Wys tans plasings met die etiket lewe. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket lewe. Wys alle plasings

Dinsdag, Maart 17, 2026

Die Tuingraf

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Die Tuingraf
Sonde het Begin in die Tuin
Lewe het Begin in 'n Graf in 'n Tuin


Adam & Eva het Gesondig
in die Tuin van Eden

GENESIS 3:8-13 21-23 NLV
⁸ Teen die aand hoor hulle hoe die Here God in die tuin loop. Hulle kruip toe weg tussen die bome. 
⁹ Die Here God het toe na die mens geroep: “Waar is jy?” 
¹⁰ Hy antwoord: “Ek het U hoor aankom in die tuin en gaan wegkruip. Ek was bang omdat ek sonder klere is.” 
¹¹ “Wie het vir jou gesê dat jy sonder klere is?” vra die Here God. “Het jy dan van die boom geëet wat Ek jou beveel het om nie te eet nie?” 
¹² “Ja,” erken die mens, “dit was die vrou wat U aan my gegee het wat die vrugte vir my aangebied het, en toe het ek daarvan geëet.” 
¹³ Daarop vra die Here God vir die vrou: “Hoe kon jy so ’n ding doen?” “Die slang het my bedrieg,” antwoord sy. “Dis hoekom ek geëet het.”

GENESIS 3:21-23 NLV
²¹ Toe het die Here God vir die mens en sy vrou klere van vel gemaak en hulle dit laat aantrek. 
²² Daarna sê die Here God: “Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hulle ook weet van goed en kwaad. Wat sal gebeur as hulle van die vrugte van die boom van die lewe vat en eet? Hulle sal dan vir altyd lewe!” 
²³ Die Here God het daarom die mens uit die Tuin van Eden weggestuur...


Jesus die Lydende Dienskneg

JESAJA 53:4-9 NLV
⁴ Tog was dit ons swakhede wat hy gedra het. Hy het ons pyn verduur. Ons het aan hom gedink as dat God hom slaan, kasty en teister. 
⁵ Hy is geslaan en gepynig ter wille van ons sondes. Hy is gestraf sodat ons in vrede kan leef. Hy is geslaan sodat ons gesond kan word. 
⁶ Almal van ons het weggedwaal soos ’n klomp skape. Ons het ons eie pad gevolg. En toe het die Here ons almal se skuld en sondes op hom laat neerkom. 
⁷ Hy is geslaan en mishandel, maar hy het sy mond nie oopgemaak nie. Hy is soos ’n lam wat ter slagting gelei word. Soos ’n skaap stil is voor sy skeerders, so het ook hý sy mond nie oopgemaak nie. 
⁸ Hy is verdruk, skuldig bevind, en weggelei na sy dood. Wie van sy mense het besef dat hy vir hulle sondes doodgemaak word? Dat hy eintlik in húlle plek gestraf word? 
⁹ Hy het niks verkeerds gedoen nie, en het nooit enigiemand bedrieg nie. Tog is hy soos ’n misdadiger begrawe, in ’n ryke se graf neergelê.


'n Graf in 'n Tuin

JOHANNES 19:38-42 NLV
³⁸ Hierna het Josef wat van Arimatea afkomstig was – omdat hy vir die Joodse leiers bang was, was hy ’n geheime dissipel van Jesus – Pilatus gaan vra of hy die liggaam van Jesus kon kry. Pilatus het dit toegestaan. Josef het toe die liggaam gaan haal. 
³⁹ Nikodemus, wat Jesus die eerste keer gedurende die nag besoek het, het ook gekom en ’n mengsel van ongeveer 50 liter mirre en aalwyn gebring. 
⁴⁰ Hulle het toe Jesus se liggaam geneem en dit in linnedoeke saam met die speserye toegevou soos dit die gebruik van die Jode was om iemand vir ’n begrafnis voor te berei. 
⁴¹ Op die plek waar Jesus gekruisig is, was ’n tuin en in die tuin ’n nuwe graf waarin nog niemand begrawe was nie. 
⁴² Met die oog op die Joodse dag van voorbereiding, en omdat die graf naby was, het hulle Jesus daar neergelê.


Lewe het Begin in 'n Graf in 'n Tuin

HOSEA 6:2 NLV
Hy sal ons na twee dae laat aansterk en op die derde dag weer laat opstaan sodat ons in sy teenwoordigheid kan lewe.🕊

PSALMS 16:10 NLV
Want aan die doderyk sal U my nie prysgee, of toelaat dat u getroues in die graf ontbind nie.

MATTEUS 12:40 NLV
“Net soos Jona vir drie dae en nagte in die maag van ’n groot vis was, so sal Ek, die Seun van die Mens, vir drie dae en nagte in die binneste van die aarde wees. 

JOHANNES 2:22 NLV
Toe Hy eers uit die dood opgewek is, het sy dissipels onthou dat Hy dit gesê het en hulle het die Skrif en die woorde geglo wat Jesus gesê het.

JESAJA 53:10 NLV
Maar dit was die Here se wil om hom te vermorsel en te laat ly. Al het die Here sy lewe ’n skuldoffer gemaak, sal hy ’n groot nageslag kry en nog lank lewe. Die Here se plan sal as gevolg van Hom ontvou.

HANDELINGE 2:25-32 NLV
²⁵ “Koning Dawid het die volgende van Hom gesê: ‘Ek het die Here altyd by my gesien. Niks en niemand sal my laat wankel nie, want Hy is hier reg by my. 
²⁶ Dis hoekom my hart bly is, en my tong jubel! Ja, nog meer: omdat ek hoop het, leef ek rustig. 
²⁷ Ek weet U sal my gees nie in Hades agterlaat nie of toelaat dat u Heilige in die graf vergaan nie. 
²⁸ U het my die paaie geleer wat na die lewe lei, U sal my bly maak met u teenwoordigheid.’ 
²⁹ “Geagte volksgenote, verstaan goed! Dawid het in dié woorde wat ek aangehaal het, nie van homself gepraat nie. Ons weet mos: hy hét gesterf en is begrawe, en sy graf is tot vandag toe nog hier by ons. 
³⁰ “Hy het dus as profeet opgetree, en hy het geweet dat God met ’n eed aan hom belowe het dat een van sy nakomelinge as Messias op sy troon sou sit. 
³¹ Dawid het in die toekoms gesien en oor die opstanding van die Messias gepraat: Hy sal nie in Hades agtergelaat word nie, sy liggaam sal nie in die graf vergaan nie. 
³² “Hierdie woorde van Dawid handel oor Jesus: God het Hom opgewek. 
Ons is almal getuies hiervan. 

HANDELINGE 13:33-35 NLV
³³ Hy het dit vir ons, hulle nageslag, vervul deur Jesus te laat opstaan. So staan dit dan ook in die tweede psalm oor Jesus geskryf: ‘Jy is my Seun; Ék het jou vandag verwek.’ 
³⁴ “God het Hom uit die dood laat opstaan, en daarom sal Hy nooit tot niet gaan nie. Dit het God met die volgende woorde gesê: ‘Ek sal vir julle die beloftes vervul wat Ek betroubaar aan Dawid toegesê het.’ 
³⁵ “Daarom sê God ook elders: ‘U sal nie toelaat dat die Een wat aan U toegewy is tot niet gaan nie.’ 

HANDELINGE 26:22-23 NLV
²² Tot vandag toe het God my beskerm, en daarom staan ek hier en getuig voor klein en groot. Ek verkondig niks anders as wat die profete en Moses gesê het gaan gebeur nie: 
²³ Die Messias moes ly en die eerste wees van die dooies wat opstaan. So sou Hy aan ons volk en aan die nie-Joodse nasies die lig verkondig.”

1 KORINTIËRS 15:3-7 NLV
³ Die kern van die boodskap wat ek destyds aan julle deurgegee het, en wat ek weer van hulle voor my ontvang het, was dat Christus, soos in die Skrif staan, vir ons sondes gesterf het. 
⁴ Ook dat Hy begrawe is en God Hom op die derde dag opgewek het, soos in die Skrif staan. 
⁵ Verder dat Hy aan Petrus verskyn het en daarna ook aan die twaalf apostels. 
⁶ Daarna het Hy aan meer as 500 van sy volgelinge tegelyk verskyn. Van hulle leef die meeste nou nog, maar party is reeds dood. 
⁷ Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en later aan al die apostels. 


♡🩷♡

"Jesus het gekom om die sonde van Adam en Eva wat in die tuin van Eden begin het toe hulle God se bevel verbreek en van die boom geneem het, om te keer. Jesus het “teruggekeer” na 'n tuin om die vloek om te keer, die seën te herstel en lewe uit die dood te bring. In daardie tuingraf het die storie het tot 'n volle sirkel gekom."
Uittreksel uit Youversion Leesplan: 
'Transformed by the Messiah' 
Day 1: A Grave in a Garden
HarperCollins Christian Publishing (Zondervan & Thomas Nelson)

(Vertaal uit Engels)
📖 Bybel 

🎵  Lied  🎵 
Miraculous Salvation
Tenniele Neda

https://music.youtube.com/watch?v=jWJipnIH_mE 

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Vrydag, Januarie 26, 2018

Soek die Here

Baie weier om na Christus te kom en om Sy genade en vergifnis te soek, sodat hulle kan lewe.  God se wraak sal oor hulle uitgestort word. Laat ons nie van die wêreld 'n afgod maak nie, want die wêreld kan ons nie beskerm nie. Slegs Jesus kan.
Geseënde dag vir jou in die Here. Hy is met jou, Hy alleen beskerm jou, nie jou wapens nie. Vertrou slegs in die Naam van die Here jou God! #Jesus 

Vrydag, Oktober 24, 2014

God sal voorsien

Daar was 'n droogte en 'n hongersnood in Israel.  Dit was straf vir koning Agab se vreeslike sondes teen God.  Hy het meer gesondig as al sy voorgangers.

God stuur toe vir Elia met 'n boodskap na die koning om hom van die droogte te vertel.  Elia was in gevaar van vervolging en daarom stuur God hom toe na 'n spruit om te gaan wegkruip.  Daar het God Elia van water voorsien en Hy het hom van kos voorsien wat deur 'n kraai na hom gebring is!  Mettertyd het die spruit opgedroog en God stuur Elia toe na 'n ander plek waar Hy 'n weduwee aangesê het om vir Elia te sorg.

Daar gekom vra Elia vir haar water en nes sy wou gaan water haal vir hom, vra hy vir haar 'n stukkie brood.  Sy vertel hom toe dat sy net genoeg meel en olie het om vir haar en haar seun iets te ete te maak en dan wag hulle maar om te sterf (as gevolg van die hongersnood).
Elia sê toe vir haar sy moenie vrees nie, sy moet vir hom 'n broodjie bak en dan vir haar en haar seun, want God sê die meel in die kruik sal nie opraak nie en die olie in die kan sal nie minder word nie, totdat Hy dit weer laat reën.  Alles het net so gebeur soos die Here gesê het.

Toe raak die weduwee se seuntjie baie ernstig siek en hy het gesterf.  Elia smeek toe die Here om die kind op te wek en die Here het sy gebed gehoor en die kindjie weer laat lewe.

Kyk nou net hoe sorg ons Here vir ons, ons Jehova Jireh, die Here ons Voorsiener.  Ons sien Elia se gehoorsaamheid aan God, sy vertroue in God.  Daar was 'n droogte!  God het hom van water voorsien.  Daar was hongersnood!  God het hom op 'n wonderwerkende wyse van kos voorsien.  Daar was dood, God het lewe gegee!  God is so wonderbaar, so liefdevol en goed vir Sy getroue kinders.

Laat ons nooit vergeet om getrou te bly aan God en op Hom alleen te vertrou wat ookal ons situasie is nie.  God het altyd 'n plan en sal altyd in ons behoeftes voorsien.  Kyk net hoe klee Hy die blomme in die veld.  Kyk hoe sorg Hy vir die voëls.  Jy is baie meer werd as hulle!

6 Die kraaie het vir hom soggens brood en vleis gebring en hulle het vir hom saans brood en vleis gebring, en hy het water uit die spruit gedrink.

14 So sê die Here die God van Israel: Die meel in die kruik sal nie opraak nie, en die olie in die kan sal nie minder word nie, totdat die Here laat reën het op die land.”

21 Toe gaan lê hy drie maal bo-oor die kind en smeek die Here: “Here my God, laat die lewe tog terugkom in die kind.”
22 Die Here het Elia se gebed verhoor: die lewe het teruggekom, die kind het gelewe.
 •~1 Konings 17:6,14,21-22