Wys tans plasings met die etiket redding. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket redding. Wys alle plasings

Donderdag, Mei 16, 2024

'n Beker Vir Die Goddeloses

God sal met die onberouvolle goddeloses afreken, maar nou is die dag van verlossing. Kies hierdie dag wie jy sal dien, Jesus Christus of Satan? Kom na Jesus toe wat jou uit die duisternis na Sy wonderbare lig sal bring. Jou sondes sal vergewe word as gevolg van Sy bloed wat aan die kruis gestort is vir jou sondes terwyl jy nog 'n sondaar was. Jesus het jou straf gedra. Kom na Hom in geloof en word beseël deur die Heilige Gees en jy sal 'n nuwe skepsel wees, wedergebore.

Word deel van God se heilige nasie, Sy eie spesiale volk, wat eens nie 'n volk was nie maar nou die volk van God is, wat nie barmhartigheid verkry het nie, maar nou barmhartigheid verkry het.
Kom! Jesus wag om jou met ope arms te ontvang. Moenie uitstel nie. Môre word aan niemand van ons belowe nie. Môre is dalk te laat. Kies hierdie oomblik om Jesus te volg en Hom te gehoorsaam. Hy sê vir jou om God en mense en selfs jou vyande lief te hê en mekaar se laste te dra en so die wet van Christus te vervul wat die wet van liefde is. God seën jou!🩷

♡~•~♡~•~♡🄹🄴🅂🅄🅂♡~•~♡~•~♡

‭PSALMS 74:22-23 AFR83‬
²² Kom tog, o God! Laat geld tog u reg. Dink tog daaraan hoe u eer dag vir dag deur barbare geskend word.
²³ Moet dit tog nie ongemerk laat verbygaan nie: die geskreeu van u teëstanders, die aanhoudende rumoer van u vyande.

‭PSALMS 75:9, 11 AFR83‬
⁹ Daar is 'n beker in die hand van die Here. Dit is vol skuimende wyn met gif gemeng. Hy laat die goddeloses van die aarde daaruit drink; hulle moet selfs die afsaksel opdrink, die beker leegdrink.
¹¹ “Ek sal die mag van die goddeloses verpletter,” sê God, “maar die regverdige sal Ek hoog verhef.”

1 Timoteus 2:4 AFR83
⁴ [God, ons Verlosser] wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.

PSALMS 75:10 AFR83‬
¹⁰ Maar ék sal altyd getuig, altyd sing tot eer van die God van Jakob.

1 Petrus 2:9-10 AFR83
⁹ Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.
¹⁰ Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys.

📖Bybel

🎶 Lied 1 🎶 Lied 2 🎶

♡~•~♡~•~♡🄹🄴🅂🅄🅂♡~•~♡~•~♡




Vrydag, Mei 03, 2024

Niemand Moet Verlore Gaan Nie

 God het die wêreld so liefgehad dat Hy aan ons Jesus Christus, sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe kan hê. Laat ons nie bly wees wanneer ons vyande val nie. Dit sal God geensins tevrede stel nie. Christene, moenie dat julle liefde koud word as gevolg van die toename in sonde/wetteloosheid nie. God het jou en my gered en ons was ook opstandig teen God en het teen Hom gesondig, maar Hy het ons vergewe toe ons geglo het in die boodskap oor Jesus Christus en van ons sondes bekeer het. Wees geduldig met mekaar en met ongelowiges. Bid eerder vir hulle as om hulle te veroordeel. Ons lief baie omdat ons baie vergewe is. Wel, dit is hoe dit behoort te wees; ons liefde moet groot/baie wees. Kyk hoe lief het God alle sondaars, dat Jesus aan die kruis gesterf het terwyl ons nog almal sondaars was. Sy begeerte is dat sondaars moet glo in die naam van Jesus en van hul goddelose weë bekeer en gered word. Hardloop na Jesus toe alle sondaars. Hy wag vir jou met ope arms om jou in die Geliefde te ontvang. Hy sal jou nooit begewe of verlaat nie. Wie sou 'n liefde soos hierdie verwerp?

🕊🩷🕊🩷🕊🩷🙌🩷🕊🩷🕊🩷🕊

Spreuke 24:17-18 AFR20
17 Wanneer jou vyand val,
moet jou nie verheug nie;
wanneer hy tot 'n val kom,
laat jou hart nie jubel nie.
18 Anders sien die Here dit,
en is dit verkeerd in sy oë;
dalk wend Hy sy toorn van hom af.

Esegiël 33:11
'Sê vir hulle, ‘So seker as wat Ek leef, is die uitspraak van my Heer, die Here: “Ek vind geen vreugde in die dood van die goddelose nie, maar wel vreugde daarin dat 'n goddelose terugkeer van sy pad, en leef. Keer terug, keer terug van julle bose paaie! Waarom moet julle sterf, huis van Israel?”’'

Esegiël 18:23
' Sou Ek enige vreugde vind in die dood van 'n goddelose?” is die uitspraak van my Heer, die Here. “Is vreugde nie eerder daarin geleë dat hy van sy verkeerde paaie terugkeer en leef nie? '

2 Petrus 3:9
'Die Here stel nie die belofte uit, soos party mense dink nie. Inteendeel, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê sommige mense moet verlore gaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.'

Titus 2:11
'Want die verlossende genade van God het verskyn vir alle mense, '

🕊🩷🕊🩷🕊🩷🙌🩷🕊🩷🕊🩷🕊

bible.com

None Should Perish


Donderdag, Maart 29, 2018

Geseënde Paasfees

Geseënde dag vir julle in Jesus se kosbare, Heilige Naam.
Laat ons fokus veral wees op wat Jesus in Sy groot liefde vir ons en die hele wêreld gedoen het. Laat ons vir almal wat nog nie vir Jesus ken nie, vertel van hierdie groot #hoop.
Laat hierdie Goeie Nuus wat soos 'n genesende balsem is, oor die hele aarde versprei.
Geseënde #Paasfees vir jou en jou geliefdes.

#AllesOorJESUS #JESUS #SlegsJESUS #VertelDieWêreld #MoenieTerughouNie #VirKosbareSieleSeOnthalwe #DieKruisWasGenoeg #BloedVanJesus #SonderVergietingVanBloedGeenVergifnisVanSonde #JesusLamVanGod #GeofferVirOnsSondes #Opstandingskrag #JesusHetDoodOorwin #JesusGeeEwigeLewe #VrygemaakVanSonde #NieMeerSlaweVanDieSondeNie #OnsIsDoodVirDieSonde #LeefJouLeweVirGod #LeefHeiligeLewens #SoliDeoGloria #EreAanGodAlleen  ✝️

Saterdag, Mei 06, 2017

Vertrou nie op mense nie


9 Waarom skreeu jy so hard?
Het jy nie 'n koning nie?
Het jou raadgewer omgekom
dat kraampyne jou oorval het?
10 Krul van die pyn, Sion, kry geboortepyne
soos 'n vrou in kraam!
Jy moet nou die stad verlaat,
jy moet in die oop veld gaan woon
en na Babel toe gaan.
Daar sal jy gered word,
daar sal die Here jou verlos uit die mag van jou vyande.
11 Nou moet baie nasies nog eers teen jou saamstaan,
hulle sê:
“Ons sal toekyk hoe Sion verontreinig word.”
12 Maar hulle ken nie die plan van die Here nie;
hulle verstaan nie wat Hy besluit het nie:
Hy het hulle soos gerwe op 'n dorsvloer bymekaargebring.
13 Maak klaar en dors die gerwe, Sion!
Ek maak jou sterk:
Ek gee vir jou bronskloue
sodat jy baie nasies kan vermorsel.
Jy sal aan die Here wy wat hulle buitgemaak het,
al hulle besittings aan die Koning van die hele wêreld.
~Miga 4:9-13 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992.
Ek sien hoe maak ons land se mense staat op hulle leiers en raadgewers in plaas van op die Here.  Dan moet ons die gevolge dra.  Soms sit die Here ons deur 'n smeltkroes.  Hy dwing ons op ons knieë, om uit te roep na Hom, want wanneer geen mens kan help nie en jy het alle hoop verloor, dan is God jou laaste uitweg, veral as jy Hom nie ken nie.
Wanneer ons van alles gestroop word waarop ons hoop gebou is, die aardse dinge wat vir ons net valse sekerheid gee, dan maak God 'n nuwe begin met ons.  
Eers deur die smeltkroes, maar dan verlos die Here ons weer.  Eers dan besef ons, ons afhanklikheid van Hom. 
Vir ons wat Sy kinders is, is daar altyd hoop, maak nie saak hoe donker omstandighede lyk nie.  Ons weet waar ons hulp vandaan kom en ons hardloop eerste na ons Hemelse Vader in gebed.  Sit jou vertroue in die Here alleen, want jou hulp kom van Hom wat hemel en aarde geskape het.  Sy Naam is Jesus.

Saterdag, Oktober 18, 2014

Storms in jou lewe

God kan 'n storm in jou lewe bring om jou geloof te toets.  Jy mag 'n regverdige lewe lei en God dien, maar dit beteken nie dat daar nooit moeilikheid oor jou pad sal kom nie.
Ons moet deur die vuur gelouter word, sodat die egtheid van ons geloof, wat meer waardevol is as goud, getoets kan word, sodat wanneer Jesus weer kom, dit lof, heerlikheid en eer waardig mag wees.
Sodat ons Hom kan hoor sê "mooi so goeie en getroue dienaar".  Dat ons konstant en standvastig in ons geloof gevind mag word.

Al wat jy hoef te doen is om te vertrou op Jesus, op Hom alleen.  Roep Hom aan in jou tyd van benoudheid!  Hy sal saam met jou deur die storm gaan en Hy sal die storm kalmeer en Hy sal jou uit die storm uit bring.  Loof Hom tydens die storm, wees lief vir Hom!  Laat Jesus jou sterk toring wees na wie jy hardloop vir beskerming.

God sê dat die regverdiges baie probleme sal hê, maar Hy sal ons uit al ons probleme red.  Is dit nie gerusstellend om te weet dat ons nie ons storms alleen tegemoet hoef te gaan nie?  God gaan saam met ons daardeur.  Vertrou op Hom, Hy is die Here jou God.  Die Here beplan vir ons voorspoed, nie teëspoed nie.  Hy wil vir ons 'n toekoms gee, 'n verwagting.

Op sy bevel het 'n stormwind opgesteek en die golwe opgejaag.
Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle veilig uit hulle ellende gelei.
Hy het die stormwind stilgemaak, en die golwe van die see het bedaar.
~Psalm 107:25,28-29