Wys tans plasings met die etiket word stil. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket word stil. Wys alle plasings

Vrydag, Julie 05, 2024

Voel Jy Verswelg, Oorweldig?

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Verswelg/Oorweldig?
Koop Jou Tyd Uit

Gaan eenkant, raak stil en bid. Bedaar en word kalm.  Here Jesus is immers ons vrede. Hy is vol genade en waarheid.

‭Lukas 8:22-25 AFR20‬
[22] Op 'n sekere dag het Jesus en sy dissipels in 'n boot geklim, en Hy het vir hulle gesê: “Kom ons gaan na die oorkant van die meer,” en hulle het uitgevaar.
[23] Tydens die vaart het Hy aan die slaap geraak. 'n Hewige stormwind het op die meer neergeswiep. Die boot het vol water begin word, en hulle was in lewensgevaar.
[24] Hulle het Jesus gaan wakker maak en uitgeroep: “Meester, Meester, ons vergaan!Hy het opgestaan en die wind en die stormsee bestraf. Dit het bedaar, en alles het kalm geword.
[25] Toe sê Hy vir hulle: “Waar is julle geloof?” Hulle was met ontsag vervul en verwonderd, en het vir mekaar gesê: “Wie is Hy tog dat Hy die winde en die water bestraf en hulle Hom gehoorsaam?” 

‭Efesiërs 2:14 AFR20‬
[14] Hy is immers ons vrede РHy wat albei ̩̩n gemaak het, en die middelmuur van skeiding, die vyandskap, deur sy liggaam afgebreek het.

‭Johannes 1:14 AFR20‬
[14] En die Woord het vlees geword en onder ons kom woon, en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos di̩ van die unieke Seun van die Vader Рvol genade en waarheid.

‭Markus 1:35 AFR20‬
[35]  Vroegoggend, toe dit nog stikdonker was, het Hy opgestaan, buitentoe gegaan en na 'n verlate plek vertrek. Daar het Hy gebid.

‭Lukas 6:12 AFR20‬
[12] In dié tyd het Jesus uitgegaan na die berg om te bid, en Hy het die nag deurgebring in gebed met God.

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡