Wys tans plasings met die etiket liefde. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket liefde. Wys alle plasings

Donderdag, Oktober 24, 2024

Liefde Bedek Baie Sondes

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Die Liefde Bedek
Baie Sondes

Die Liefde Bly Stil
Oor Ander se Foute

1 Korintiërs 13:7 NLV
⁷ Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.'

♡🩷♡
Romeine 15:1
Dié van ons met ’n sterk geloof behoort die twyfel en vrese van ons medegelowiges met ’n sensitiewe geloof in aanmerking te neem en nie ons eie belange voorop stel nie.

Galasiërs 6:2
Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.

2 Timoteus 2:24
Die Here se diensknegte moenie twis nie, maar moet goedgesind teenoor almal wees. Hulle moet bekwaam wees om mense doeltreffend te onderrig en geduldig wees met moeilike mense.

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡




Sondag, Augustus 11, 2024

Verlangende Bruid

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

♡Die Bruid Verlang na
die Bruidegom en
Soek Hom♡

♡Die Banket♡

HOOGLIED 1:2-4 AFR53
² Laat hy my kus met kusse van sy mond; want u liefde is kosteliker as wyn.
³ U salf is aangenaam van geur, u naam is soos salf wat uitgegiet is; daarom het die jonkvroue u lief.
Trek my agter u aan, laat ons gou maak! Die koning het my in sy binnekamers gebring. Ons wil juig en ons in u verheug, ons wil u liefde prys meer as wyn. Met reg het hulle u lief.

♡🩷♡
MATTHÉÜS 25:6-13 AFR53
⁶ En middernag was daar 'n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!
⁷ Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
⁸ En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.
⁹ Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
¹⁰ En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
¹¹ Later kom toe die ander [dwase] maagde ook en sê: Meneer, Meneer, maak vir ons oop!
¹² Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.
¹³ Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.  

PSALMS 2:12 AFR53
¹² Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Donderdag, Junie 20, 2024

Wees Doeners

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Doeners, Nie Slegs Hoorders

‭Jakobus 1:22-25 AFR20‬

²² Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie. 

²³ Want wie 'n hoorder van die woord is en nie 'n doener nie, is soos iemand wat sy eie gesig in 'n spieël sien. 

²⁴ Hy sien homself, gaan weg en vergeet onmiddellik hoe hy gelyk het. 

²⁵ Maar wie diep in die volmaakte wet van vryheid inkyk en daaraan hou, sal gelukkig wees in wat hy doen, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n doener. 

📖 Bybel

🎵 Song ðŸŽµ

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Maandag, Maart 26, 2018

Dien mekaar

Jesus het gekom om ander te dien, om Sy lewe vir ons te offer. So moet ons ook ons lewens wy aan Hom, deur ander te dien, deur mekaar se laste te dra.  Dit is ware liefde, onbaatsugtige liefde. Alles wat ons vir ander doen, doen ons vir Jesus en eendag in die hemel sal Hy ons daarvoor beloon.
God seën jou.

Saterdag, April 04, 2015

Stort jou hart uit

Is jou hart seer, gebroke?  Is jou hart aan flarde?  Omdat mense, miskien selfs geliefdes jou baie seergemaak het?  Hardloop na jou Hemelse Vader en stort jou hart voor Hom uit.  Hy sal dit regmaak en jou vertroos.  Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde.

God jou Vader het jou baie lief en wag vir jou met uitgestrekte arms.♥


Geloof, vergifnis en gebed

Voordat ons bid, moet ons alle onvergewensgesindheid wat ons in ons harte teen iemand koester, laat staan. As ons dit nie doen nie, sal God ons nie ons sondes vergewe nie.
 
As jy sukkel om iemand te vergewe, neem dit na God in gebed, wees eerlik met God, vra Hom om jou te help.  Bid vir diegene wat jou seergemaak het, wat verkeerd gedoen het teenoor jou. Bid vir hulle met jou hele hart. Dit sal jou verander, dit sal maak dat jy groei in jou liefde vir ander, selfs jou vyande, net soos Jesus gesê het, dat ons ons vyande moet liefhê, ons moet vir hulle bid, ons moet hulle seën.
God is getrou en sal jou help en jou hart vul met Sy liefde en genade en vergifnis vir mense.

God seën julle.

Woensdag, Oktober 29, 2014

Sy Vaandel oor my is Liefde

Hy het my in die wynhuis ingebring, 
en sy vaandel oor my was die liefde.
•~Hooglied 2:4



©LisaMDSkinnerArt