Sondag, November 23, 2025

Kom Terug

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Kom terug Na God

Jesaja 55:7 NLV
Die goddelose mens
moet sy verkeerde dinge los,
en die bose mens
sy slegte gedagtes.
Hy moet terugdraai na die Here
en Hy sal hom genadig wees.
Ja, draai na God,
want Hy sal altyd vergewe!


Joël 2:13
Moenie julle klere skeur omdat julle hartseer is nie, skeur julle harte!Draai terug na die Here julle God toe, want Hy is genadig en vol meegevoel. Hy word nie maklik kwaad nie. Hy is baie liefdevol en wil julle nie graag straf nie.

Hosea 14:2
2 Keer terug na die Here jou God, o Israel, want jou sondes is jou ondergang. 
3 Bely jou sondes en keer terug na die Here toe. Sê vir Hom: “Vergewe tog al ons sondes en aanvaar ons in genade sodat ons weer ’n lofoffer aan U kan bring.

Sagaria 1:3
Sê daarom vir die volk: ‘Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: Draai om na My toe en Ek sal na julle toe omdraai, sê die Here, die Almagtige.’

Jeremia 24:7
Ek sal hulle ’n ingesteldheid gee om My weer as die Here te ag. Hulle sal weer soos my eie mense wees en Ek sal hulle God wees. Hulle sal My weer heelhartig dien.

Klaagliedere 3:40
Laat ons eerder gaan kyk
na wat ons gedoen het
en daaroor nadink
sodat ons kan omdraai
na die Here toe.


Hosea 6:1
“Kom, laat ons teruggaan na die Here toe! Hy het ons verskeur; Hy sal ons weer genees. Hy het ons geslaan; Hy sal ons wonde weer verbind.

Hosea 12:7
Kom nou terug na jou God toe! Tree op met liefde en regverdigheid, en lewe voortdurend met ’n vaste vertroue op jou God.

Jeremia 3:22
Die Here sê:
“Ontroue kinders,
kom terug na My toe.

Ek sal julle van julle ontrouheid
genees.”
Hulle het geantwoord:
“Ja, ons wil terugkom,
want U is die Here ons God!

Jesaja 31:6
Daarom, Israeliete,
kom terug na Hom toe,
al het julle Hom verraai.

Jakobus 4:8
Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. Was julle hande van die sonde wat daaraan kleef, julle sondaars, maak julle harte skoon, julle tweegesigte wat nie kan besluit aan wie julle getrou wil wees nie.

Psalms 51:19
Die offer wat U wil hê, o God,
is ’n gebroke gees.
’n Gebroke en berouvolle hart
sal U nie verwerp nie, o God.


📖 Bybel 

🎵  Lied  🎵 
https://music.youtube.com/watch?v=ARzRY-m1e_k
Return
J Moss • The Demos, Vol. 1 • 2025

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Woensdag, November 19, 2025

Pêrels & Varke

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Pêrels & Varke

MATTEUS 7:6 NLV
“Moenie wat heilig is vir onheilige mense gee nie. Hulle sal dit nie respekteer nie. Hulle sal soos honde omspring en julle verskeur. Moet ook nie julle kosbare pêrels vir elke morsige hierjy aanbied nie. Hulle sal dit nie waardeer nie, maar dit vertrap soos varke onder hulle pote.”

🕊📖🦪📖🕊
SPREUKE 9:7-8 NLV
⁷ Hy wat ’n spotter wil reghelp, sal afgejak word. Hy wat ’n goddelose mens op die regte pad wil help, sal seerkry
⁸ Moenie hom wat spot, teregwys nie. Hy sal jou daarvoor haat. Wys iemand tereg wat wys is, en hy sal lief wees vir jou.

SPREUKE 23:9 NLV
Moenie ’n dwaas reghelp nie. Jou goeie raad behandel hy met minagting.

HANDELINGE 13:44-49, 52 NLV
⁴⁴ Die volgende Sabbatdag het byna die hele stad bymekaargekom om hulle die woord van die Here te hoor preek. 
⁴⁵ Toe die Jode die skares sien, het hulle jaloers geword. Hulle het Paulus beledig en alles teengestaan wat hy gesê het. 
⁴⁶ Paulus en Barnabas het toe reguit vir hulle gesê: “Die woord van God moes eerste aan júlle verkondig word. Maar omdat julle dit verwerp en daarmee beslis dat julle die ewige lewe nie werd is nie, wend ons ons nou tot die nie-Jode. 
⁴⁷“Immers met hierdie woorde het die Here ons ’n opdrag gegee: ‘Ek het Jou gegee as ’n lig vir die nie-Joodse nasies sodat Jy verlossing kan bring tot in die uithoeke van die aarde.’” 
⁴⁸ Toe die nie-Jode dit hoor, was hulle baie bly en hulle het die woord van die Here toegejuig. Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword. 
 Die woord van die Here het deur daardie hele streek versprei.
² Die gelowiges was vol blydskap en vol van die Heilige Gees.

📖 Bybel 

🎵  Lied  🎵 
https://music.youtube.com/watch?v=3EVCYWQOihs
Crystal's Cry
Sondae, Moflo & Crystal Mills
Pilgrim's Road

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Dinsdag, November 18, 2025

Vryheid Is My Lied

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Vryheid Is My Lied
Vryheid!
Ek is Vry!

Johannes 8:31-32 NLV
31 Toe het Jesus vir die Jode wat tot geloof in Hom gekom het, gesê:As julle in ’n noue verbintenis aan my boodskap leef, is julle my egte navolgers;
32 "Julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

♡🩷♡
Johannes 8:36 NLV
As die Seun julle dus bevry, sal julle regtig vry wees.

Romeine 8:2 NLV
Die lewegewende Gees is so magtig dat Hy jou deur Christus Jesus bevry het van die greep van die sonde wat uitloop op die dood.

2 Korintiërs 3:17 NLV
Die “Here” dui hier op “die Gees” en waar die Gees van die Here is, heers daar vryheid.

Galasiërs 5:1,13 NLV
1 'Om vry te wees! – dit is waarvoor Christus ons vrygemaak het! Maak seker dat julle vry bly, en moet nie weer onder ’n slawejuk vasgebind word nie. Broers en susters, 
13 julle is inderdaad geroep om in vryheid te leef. Moet net nie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie, maar gebruik dit om mekaar met liefde te dien.'

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
https://music.youtube.com/watch?v=Ei519KaRWqE
Freedom Is My Anthem
Beckah Shae

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Maandag, November 03, 2025

God Se Liefde Vir Jerusalem

 ~•~~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~~•~

God se Liefde vir Jerusalem

Jerusalem — 'n Ontroue Vrou

🩷
Esegiël 16:60-63 NLV
60 Nogtans sal Ek onthou van die verbond wat Ek met jou gesluit het toe jy nog jonk was.
Ek sal ’n ewige verbond met jou sluit.
61 Dan sal jy skaam wees as jy die dinge onthou wat jy gedoen het.
Ek maak jou jonger en ouer susters dan jóú dogters, selfs al is hulle nie deel van ons verbond nie.
62 Ek sal weer my verbond met jou sluit, en jy sal erken dat Ek die Here is.
63 Jy sal jou sondes onthou. En dan sal jy stilbly omdat jy skaam kry,
dié dag as Ek jou vergewe vir alles wat jy gedoen het, sê die oppermagtige Here.”

Nuwe Verbond Geprofeteer

Jeremia 31:31-37 NLV

31 Die Here sê: “Die tyd kom dat Ek weer ’n nuwe verbond met Israel en Juda sal sluit.
32 Hierdie verbond sal nie wees soos die een wat Ek met hulle voorouers gesluit het nie. Ek het hulle destyds aan die hand gevat en uit Egipte uitgelei. Hulle het my verbond verbreek, al het Ek hulle liefgehad soos ’n man sy vrou liefhet,” sê die Here.

33 “Maar so sal die nuwe verbond wees wat Ek na hierdie tyd met Israel sal sluit,” sê die Here. “Ek sal my wette in hulle gedagtes plant en op hulle harte skryf. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.
34 Dit sal nie vir hulle nodig wees om vir hulle bure of familie te sê: ‘Ken die Here, leef soos die Here van julle verwag,’ nie. Almal, van die geringste tot die belangrikste, sal My reeds ken,” sê die Here.
“Ek sal al hulle oortredings en hulle sondes vergewe. Ek sal nooit eers weer daaraan dink nie.”

35 Dit is wat die Here sê, Hy wat die son gemaak het
om in die dag te skyn, en die maan en die sterre
om in die nag lig te maak.
Dit is Hy wat die see onstuimig laat word om golwe te maak.
Sy Naam is die Here, die Almagtige, en Hy sê:

36 “So min as wat Ek hierdie natuurwette sal verwyder,
net so min sal die nageslag van Israel ooit ophou om my volk te wees!”

37 Die Here sê:

“Net soos die hemele nie gemeet kan word,

of die fondasie van die aarde ondersoek kan word nie,

net so min sal Ek daaraan dink om die nageslag van Israel vir altyd

weg te gooi vir die verkeerde dinge wat hulle gedoen het.”

Dit is wat die Here sê!

🩷

"Kommentare oor Esegiël 16:61, wat op StudyLight.org en ander webwerwe gevind word, verduidelik dat hierdie vers aandui dat God 'n nuwe, ewige verbond met Israel vestig, wat verder strek as die ou verbond om nie-Jode in te sluit wat "dogters" in die nuwe verbondsgemeenskap sal word en hul geestelike erfenis van Israel sal ontvang. Die "ouderlinge en jonger susters" verwys na die nie-Jode, wat onder die Nuwe Verbond in die Kerk ingelyf sal word.

Kernpunte uit die Kommentare

  • Die Ewige Verbond:

  Vers 61 stel God se belofte bekend om 'n ewige verbond te vestig, wat kommentators verbind met die Nuwe Verbond wat in Jeremia 31:31-35 geprofeteer is.

  • "Jou Susters":

Die "ouer en jonger" susters word geïnterpreteer as die heidene—dié wat geleef het voordat die Joodse nasie geroep is en dié wat daarna gekom het.

  • Insluiting van Heidene:

Hierdie heidene sal in die Kerk ingebring word en die voorregte en verordeninge van God se verbond ontvang, en sal deelneem aan die nuwe geestelike gemeenskap saam met bekeerde Israeliete.

  • 'n Nuwe Geestelike Familie:

Die "maak hulle dan jou dogters" beteken dat die heidene, sodra hulle deur God se genade in die Kerk ingebring is, in die verbondsvolk ingelyf sal word en die woord van God sal gehoorsaam.

  • Skaamte en Bekering:

Die konteks van die vers dui daarop dat wanneer God verbondsgenade bewys en hierdie "susters" in die broederskap inbring, Jerusalem dan haar vorige weë sal onthou, skaam sal wees en haar groot sondigheid sal erken.

In wese beklemtoon die kommentare dat Esegiël 16:61 'n deurslaggewende profesie is oor die insluiting van die heidene in die volk van God deur 'n nuwe verbond in die bloed van Jesus Christus, ons Messias, wat 'n universele gemeenskap van geloof vorm."
(KI Oorsig-Vertaal uit Engels)

📖 Bybel

🎵 Lied 🎵

https://music.youtube.com/watch?v=6_fpdV3dt0Q
Ezekiel 16 - On The Day You Were Born
Project of Love
~•~~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~~•~