Verswelg/Oorweldig?
Koop Jou Tyd Uit
Gaan eenkant, raak stil en bid. Bedaar en word kalm. Here Jesus is immers ons vrede. Hy is vol genade en waarheid.
Lukas 8:22-25 AFR20
[22] Op 'n sekere dag het Jesus en sy dissipels in 'n boot geklim, en Hy het vir hulle gesê: “Kom ons gaan na die oorkant van die meer,” en hulle het uitgevaar.
[23] Tydens die vaart het Hy aan die slaap geraak. 'n Hewige stormwind het op die meer neergeswiep. Die boot het vol water begin word, en hulle was in lewensgevaar.
[24] Hulle het Jesus gaan wakker maak en uitgeroep: “Meester, Meester, ons vergaan!” Hy het opgestaan en die wind en die stormsee bestraf. Dit het bedaar, en alles het kalm geword.
[25] Toe sê Hy vir hulle: “Waar is julle geloof?” Hulle was met ontsag vervul en verwonderd, en het vir mekaar gesê: “Wie is Hy tog dat Hy die winde en die water bestraf en hulle Hom gehoorsaam?”
Efesiërs 2:14 AFR20
[14] Hy is immers ons vrede – Hy wat albei één gemaak het, en die middelmuur van skeiding, die vyandskap, deur sy liggaam afgebreek het.
Johannes 1:14 AFR20
[14] En die Woord het vlees geword en onder ons kom woon, en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos dié van die unieke Seun van die Vader – vol genade en waarheid.
Markus 1:35 AFR20
[35] Vroegoggend, toe dit nog stikdonker was, het Hy opgestaan, buitentoe gegaan en na 'n verlate plek vertrek. Daar het Hy gebid.
Lukas 6:12 AFR20
[12] In dié tyd het Jesus uitgegaan na die berg om te bid, en Hy het die nag deurgebring in gebed met God.
📖 Bybel
🎵 Lied 🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡