Wys tans plasings met die etiket God se Woord. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket God se Woord. Wys alle plasings

Donderdag, Augustus 01, 2024

Hernu Jou Denke

 ♡~•~♡~•~πŸ©·πŸ„ΉπŸ„΄πŸ…‚πŸ…„πŸ…‚πŸ©·~•~♡~•~♡

Hernu Jou Denke

1 Petrus 5:7 AFR83
Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. 

Filippense 4:13
Ek is tot alles in staat deur Hom [Christus] wat my krag gee. 

Romeine 12:2
Julle moenie aan hierdie sondige wΓͺreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Hernu jou denke deur hoop te vind in God se woord.

Gebed:
“Here, dankie dat U my krag gee om alle toestande te trotseer—insluitend angs. Ek bid dat wanneer ek voel hoe angs insluip, ek krag sal vind in die waarhede in u Woord. Mag U woorde my in angstige oomblikke met hoop vervul. Mag hulle lig skyn in die donker van vrees en hartseer. En mag hulle waarhede elke leuen verjaag, elke gedagte wat nie van U is nie. In Jesus’ se naam, bid ek. Amen."

(Gebed deur 'American Bible Society')

πŸ“– Bible

🎡  Song  🎡

β„Ή️Lees 'Praying Through Anxiety' Leesplan deur American Bible Society beskikbaar op Youversion  Bybel toep. (bible.com)
♡~•~♡~•~πŸ©·πŸ„ΉπŸ„΄πŸ…‚πŸ…„πŸ…‚πŸ©·~•~♡~•~♡


Saterdag, Julie 27, 2024

Breek Angs se Greep

♡~•~♡~•~πŸ©·πŸ„ΉπŸ„΄πŸ…‚πŸ…„πŸ…‚πŸ©·~•~♡~•~♡

Breek Angs se Greep

Ontdek die bronne van jou angs.

Psalms 139:23-24 AFR20
²³ Ondersoek my, o God, en ken my hart; toets my, en ken my ontstellende gedagtes.
²⁴ Kyk of ek nie op 'n pad van verdriet is nie, en lei my op die ewige pad.

Lukas 17:5-6 AFR20
Toe sΓͺ die apostels vir die Here: “Gee ons meer geloof!”
En die Here antwoord: “As julle geloof soos 'n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie wildevyeboom gesΓͺ het, ‘Trek jou wortels uit die grond en gaan plant jouself in die see,’ en hy sou na julle geluister het.

Het jy vertrouensprobleme met God? Glo jy dat Hy jou liefhet en jou sal help wanneer jy bid en Hom vra? Jy moet in geloof bid en waar jy nie geloof het nie, vra God om jou meer geloof te gee.

Hou op om bang te wees vir vrees.
Geloof oorwin vrees.
Vertrou God en oorkom jou vrees.

2 Timoteus 1:7 AFR20
God het ons tog nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. 

Vra God om jou verstand te vernuwe.

Filippense 4:6-8 AFR20
Moet oor niks bekommerd wees nie, maar maak in alles julle versoeke deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend.
En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak.
Verder, broers, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat lof verdien, ja, watter deug of watter prysenswaardige saak daar ook mag wees: rig julle gedagtes daarop. 

Kolossense 3:2 AFR20
² Bedink die dinge daarbo, nie die dinge op aarde nie. 

Jesaja 41:10 AFR20
¹⁰ Moenie bang wees nie, want Ek is by jou; moenie vrees nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou; ook help Ek en ondersteun Ek jou met my seΓ«vierende regterhand.

Psalms 4:9 AFR20
In vrede kan ek gaan lΓͺ en dadelik aan die slaap raak, want net U, Here, laat my veilig woon.

Josua 1:9 AFR20
Het Ek jou nie beveel, ‘Wees dapper en sterk’ nie? Moenie paniekbevange wees nie en moet jou nie laat afskrik nie, want die Here jou God is by jou, oral waar jy gaan.”

Word versterk deur God se woord.
Rig jou gebede en versoeke aan God.

1 Petrus 5:7 AFR20
deur al julle bekommernis op Hom te werp; want Hy gee om vir julle.

Praat met God oor jou vrese. Hy sal jou beslis help om dit deur Sy Gees te oorkom wanneer jy jou bekommernisse aan Jesus, jou Vredevors, gee en Hy sal jou Sy volmaakte vrede gee.πŸ•ŠπŸ©·

πŸ“– Bybel

🎡  Lied  🎡

♡~•~♡~•~πŸ©·πŸ„ΉπŸ„΄πŸ…‚πŸ…„πŸ…‚πŸ©·~•~♡~•~♡


Donderdag, Julie 25, 2024

Oorkom Angstigheid Se Leuens

 ♡~•~♡~•~πŸ©·πŸ„ΉπŸ„΄πŸ…‚πŸ…„πŸ…‚πŸ©·~•~♡~•~♡

Oorkom Angstigheid
Se Leuens Deur
God se Waarheid
In Sy Woord Te Glo

God het my lief en hy gee om.

1 Johannes 4:18 AFR20
¹⁸ In die liefde is daar geen vrees nie. Inteendeel, volmaakte liefde dryf die vrees na buite; want vrees het te doen met straf, en wie vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie. 

God is in beheer.

Psalms 121:1-8 AFR20
¹ 'n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: Waar sal my hulp vandaan kom?
² My hulp is van die Here, wat hemel en aarde gemaak het.
³ Hy sal nie toelaat dat jou voet struikel nie; jou Beskermer sal nie insluimer nie.
⁴ Kyk, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie.
⁵ Die Here is jou Beskermer; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.
⁶ Bedags sal die son jou nie skaad nie, en snags ook nie die maan nie.
⁷ Die Here sal jou beskerm teen elke onheil; Hy sal jou lewe beskerm.
⁸ Die Here sal jou uitgaan en jou terugkeer beskerm van nou af en vir altyd.

God sal my nooit in die steek laat nie.

Deuteronomium 31:6 AFR20
⁶  Wees dapper en sterk; moenie bang wees nie en moenie vir hulle skrik nie, want die Here jou God, Hy is die Een wat saam met jou gaan; Hy sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie.”

God het my beste belang in gedagte.

Romeine 8:28 AFR20
²⁸ Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir hulle wat Hom liefhet, vir hulle wat volgens sy voorneme geroep is; 

πŸ“– Bybel

🎡  Lied  🎡

♡~•~♡~•~πŸ©·πŸ„ΉπŸ„΄πŸ…‚πŸ…„πŸ…‚πŸ©·~•~♡~•~♡


Sondag, Julie 21, 2024

Angstigheid & Eensaamheid

♡~•~♡~•~πŸ©·πŸ„ΉπŸ„΄πŸ…‚πŸ…„πŸ…‚πŸ©·~•~♡~•~♡

Angstigheid & Eensaamheid

Wanneer Ontstellende Gedagtes Meer Word, Beur God se Vertroosting Jou Op

Psalms 94:18-19 AFR20‬
¹⁸ As ek dink my voet gaan swik, dan ondersteun u troue liefde my, Here. 

¹⁹ Wanneer ontstellende gedagtes meer word in 

my binneste, dan beur u vertroosting my op.


♡🩷♡
Psalms 18:36

U het vir my u skild van verlossing gegee,

u regterhand ondersteun my en u antwoord 

maak my sterk.


Psalms 66:9
⁹ [Prys ons God,] Hy wat aan ons lewe gee,

nie toelaat dat ons voete swik nie.


Psalms 121:3
Hy sal nie toelaat dat jou voet struikel nie;

jou Beskermer sal nie insluimer nie.


Jesaja 57:18
Sy paaie het Ek gesien, maar Ek sal hom genees.

Ek sal hom lei en hom met vertroosting vergoed. 

En vir hulle wat oor hom treur,


Jesaja 66:13
Soos iemand se moeder hom troos,

so sal Ek self julle troos;🩷

in Jerusalem sal julle getroos word.

πŸ“– Bybel

🎡  Lied  🎡

♡~•~♡~•~πŸ©·πŸ„ΉπŸ„΄πŸ…‚πŸ…„πŸ…‚πŸ©·~•~♡~•~♡