippus vir Natanael raak en sê vir hom: “Ons het die persoon gevind oor wie Moses in die wet en die profete geskryf het. Dit is Jesus, die seun van Josef, wat van Nasaret af kom.”

Lukas 2:7
Sy het geboorte gegee aan haar eerste Kind, ’n seun. Sy het Hom in doeke toegedraai en Hom in ’n krip neergelê omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Johannes 3:16
“God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

1 Johannes 4:9
Op hierdie manier het God
sy volmaakte liefde
aan ons bekendgemaak
toe Hy sy enigste Seun
na die wêreld toe gestuur het
sodat ons deur Hom
die [ewige] lewe kan ontvang.


Matteus 28:18
Jesus kom toe nader en sê vir sy dissipels: “God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou.

1 Korintiërs 15:25
Want Christus moet aan bewind bly totdat Hy alle vyande finaal verslaan en aan Hom onderdanig gemaak het. 

Openbaring 12:5
Sy het geboorte geskenk aan ’n manlike kind, wat al die nasies met ’n ysterstaf sal beheer. Haar kind is weggeruk van die draak af, na God en na sy troon toe.

Rigters 13:18
Hy het vir Manoag geantwoord: “Hoekom wil jy weet wie Ek is? Dit is te groot vir jou.

Titus 2:13
Ondertussen sien ons daarna uit dat die wonderlike hoop wat ons koester, ’n werklikheid sal word en dat die heerlikheid van ons groot God en Verlosser, Jesus Christus, sigbaar sal word

Efesiërs 2:14
Christus het inderdaad vrede tussen ons gebring. Deur sy liggaam aan die kruis te gee het Hy die twee groepe één gemaak; ja, die muur van vyandskap het Hy afgebreek.

Daniël 2:44
“In die tyd van daardie koninkryke sal die God van die hemel ’n koninkryk oprig wat nooit tot niet sal gaan nie. Dit sal nooit in die hande van ander mense kom nie. Dit sal ’n einde bring aan al die ander koninkryke en self vir altyd bly bestaan.

Matteus 1:1, 6
1 Hier volg die familieregister van Jesus Christus. Hy was die Seun van Dawid, en uit die nageslag van Abraham.
6 Isai die pa van koning Dawid.
Dawid was die pa van Salomo
by die vrou van Urija,

Lukas 1:32, 33
32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. En die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee.
33 Hy sal vir ewig oor Israel regeer; en sy koningsheerskappy sal nooit eindig nie!”

Johannes 7:42
Het die Skrif dan nie gesê dat die Messias uit die nageslag van Dawid en uit Betlehem, die tuisdorp van Dawid, sou kom nie?”

Jesaja 37:32
Want uit Jerusalem
sal ’n oorblyfsel kom
en uit Sionsberg
’n groep oorlewendes.
Die ywer van die Here,
die Almagtige,
sal daarvoor sorg.

📖 Bible 

🎵  Lied  🎵 
His Name Shall Be
Matt Redman
https://music.youtube.com/watch?v=0FHwFB8ZMm8
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Saterdag, November 02, 2024

God van Ontferming

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

God ons Abba Vader
God van Ontferming

Psalms 103:13-16 NLV
¹³ Soos ’n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor hulle wat Hom dien.  
¹⁴ Hy weet tog waarvan ons gemaak is; Hy weet dat ons net stof is.  
¹⁵ Die mens se lewensduur is soos gras, soos veldblomme wat welig blom.  
¹⁶ As die wind daaroor waai, is dit weg, ’n mens sien die plek waar dit was nie meer nie.  

♡🩷♡
Maleagi 3:17 NLV
Die Here, die Almagtige, sê: “Die dag as Ek ingryp, sal hulle my kosbare besitting wees. Ek sal sagkens met hulle werk, soos ’n pa met sy kind wat lojaal aan hom is.  

Jesaja 40:6-8 NLV
’n Stem sê: “Roep!” Ek het gevra: “Wat moet ek roep?” “Roep uit: Alle mense is soos gras. Hulle bekoorlikheid is soos blomme van die veld.  
Gras verdor en blomme verwelk as die Here sy asem daaroor laat waai. So is dit ook met mense.  
Gras verdor, blomme verwelk, maar die woord van God bly vir altyd.”  

Jakobus 1:9-11 NLV
Gelowiges wat nie status in die samelewing het nie, moet trots wees op die status wat God aan hulle gee.
¹⁰ Gelowiges wat ryk is, moet bly wees oor hulle nederige status voor God. Want hulle rykdom sal soos die veld se blomme net ’n rukkie hou.
¹¹ Julle weet mos: Die warm son kom met gloeiende hitte op en verskroei die veld. Die blomme val af, en die veld se prag is weg. So sal die rykes ook met alles wat hulle bymekaargemaak het, vergaan.   

1 Petrus 1:24 NLV
Soos die profeet sê: “Elke liggaam is soos gras; al sy skoonheid is soos ’n veldblom. Die gras verskroei, en die blom verlep.  

Job 7:9-10 NLV
Net soos ’n wolk verdamp en verdwyn, so kom niemand weer terug uit die graf nie.  
¹⁰ Hulle is vir altyd weg van hulle huis af en hulle woning sien hulle nie weer nie.  

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡