Donderdag, November 28, 2024

Geloof in Christus

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Die Wet & Geloof in Christus

GALASIËRS 3:2-16 NLV
[2] Ek wil net dit vir julle vra: Het julle die Gees ontvang deur die wet te onderhou of deur te glo wat julle gehoor het?
[3] Hoe kan julle so dwaas wees? Wil julle dit wat die Gees in julle begin het, nou uit eie krag probeer klaarmaak?
[4] Was al die goeie dinge wat julle beleef het, dan tevergeefs? Dit kon tog nie tevergeefs gewees het nie!  
[5] Vra julle dus af: Het God die Gees vir julle gegee en wonders onder julle bewerk omdat julle die wet onderhou of omdat julle geglo het wat julle gehoor het?  
[6] So was dit ook met Abraham: “Hy het God geglo en God het hom vrygespreek.”  
[7] Julle moet dus insien: Die ware kinders van Abraham is hulle wat glo.  
[8] Verder het die Skrif vooruit gesien dat God nie-Jode deur geloof sou vryspreek. Daarom is die Goeie Nuus vooraf aan Abraham bekendgemaak: “Deur jou sal al die volke geseën wees.”  
[9] Almal wat glo, word gevolglik geseën saam met die gelowige Abraham.  
[10] Maar elkeen wat op die onderhouding van die wet vertrou om deur God vrygespreek te word, is vervloek. Die Skrif sê mos: “Vervloek is elkeen wat nie alles doen wat in die boek van die wet geskryf staan nie.”  
[11]🩷Dit is dus duidelik dat niemand deur God vrygespreek word op grond van wetsonderhouding nie. Daar staan geskryf: “Wie deur gelóóf vrygespreek word, sal lewe.”  
[12] Maar by die wet speel geloof geen rol nie, want daar staan: “Wie dóén wat die wet sê, sal daardeur lewe.”  
[13] Christus het ons losgekoop van die vloek wat op wetsoortreders rus toe Hy vir ons ’n vervloekte geword het. Daar staan geskryf: “Vervloek is elkeen wat aan ’n paal hang.”  
[14] Dit wat Christus Jesus gedoen het, het tot gevolg dat ook die nie-Joodse nasies deel kry aan Abraham se seën. Dit beteken dat ons deur die geloof die Gees wat belowe is, ontvang.   
[15] Broers en susters, ek gebruik nou ’n alledaagse voorbeeld. As ’n ooreenkoms, al is dit mensewerk, eers gesluit is, kan niemand dit ongeldig verklaar of iets daarby voeg nie.
[16] My argument is: God het sy beloftes aan Abraham en sy nakomeling gegee. Daar staan nie “nakomelinge” asof baie mense bedoel word nie, maar dit gaan om één persoon. Met “sy nakomeling” word Christus bedoel.

♡🩷♡
Habakkuk 2:4 NLV
“Kyk na die hoogmoediges!
Hulle vertrou op hulleself
en hulle lewe is boos.
♡ Die regverdiges, daarenteen,
sal deur hulle geloof lewe
.

Romeine 1:17 NLV
Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons ♡glo. Soos die Skrif sê:
♡ “Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe.”

Hebreërs 10:37-38 NLV
37 Nog net, soos die Skrif sê,
“’n baie kort tydjie,
en Hy wat op pad is, sal kom.
Hy sal nie talm nie.
38 ♡ Dié mense wat my wil doen,
sal uit die geloof lewe.

Maar dié wie se moed
hulle begewe –
van hulle wil Ek niks weet nie.”
 
Glo in Christus Jesus & Dóén sy wil & jy sal Vrede Hê.

📖 Bible

🎵  Song  🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Woensdag, November 27, 2024

Silwer Randjie

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Silwer Randjie

God is jou silwer randjie. Wees altyd gefokus op die goeie, as daar enige is, in alle omstandighede.

FILIPPENSE 4:8 NLV
Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is.

♡🩷♡
EFESIËRS 4:25
Daarom moet julle die leuen aflê en die waarheid teenoor mekaar praat. Ons is tog lede van dieselfde liggaam.

2 KORINTIËRS 8:21
Ons is daarop bedag om eerbaar voor die Here op te tree, maar ook voor die mense.

DEUTERONOMIUM 16:20
Laat reg en geregtigheid geskied. So sal jy bly lewe en die land in besit neem wat die Here jou God vir jou gee.

1 TESSALONISENSE 5:22
Bly weg van elke vorm van kwaad.

JAKOBUS 3:17
'Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer. Verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam. Dit is bereid om ontferming te betoon, en het goeie gevolge . Dit diskrimineer nooit en is altyd opreg.'

1 KORINTIËRS 13:4-7
⁴'Die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie.
⁵Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat hom aangedoen word nie.
⁶Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier.
⁷Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.'

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Dinsdag, November 26, 2024

Soos 'n Kind

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Aanvaar die
Koninkryk van God
Soos 'n kindjie

LUKAS 18:15-17 NLV
¹⁵ Die mense het hulle kindertjies na Jesus toe gebring sodat Hy hulle kon aanraak. Die dissipels het gesien wat aangaan, en die mense voor stok gekry.
¹⁶ Jesus het egter die kindertjies nadergeroep en gesê: “Laat die kindertjies toe om na My toe te kom, en moet hulle nie keer nie, want dit is sulke mense wat deel het aan die koninkryk van God.
¹⁷ Ek verseker julle, wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie aanvaar nie, sal nooit daar ingaan nie.”  

 ♡🩷♡
Matteus 18:3 NLV
Toe sê Hy: “As julle nie met ander oë na die lewe begin kyk en soos die kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van God ingaan nie.

1 Korintiërs 14:20 NLV
Broers en susters, julle moenie soos naïewe kindertjies wees in julle denke oor hierdie dinge nie. Wees liewer babatjies wat die kwaad aanbetref, maar volwassenes in julle denke.

1 Petrus 2:2 NLV
Hiervoor moet julle genoeg geestelike melk inkry. Smag daarom na hierdie voeding soos pasgebore babatjies na hulle ma se melk sodat julle daardeur kan groei tot volwasse verlostes.

Matteus 19:14 NLV
Maar Jesus se reaksie was: “Laat staan die kindertjies. Moenie hulle keer om na My toe te kom nie, want God se koninkryk is juis bedoel vir almal wat soos hulle is.”

Markus 10:15-16 NLV
Ek verseker julle, wie God se koninkryk nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal beslis nie daar ingaan nie.”
Toe het Hy sy arms om die kindertjies gesit, sy hande op hulle koppe gelê en hulle geseën.

📖 Bible

🎵  Song  🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Maandag, November 25, 2024

Kleipotte

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

'n Skat in Breekbare Kleipotte

2 KORINTIËRS 4:1-18 NLV
[1] Daarom dan, terwyl ons deur God se genade hierdie bediening ontvang het, gooi ons nooit die handdoek in nie.
[2] Maar ons het afstand gedoen van die geheime dinge wat ’n mens skaam maak. Ons leefstyl is nie dié van misleiding of om die woord van God te verdraai nie. Inteendeel, met die bekendmaking van die waarheid, beveel ons onsself aan by elkeen wat ’n eerlike gewete voor God het.
[3] As ons Goeie Nuus nog versluier is, is dit net bedek vir dié wat verlore gaan.
[4] Dit is die god van hierdie bedeling wat die gedagtes van die ongelowiges verblind sodat hulle die lig van die Goeie Nuus nie kan sien nie. Dit is die Goeie Nuus van die heerlikheid van Christus, Hy wat die ewebeeld van God is.  
[5] Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle diensknegte ter wille van Jesus.
[6] God het gesê: “Laat daar lig skyn uit die duisternis.” So het Hy ook in ons harte ’n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God wat uit die gesig van Jesus Christus straal.  
[7] Ons het hierdie skat egter maar net in breekbare kleipotte – die allesoortreffende krag kom van God en nie van ons nie.  
[8] Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie;  
[9] ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.  
[10] Ons dra altyd die sterwe van Jesus in ons liggaam saam sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam.  
[11] Gedurig word ons wat nog lewe, ter wille van Jesus aan die dood uitgelewer sodat die lewe van Jesus ook in ons sterflike liggaam sigbaar kan word.
[12] Gevolglik is die dood in ons aan die werk, maar in julle die lewe.  
[13] Omdat ons dieselfde geloofsgesindheid het as waarvan daar geskryf staan: “Ek het geglo; daarom het ek gepraat,” glo ons steeds en daarom hou ons ook aan met preek.  
[14] Ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook saam met Jesus sal opwek om ons saam met julle voor Hom te stel.
[15] Ons doen dit alles ter wille van julle sodat die genade van God, soos dit oor meer en meer mense spoel, ook die dankbetuiging al hoe meer kan laat word, en God se heerlikheid so erken kan word.  
[16] Om hierdie rede gee ons nie moed op nie. Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.  
[17] Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan.  
[18] Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd.

1 Petrus 2:9 AFR20
Julle, egter, is “'n uitverkore geslag”, “'n koninklike priesterdom”, “'n heilige nasie”, “'n volk wat aan God behoort”, “sodat julle die deugde kan verkondig” van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderlike lig

https://bible.com/
📖 Bybel

🎵  Lied 1 🎵

🎵  Lied 2 🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Sondag, November 24, 2024

Nie Bedrieg Nie

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

♥︎Nie Beïnvloed nie,
nie Bedrieg met Leuens nie

EFESIËRS 4:10-16 NLV
¹⁰ Dieselfde Persoon wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het tot ver bo die wolke- en sterrehemel sodat Hy die heelal met sy teenwoordigheid kan vul.  
¹¹ Hý het sommige as apostels gegee, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars,
¹² om God se mense toe te rus vir hulle dienswerk. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou.
¹³ So sal ons uiteindelik almal deur geloof en deurdat ons die Seun van God ken, ’n eenheid vorm, ’n volmaakte mens, wat aan die standaard van Christus se volmaaktheid voldoen.
¹⁴ ♥︎Dan, as mense ons met slinksheid en slimstreke op verkeerde paaie wil lei, sal ons nie meer soos klein kindertjies wees nie. ♥︎Ons sal nie meer omgewaai of weggewaai word deur die wind van elke ding wat hulle verkondig nie.
¹⁵ Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees. Dit werk so: Christus is die Hoof.  
¹⁶ Onder leiding van die Hoof is die liggaam goed aanmekaargesit. Al die ondersteunende ligamente hou die liggaam bymekaar. Elke liggaamsdeel vervul sy bestemde funksie, en so, deur liefde te bewys, bou die liggaam homself op.   

https://bible.com/
📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Donderdag, November 14, 2024

Vertrou Jesus en Vreugde sal Ontspring

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Vertrou Jesus en Vreugde sal Ontspring

Romeine 15:13 AFR20
Mag die God van hoop julle deur julle geloof met alle blydskap en vrede vervul, sodat julle hoop oorvloedig kan word deur die krag van die Heilige Gees.

♡🩷♡
©Coffman, James Burton. "Kommentaar op Romeine 15:13".
"So 'n heerlike vrede en vreugde is beskikbaar uit geen ander bron as die lewe van geloof in Jesus Christus nie. Hierdie onskatbare skenkings van die siel is die Christen se kenteken van ewige erfenis, sy ware geloofsbriewe van hemelse burgerskap, en sy ondeurdringbare verdediging teen al die verdrukkinge en versoekings van die lewe. Met vrede met God en die vreugde van die Gees in sy siel, is die Christen waarlik verlos."
Bron: https://www.studylight.org/commentary/romans/15-13.html


♡🩷♡
Jesaja 12:3
Julle sal met vreugde water skep uit die fonteine van verlossing.

John 4:10, 14
¹⁰ Jesus het haar geantwoord: “As jy van die gawe van God geweet het, en wie dit is wat vir jou vra, ‘Gee vir My water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het. ”
¹⁴ maar wie van die water drink wat Ek hom gee, sal tot in ewigheid nooit dors kry nie. Die water wat Ek hom gee, sal in hom 'n fontein van water word wat opborrel tot die ewige lewe.


John 7:37-38
³⁷ En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gaan staan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My kom, en drink!
³⁸ Hy wat in My glo, soos wat die Skrif sê, ‘Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.’ ”


Psalms 36:9-10
Hulle drink hulle versadig
aan die oorvloed van u huis,
uit die stroom van u genietinge
laat U hulle drink.

¹⁰ Ja, by U is die fontein van lewe, *
in u lig sien ons lig.


Jesaja 44:3-4
³ Want Ek sal water uitgiet
op dorre aarde,
waterstrome op droë grond.

Ek sal my Gees uitgiet
op jou nageslag,
en my seën op jou nakomelinge.
Hulle sal groei tussen gras,
soos rivierwilgers
langs waterstrome
.

Joël 2:23
Kinders van Sion, juig en wees bly
in die Here julle God,
want Hy gee vir julle reën
as teken van geregtigheid
,
soos voorheen, sal Hy stortbuie
en laatreëns vir julle laat uitsak.


📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Maandag, November 11, 2024

Bewegende Skaduwees

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
Bewegende Skaduwees
PSALMS 39:7-8 NLV
Die mens is net ’n bewegende skaduwee. Al sy gejaagdheid is tevergeefs: Hy versamel rykdom, maar weet nie wie dit gaan gebruik nie.  
Here, waarop kan ek dan hoop? U is my enigste hoop.  

♡🩷♡
PSALMS 49:11 NLV
Almal kan sien: Wyse mense sterf, ook die dwaas en die stommerik, en laat hulle rykdom agter vir ander.

PREDIKER 2:18-19 NLV

¹⁸ Ek was moeg vir alles waarvoor ek in hierdie wêreld hard gewerk het, want ek moet dit alles nalaat aan die een wat ná my kom.  
¹⁹ En wie sal weet of hy ’n wyse of dwaas gaan wees? En tog sal hy beheer uitoefen oor alles wat ek met moeite en wysheid onder die son tot stand gebring het. Dit alles is dus sinloos!  

LUKAS 12:20 NLV
“Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas! Vannag nog sal jy sterf. En alles wat jy bymekaargemaak het, wie sal dit kry?’  

1 KORINTIËRS 7:31 NLV
Dié wat gebruik maak van die dinge van hierdie wêreld, moenie daaraan geheg raak nie. Want hierdie bedeling gaan verby.

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡